1 |
Toe het Moses opgeklim uit die vlaktes van Moab na die berg Nebo, die top van Pisga wat teenoor J,rigo lê; en die HERE het hom die hele land, G¡lead tot Dan toe, laat sien; |
2 |
en die hele N ftali en die land Efraim en Manasse en die hele land Juda tot by die Westelike See; |
3 |
en die Suidland en die Jordaanstreek, die laagte van J,rigo, die palmstad, tot by Soar. |
4 |
En die HERE het vir hom gesê: Dit is die land wat Ek aan Abraham, Isak en Jakob met 'n eed beloof het met die woorde: Aan jou nageslag sal Ek dit gee; Ek het jou dit met jou oë laat sien, maar jy sal daarheen nie oortrek nie. |
5 |
Toe het Moses, die kneg van die HERE, daar gesterwe in die land Moab, volgens die bevel van die HERE. |
6 |
En Hy het hom in die dal in die land Moab, teenoor Bet-Peor, begrawe; en niemand het tot vandag toe sy graf geken nie. |
7 |
En Moses was honderd en-twintig jaar oud toe hy gesterf het; sy oog was nie verswak nie, en sy krag het nie vergaan nie. |
8 |
Toe het die kinders van Israel Moses beween in die vlaktes van Moab, dertig dae lank. En die dae van die geween, van die rou oor Moses, het ten einde gekom. |
9 |
En Josua, die seun van Nun, was vol van die Gees van wysheid; want Moses het hom die hande opgelê. En die kinders van Israel het na hom geluister en gedoen soos die HERE Moses beveel het. |
10 |
En soos Moses, vir wie die HERE van aangesig tot aangesig geken het, het daar geen profeet meer in Israel opgestaan nie -- |
11 |
wat betref al die tekens en die wonders wat die HERE hom opgedra het om in Egipteland aan Farao en aan al sy dienaars en sy hele land te doen, |
12 |
en wat betref die hele magsopenbaring en al die groot, skrikwekkende dade wat Moses voor die oë van die hele Israel gedoen het. |
Afrikaans Bible 1933/1953 |
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou |
Deuteronomium 34:1 |
Deuteronomium 34:2 |
Deuteronomium 34:3 |
Deuteronomium 34:4 |
Deuteronomium 34:5 |
Deuteronomium 34:6 |
Deuteronomium 34:7 |
Deuteronomium 34:8 |
Deuteronomium 34:9 |
Deuteronomium 34:10 |
Deuteronomium 34:11 |
Deuteronomium 34:12 |
Deuteronomium 1 / Deu 1 |
Deuteronomium 2 / Deu 2 |
Deuteronomium 3 / Deu 3 |
Deuteronomium 4 / Deu 4 |
Deuteronomium 5 / Deu 5 |
Deuteronomium 6 / Deu 6 |
Deuteronomium 7 / Deu 7 |
Deuteronomium 8 / Deu 8 |
Deuteronomium 9 / Deu 9 |
Deuteronomium 10 / Deu 10 |
Deuteronomium 11 / Deu 11 |
Deuteronomium 12 / Deu 12 |
Deuteronomium 13 / Deu 13 |
Deuteronomium 14 / Deu 14 |
Deuteronomium 15 / Deu 15 |
Deuteronomium 16 / Deu 16 |
Deuteronomium 17 / Deu 17 |
Deuteronomium 18 / Deu 18 |
Deuteronomium 19 / Deu 19 |
Deuteronomium 20 / Deu 20 |
Deuteronomium 21 / Deu 21 |
Deuteronomium 22 / Deu 22 |
Deuteronomium 23 / Deu 23 |
Deuteronomium 24 / Deu 24 |
Deuteronomium 25 / Deu 25 |
Deuteronomium 26 / Deu 26 |
Deuteronomium 27 / Deu 27 |
Deuteronomium 28 / Deu 28 |
Deuteronomium 29 / Deu 29 |
Deuteronomium 30 / Deu 30 |
Deuteronomium 31 / Deu 31 |
Deuteronomium 32 / Deu 32 |
Deuteronomium 33 / Deu 33 |
Deuteronomium 34 / Deu 34 |
|
|
|
|
|