1 |
Om hierdie rede is ek, Paulus, die gevangene van Christus Jesus vir julle wat heidene is -- |
2 |
as julle ten minste gehoor het van die bediening van die genade van God wat aan my verleen is vir julle, |
3 |
dat Hy aan my deur 'n openbaring bekend gemaak het die verborgenheid, soos ek tevore kortliks geskryf het; |
4 |
waardeur julle, as julle dit lees, my insig in die verborgenheid van Christus kan verstaan, |
5 |
wat in ander tye aan die mensekinders nie bekend gemaak is nie soos dit nou aan sy heilige apostels en profete geopenbaar is deur die Gees, naamlik |
6 |
dat die heidene mede-erfgename is en medelede van die liggaam en mededeelgenote aan sy belofte in Christus deur die evangelie |
7 |
waarvan ek 'n dienaar geword het, volgens die gawe van die genade van God wat aan my gegee is ooreenkomstig die werking van sy krag. |
8 |
Aan my, die geringste van al die heiliges, is hierdie genade gegee om onder die heidene die evangelie van die onnaspeurlike rykdom van Christus te verkondig, |
9 |
en vir almal aan die lig te bring wat die gemeenskap is van die verborgenheid wat van alle eeue af verborge was in God wat alles geskape het deur Jesus Christus, |
10 |
sodat nou deur die gemeente aan die owerhede en magte in die hemele die menigvuldige wysheid van God bekend gemaak kan word, |
11 |
volgens die ewige voorneme wat Hy opgevat het in Christus Jesus, onse Here, |
12 |
in wie ons die vrymoedigheid en die toegang het met vertroue deur die geloof in Hom. |
13 |
Daarom bid ek dat julle nie moedeloos word by my verdrukkinge ter wille van julle nie. Dit is julle eer. |
14 |
Om hierdie rede buig ek my knieë voor die Vader van onse Here Jesus Christus, |
15 |
van wie elke geslag in die hemele en op die aarde sy naam ontvang, |
16 |
dat Hy aan julle mag gee na die rykdom van sy heerlikheid om met krag versterk te word deur sy Gees in die innerlike mens, |
17 |
sodat Christus deur die geloof in julle harte kan woon, julle wat in die liefde gewortel en gegrond is, |
18 |
en julle in staat kan wees om saam met al die heiliges ten volle te begryp wat die breedte en lengte en diepte en hoogte is, |
19 |
en die liefde van Christus te ken wat die kennis oortref, sodat julle vervul kan word tot al die volheid van God. |
20 |
En aan Hom wat mag het om te doen ver bo alles wat ons bid of dink, volgens die krag wat in ons werk, |
21 |
aan Hom die heerlikheid in die gemeente in Christus Jesus deur alle geslagte tot in ewigheid! Amen. |
Afrikaans Bible 1933/1953 |
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou |
Efesiërs 3:1 |
Efesiërs 3:2 |
Efesiërs 3:3 |
Efesiërs 3:4 |
Efesiërs 3:5 |
Efesiërs 3:6 |
Efesiërs 3:7 |
Efesiërs 3:8 |
Efesiërs 3:9 |
Efesiërs 3:10 |
Efesiërs 3:11 |
Efesiërs 3:12 |
Efesiërs 3:13 |
Efesiërs 3:14 |
Efesiërs 3:15 |
Efesiërs 3:16 |
Efesiërs 3:17 |
Efesiërs 3:18 |
Efesiërs 3:19 |
Efesiërs 3:20 |
Efesiërs 3:21 |
Efesiërs 1 / Efe 1 |
Efesiërs 2 / Efe 2 |
Efesiërs 3 / Efe 3 |
Efesiërs 4 / Efe 4 |
Efesiërs 5 / Efe 5 |
Efesiërs 6 / Efe 6 |
|
|
|
|
|