1 |
En die manne van Efraim is saamgeroep en het oorgetrek na Safon toe en vir Jefta gesê: Waarom het u deurgetrek om teen die kinders van Ammon te veg en ons nie geroep om saam met u te trek nie? Ons sal u huis bo u met vuur verbrand. |
2 |
Maar Jefta sê vir hulle: Ek en my volk het 'n hewige twis met die kinders van Ammon gehad, en ek het julle opgeroep, maar julle het my nie uit hulle hand verlos nie. |
3 |
En toe ek sien dat jy nie help nie, het ek my lewe gewaag en deurgetrek na die kinders van Ammon; en die HERE het hulle in my hand gegee. Waarom het julle dan vandag teen my opgetrek om teen my oorlog te voer? |
4 |
Daarop versamel Jefta al die manne van G¡lead om teen Efraim te veg; en die manne van G¡lead het Efraim verslaan, omdat hulle gesê het: Julle, Gileadiete, is vlugtelinge van Efraim, in die midde van Efraim en Manasse. |
5 |
En G¡lead het die Efraimiete van die Jordaan-driwwe afgesny; en as die vlugtelinge van Efraim sê: Ek wil deurgaan -- dan vra die manne van G¡lead vir hom: Is jy 'n Efraimiet? As hy sê: Nee, |
6 |
dan vra hulle hom: Sê bietjie: Sjibbolet! En as hy sê: Sibbolet! en nie ag gee om dit reg uit te spreek nie, dan gryp hulle hom en maak hom by die Jordaan-driwwe dood. So het daar dan in die tyd van Efraim twee en veertig duisend man geval. |
7 |
En Jefta het Israel ses jaar lank gerig; en Jefta, die Gileadiet, het gesterwe en is begrawe in een van die stede van G¡lead. |
8 |
En nhom het Ebsan, uit Betlehem, Israel gerig. |
9 |
En hy het dertig seuns gehad, en dertig dogters het hy uitgehuwelik en van buite af dertig dogters vir sy seuns ingebring; en hy het Israel sewe jaar lank gerig. |
10 |
En Ebsan het gesterwe en is begrawe in Betlehem. |
11 |
En nhom het Elon, die Sebuloniet, Israel gerig; en hy het Israel tien jaar lank gerig. |
12 |
En Elon, die Sebuloniet, het gesterwe en is begrawe in Ajalon, in die land S,bulon. |
13 |
En nhom het Abdon, die seun van Hillel, die Pireatoniet, Israel gerig. |
14 |
En hy het veertig seuns en dertig kleinseuns gehad wat op sewentig jong esels gery het; en hy het Israel agt jaar lank gerig. |
15 |
En Abdon, die seun van Hillel, die Pireatoniet, het gesterwe en is begrawe in P¡reaton, in die land Efraim, op die gebergte van die Amalekiete. |
Afrikaans Bible 1933/1953 |
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou |
Regters 12:1 |
Regters 12:2 |
Regters 12:3 |
Regters 12:4 |
Regters 12:5 |
Regters 12:6 |
Regters 12:7 |
Regters 12:8 |
Regters 12:9 |
Regters 12:10 |
Regters 12:11 |
Regters 12:12 |
Regters 12:13 |
Regters 12:14 |
Regters 12:15 |
Regters 1 / Reg 1 |
Regters 2 / Reg 2 |
Regters 3 / Reg 3 |
Regters 4 / Reg 4 |
Regters 5 / Reg 5 |
Regters 6 / Reg 6 |
Regters 7 / Reg 7 |
Regters 8 / Reg 8 |
Regters 9 / Reg 9 |
Regters 10 / Reg 10 |
Regters 11 / Reg 11 |
Regters 12 / Reg 12 |
Regters 13 / Reg 13 |
Regters 14 / Reg 14 |
Regters 15 / Reg 15 |
Regters 16 / Reg 16 |
Regters 17 / Reg 17 |
Regters 18 / Reg 18 |
Regters 19 / Reg 19 |
Regters 20 / Reg 20 |
Regters 21 / Reg 21 |
|
|
|
|
|