1 |
As jy na die oorlog uittrek teen jou vyand en perde en strydwaens sien, 'n volk meer in getal as jy, dan moet jy vir hulle nie vrees nie; want die HERE jou God wat jou uit Egipteland laat optrek het, is met jou. |
2 |
En as julle na die geveg kom, moet die priester nader kom en die volk toespreek; |
3 |
en hy moet aan hulle sê: Hoor, Israel, julle trek vandag nader om te veg teen julle vyande; laat julle hart nie week word nie, wees nie bevrees en beangs en word nie verskrik vir hulle nie; |
4 |
want dit is die HERE julle God wat saam met julle trek om vir julle te stry teen julle vyande, om aan julle die oorwinning te gee. |
5 |
Dan moet die opsigters die volk toespreek en sê: Wie is die man wat 'n nuwe huis gebou en dit nie ingewy het nie? Hy kan teruggaan huis toe, dat hy nie in die oorlog sterwe en iemand anders dit inwy nie. |
6 |
En wie is die man wat 'n wingerd geplant en dit nie in gebruik geneem het nie? Hy kan teruggaan huis toe, dat hy nie in die oorlog sterwe en iemand anders dit in gebruik neem nie. |
7 |
En wie is die man wat hom met 'n vrou verloof en haar nie geneem het nie? Hy kan teruggaan huis toe, dat hy nie in die oorlog sterwe en iemand anders haar neem nie. |
8 |
Dan moet die opsigters verder die volk toespreek en sê: Wie is die man wat bevrees en week van hart is? Hy kan teruggaan huis toe, dat die hart van sy broers nie smelt soos sy hart nie. |
9 |
En as die opsigters die volk klaar toegespreek het, moet leërowerstes aan die hoof van die volk aangestel word. |
10 |
As jy naby 'n stad kom om daarteen te veg, moet jy dit vrede aanbied. |
11 |
En as dit jou 'n antwoord van vrede gee en vir jou oopmaak, moet die hele volk wat daarin gevind word, aan jou dienspligtig wees en jou dien. |
12 |
Maar as dit geen vrede met jou sluit nie, maar oorlog teen jou wil voer, moet jy dit beleër. |
13 |
En die HERE jou God sal dit in jou hand gee, en jy moet al die manne daarin met die skerpte van die swaard verslaan; |
14 |
net die vroue en die kinders en die vee en alles wat in die stad is -- die hele buit moet jy vir jou roof; en jy moet die buit van jou vyande eet wat die HERE jou God jou gegee het. |
15 |
So moet jy met al die stede maak wat baie ver van jou af is, wat nie by die stede van hierdie nasies behoort nie. |
16 |
Maar van die stede van hierdie volke wat die HERE jou God jou as erfenis sal gee, moet jy niks wat asem het, laat lewe nie. |
17 |
Maar jy moet hulle heeltemal met die banvloek tref: die Hetiete en Amoriete, die Kana„niete en Feresiete, die Hewiete en Jebusiete, soos die HERE jou God jou beveel het; |
18 |
sodat hulle julle nie leer om te handel volgens al hulle gruwels wat hulle vir hul gode gedoen het, en julle teen die HERE julle God sondig nie. |
19 |
As jy 'n stad baie lank beleër deur oorlog daarteen te voer om dit te verower, moet jy sy bome nie verwoes deur die byl daarteen te swaai nie; maar jy mag daarvan eet en mag dit nie afkap nie; want is die bome van die veld dan mense, dat hulle deur jou in beleëring moet kom? |
20 |
Net bome waarvan jy weet dat dit geen vrugtebome is nie, die mag jy verwoes en afkap; en jy moet teen die stad wat teen jou oorlog voer, 'n skans bou totdat dit val. |
Afrikaans Bible 1933/1953 |
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou |
Deuteronomium 20:1 |
Deuteronomium 20:2 |
Deuteronomium 20:3 |
Deuteronomium 20:4 |
Deuteronomium 20:5 |
Deuteronomium 20:6 |
Deuteronomium 20:7 |
Deuteronomium 20:8 |
Deuteronomium 20:9 |
Deuteronomium 20:10 |
Deuteronomium 20:11 |
Deuteronomium 20:12 |
Deuteronomium 20:13 |
Deuteronomium 20:14 |
Deuteronomium 20:15 |
Deuteronomium 20:16 |
Deuteronomium 20:17 |
Deuteronomium 20:18 |
Deuteronomium 20:19 |
Deuteronomium 20:20 |
Deuteronomium 1 / Deu 1 |
Deuteronomium 2 / Deu 2 |
Deuteronomium 3 / Deu 3 |
Deuteronomium 4 / Deu 4 |
Deuteronomium 5 / Deu 5 |
Deuteronomium 6 / Deu 6 |
Deuteronomium 7 / Deu 7 |
Deuteronomium 8 / Deu 8 |
Deuteronomium 9 / Deu 9 |
Deuteronomium 10 / Deu 10 |
Deuteronomium 11 / Deu 11 |
Deuteronomium 12 / Deu 12 |
Deuteronomium 13 / Deu 13 |
Deuteronomium 14 / Deu 14 |
Deuteronomium 15 / Deu 15 |
Deuteronomium 16 / Deu 16 |
Deuteronomium 17 / Deu 17 |
Deuteronomium 18 / Deu 18 |
Deuteronomium 19 / Deu 19 |
Deuteronomium 20 / Deu 20 |
Deuteronomium 21 / Deu 21 |
Deuteronomium 22 / Deu 22 |
Deuteronomium 23 / Deu 23 |
Deuteronomium 24 / Deu 24 |
Deuteronomium 25 / Deu 25 |
Deuteronomium 26 / Deu 26 |
Deuteronomium 27 / Deu 27 |
Deuteronomium 28 / Deu 28 |
Deuteronomium 29 / Deu 29 |
Deuteronomium 30 / Deu 30 |
Deuteronomium 31 / Deu 31 |
Deuteronomium 32 / Deu 32 |
Deuteronomium 33 / Deu 33 |
Deuteronomium 34 / Deu 34 |
|
|
|
|
|