1 |
Staan dan vas in die vryheid waarmee Christus ons vrygemaak het, en laat julle nie weer onder die juk van diensbaarheid bring nie. |
2 |
Kyk, ek, Paulus, sê vir julle dat as julle jul laat besny, Christus vir julle tot geen nut sal wees nie. |
3 |
En ek betuig dit weer aan elke mens wat hom laat besny, dat hy onder verpligting is om die hele wet te onderhou. |
4 |
Julle wat geregverdig wil wees deur die wet, is losgemaak van Christus; julle het van die genade verval. |
5 |
Want ons verwag deur die Gees uit die geloof die geregtigheid waarop ons hoop. |
6 |
Want in Christus Jesus het n•g die besnydenis n•g die onbesnedenheid enige krag, maar die geloof wat deur die liefde werk. |
7 |
Julle het goed geloop: wie het julle verhinder om die waarheid gehoorsaam te wees? |
8 |
Hierdie oortuiging kom nie van Hom wat julle roep nie. |
9 |
'n Bietjie suurdeeg maak die hele deeg suur. |
10 |
Ek vertrou van julle in die Here dat julle nie anders sal dink nie; maar die een wat julle in die war bring, sal die oordeel dra, wie dit ook mag wees. |
11 |
Maar ek, broeders, as ek nog die besnydenis verkondig, waarom word ek nog vervolg? Dan is die struikelblok van die kruis vernietig! |
12 |
Ag, as die wat julle opstandig maak, hulleself tog maar ook wou vermink! |
13 |
Want julle is tot vryheid geroep, broeders; gebruik net nie julle vryheid as 'n aanleiding vir die vlees nie, maar dien mekaar deur die liefde. |
14 |
Want die hele wet word vervul in een woord, naamlik: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. |
15 |
Maar as julle mekaar byt en opeet, pas op dat julle nie die een deur die ander verteer word nie. |
16 |
Maar ek sê: Wandel deur die Gees, dan sal julle nooit die begeerlikheid van die vlees volbring nie; |
17 |
want die vlees begeer teen die Gees, en die Gees teen die vlees; en hulle staan teenoor mekaar, sodat julle nie kan doen wat julle wil nie. |
18 |
Maar as julle deur die Gees gelei word, dan is julle nie onder die wet nie. |
19 |
En die werke van die vlees is openbaar, naamlik owerspel, hoerery, onreinheid, ongebondenheid; |
20 |
afgodery, towery, vyandskap, twis, jaloersheid, toornigheid, naywer, tweedrag, partyskap; |
21 |
afguns, moord, dronkenskap, brassery en dergelike dinge, waarvan ek julle vooraf sê, soos ek al vroeër gesê het, dat die wat sulke dinge doen, die koninkryk van God nie sal beërwe nie. |
22 |
Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing. |
23 |
Teen sulke dinge is die wet nie. |
24 |
Maar die wat aan Christus behoort, het die vlees met sy hartstogte en begeerlikhede gekruisig. |
25 |
As ons deur die Gees lewe, laat ons ook deur die Gees wandel. |
26 |
Laat ons nie word soekers van ydele eer wat mekaar uittart en mekaar beny nie. |
Afrikaans Bible 1933/1953 |
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou |
Galasiërs 5:1 |
Galasiërs 5:2 |
Galasiërs 5:3 |
Galasiërs 5:4 |
Galasiërs 5:5 |
Galasiërs 5:6 |
Galasiërs 5:7 |
Galasiërs 5:8 |
Galasiërs 5:9 |
Galasiërs 5:10 |
Galasiërs 5:11 |
Galasiërs 5:12 |
Galasiërs 5:13 |
Galasiërs 5:14 |
Galasiërs 5:15 |
Galasiërs 5:16 |
Galasiërs 5:17 |
Galasiërs 5:18 |
Galasiërs 5:19 |
Galasiërs 5:20 |
Galasiërs 5:21 |
Galasiërs 5:22 |
Galasiërs 5:23 |
Galasiërs 5:24 |
Galasiërs 5:25 |
Galasiërs 5:26 |
Galasiërs 1 / Gal 1 |
Galasiërs 2 / Gal 2 |
Galasiërs 3 / Gal 3 |
Galasiërs 4 / Gal 4 |
Galasiërs 5 / Gal 5 |
Galasiërs 6 / Gal 6 |
|
|
|
|
|