|
|
|
|
|
|
|
|
|
Afrikaanse Bybel 1933/1953
|
Regters 17
|
1 |
Daar was 'n man van die gebergte van Efraim met die naam van Miga. |
2 |
Di, het aan sy moeder gesê: die elf honderd sikkels silwer wat van u geneem is en waaroor u 'n vloek uitgespreek het en dit ook voor my ore gesê het -- hier is die geld by my, ,k het dit geneem. Toe sê sy moeder: Mag jy geseënd wees deur die HERE, my seun! |
3 |
En hy het aan sy moeder die elf honderd sikkels silwer teruggegee. Maar sy moeder het gesê: Ek heilig plegtig die geld aan die HERE; uit my hand is dit vir my seun om 'n gesnede en 'n gegote beeld te maak; ek sal dit dan nou aan jou teruggee. |
4 |
Toe hy dan die geld aan sy moeder teruggegee het, neem sy moeder twee honderd sikkels silwer en gee dit aan 'n goudsmid; en hy het daar 'n gesnede en 'n gegote beeld van gemaak wat in die huis van Miga gekom het. |
5 |
Die man Miga het naamlik 'n godshuis gehad, en hy het 'n skouerkleed en huisgode gemaak en een van sy seuns aangestel om vir hom priester te wees. |
6 |
In die dae was daar geen koning in Israel nie: elkeen het gedoen wat reg was in sy oë. |
7 |
En daar was 'n jongman van Betlehem-Juda, uit die geslag van Juda; hy was 'n Leviet wat daar as vreemdeling vertoef het. |
8 |
En die man het uit die stad, uit Betlehem-Juda, getrek om te vertoef waar hy plek kon kry; en op sy reis het hy in die gebergte van Efraim gekom tot by die huis van Miga. |
9 |
En Miga vra hom: Waar kom u vandaan? Toe sê hy vir hom: Ek is 'n Leviet, uit Betlehem-Juda, en ek is op trek om te vertoef waar ek plek kan kry. |
10 |
En Miga sê vir hom: Bly by my, en wees vir my 'n vader en 'n priester, dan sal ek u jaarliks tien sikkels silwer gee en 'n stel klere en u lewensonderhoud. En die Leviet het gegaan, |
11 |
en die Leviet het ingewillig om by die man te bly; en die jongman was vir hom soos een van sy seuns. |
12 |
En Miga het die Leviet aangestel, sodat die jongman sy priester geword het, en hy was in die huis van Miga. |
13 |
Toe sê Miga: Nou weet ek dat die HERE aan my goed sal doen, omdat ek 'n Leviet as priester het. |
Afrikaans Bible 1933/1953 |
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou |
Regters 17:1 |
Regters 17:2 |
Regters 17:3 |
Regters 17:4 |
Regters 17:5 |
Regters 17:6 |
Regters 17:7 |
Regters 17:8 |
Regters 17:9 |
Regters 17:10 |
Regters 17:11 |
Regters 17:12 |
Regters 17:13 |
Regters 1 / Reg 1 |
Regters 2 / Reg 2 |
Regters 3 / Reg 3 |
Regters 4 / Reg 4 |
Regters 5 / Reg 5 |
Regters 6 / Reg 6 |
Regters 7 / Reg 7 |
Regters 8 / Reg 8 |
Regters 9 / Reg 9 |
Regters 10 / Reg 10 |
Regters 11 / Reg 11 |
Regters 12 / Reg 12 |
Regters 13 / Reg 13 |
Regters 14 / Reg 14 |
Regters 15 / Reg 15 |
Regters 16 / Reg 16 |
Regters 17 / Reg 17 |
Regters 18 / Reg 18 |
Regters 19 / Reg 19 |
Regters 20 / Reg 20 |
Regters 21 / Reg 21 |
|
|
|
|
|