1 |
En wat die geestelike gawes betref, broeders, wil ek nie hê dat julle onkundig moet wees nie. |
2 |
Julle weet dat julle heidene was, weggevoer na die stomme afgode net soos julle ook al gelei is. |
3 |
Daarom maak ek julle bekend dat niemand wat deur die Gees van God spreek, Jesus 'n vervloeking noem nie; en niemand kan sê dat Jesus die Here is nie, behalwe deur die Heilige Gees. |
4 |
Daar is wel verskeidenheid van genadegawes, maar dit is dieselfde Gees; |
5 |
en daar is verskeidenheid van bedieninge, en tog is dit dieselfde Here; |
6 |
en daar is verskeidenheid van werkinge, en tog is dit dieselfde God wat alles in almal werk. |
7 |
Maar aan elkeen word die openbaring van die Gees gegee met die oog op wat nuttig is. |
8 |
Want aan die een word deur die Gees 'n woord van wysheid gegee, en aan die ander 'n woord van kennis vanweë dieselfde Gees; |
9 |
aan 'n ander weer geloof deur dieselfde Gees, en aan 'n ander genadegawes van gesondmaking deur dieselfde Gees; |
10 |
aan 'n ander werkinge van kragte, aan 'n ander profesie, aan 'n ander onderskeiding van die geeste, aan 'n ander allerhande tale, aan 'n ander uitleg van tale. |
11 |
Maar al hierdie dinge werk een en dieselfde Gees wat aan elkeen afsonderlik uitdeel soos Hy wil. |
12 |
Want net soos die liggaam een is en baie lede het, en al die lede van die een liggaam, al is hulle baie, een liggaam is, so ook Christus. |
13 |
Want ons is almal ook deur een Gees gedoop tot een liggaam, of ons Jode of Grieke is, slawe of vrymanne; en ons is almal van een Gees deurdronge. |
14 |
Want ook die liggaam is nie een lid nie, maar baie. |
15 |
As die voet sou sê: Omdat ek nie die hand is nie, behoort ek nie aan die liggaam nie -- behoort hy daarom nie aan die liggaam nie? |
16 |
En as die oor sou sê: Omdat ek nie die oog is nie, behoort ek nie aan die liggaam nie -- behoort hy daarom nie aan die liggaam nie? |
17 |
As die hele liggaam oog was, waar sou die gehoor wees? As dit geheel en al gehoor was, waar sou die reuk wees? |
18 |
Maar nou het God elkeen van die lede in die liggaam gestel soos Hy gewil het. |
19 |
As almal een lid was, waar sou die liggaam wees? |
20 |
Maar nou is daar wel baie lede, maar net een liggaam. |
21 |
En die oog kan nie vir die hand sê: Ek het jou nie nodig nie; of ook die hoof vir die voete: Ek het julle nie nodig nie. |
22 |
Maar veel eerder is die lede van die liggaam noodsaaklik wat die swakste lyk; |
23 |
en die lede van die liggaam wat vir ons minder eerbaar lyk, beklee ons met oorvloediger eer, en so het ons onsierlike lede oorvloediger sierlikheid, |
24 |
terwyl ons sierlike lede dit nie nodig het nie; maar God het die liggaam saamgestel en aan die misdeelde lid oorvloediger eer gegee, |
25 |
sodat daar geen verdeeldheid in die liggaam mag wees nie, maar dat die lede gelyke sorg vir mekaar mag dra. |
26 |
En as een lid ly, ly al die lede saam; en as een lid geëer word, is al die lede saam bly. |
27 |
Maar julle is die liggaam van Christus en lede afsonderlik. |
28 |
En God het sommige in die gemeente gestel: in die eerste plek apostels, ten tweede profete, ten derde leraars, daarna kragte, daarna genadegawes van gesondmaking, helpers, regeringe, allerhande tale. |
29 |
Almal is tog nie apostels nie, almal is tog nie profete nie, almal is tog nie leraars nie, almal is tog nie kragte nie? |
30 |
Het almal genadegawes van gesondmaking, spreek almal in tale, kan almal dit uitlê? |
31 |
Maar beywer julle met die oog op die beste gawes; en ek wys julle 'n nog uitnemender weg.
|
Afrikaans Bible 1933/1953 |
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
1 Korintiërs 12:1 |
1 Korintiërs 12:2 |
1 Korintiërs 12:3 |
1 Korintiërs 12:4 |
1 Korintiërs 12:5 |
1 Korintiërs 12:6 |
1 Korintiërs 12:7 |
1 Korintiërs 12:8 |
1 Korintiërs 12:9 |
1 Korintiërs 12:10 |
1 Korintiërs 12:11 |
1 Korintiërs 12:12 |
1 Korintiërs 12:13 |
1 Korintiërs 12:14 |
1 Korintiërs 12:15 |
1 Korintiërs 12:16 |
1 Korintiërs 12:17 |
1 Korintiërs 12:18 |
1 Korintiërs 12:19 |
1 Korintiërs 12:20 |
1 Korintiërs 12:21 |
1 Korintiërs 12:22 |
1 Korintiërs 12:23 |
1 Korintiërs 12:24 |
1 Korintiërs 12:25 |
1 Korintiërs 12:26 |
1 Korintiërs 12:27 |
1 Korintiërs 12:28 |
1 Korintiërs 12:29 |
1 Korintiërs 12:30 |
1 Korintiërs 12:31 |
|
|
|
|
|
|
1 Korintiërs 1 / 1Ko 1 |
1 Korintiërs 2 / 1Ko 2 |
1 Korintiërs 3 / 1Ko 3 |
1 Korintiërs 4 / 1Ko 4 |
1 Korintiërs 5 / 1Ko 5 |
1 Korintiërs 6 / 1Ko 6 |
1 Korintiërs 7 / 1Ko 7 |
1 Korintiërs 8 / 1Ko 8 |
1 Korintiërs 9 / 1Ko 9 |
1 Korintiërs 10 / 1Ko 10 |
1 Korintiërs 11 / 1Ko 11 |
1 Korintiërs 12 / 1Ko 12 |
1 Korintiërs 13 / 1Ko 13 |
1 Korintiërs 14 / 1Ko 14 |
1 Korintiërs 15 / 1Ko 15 |
1 Korintiërs 16 / 1Ko 16 |