1 |
En nadat Hy voor die ore van die volk al sy woorde beëindig het, het Hy in Kap,rnaÂm ingegaan. |
2 |
En die dienskneg van 'n sekere hoofman oor honderd, wat vir hom baie werd was, was ongesteld en het op sterwe gelê. |
3 |
Toe hy dan van Jesus hoor, het hy ouderlinge van die Jode na Hom gestuur met die versoek aan Hom dat Hy moes kom en sy dienskneg gesond maak. |
4 |
En toe hulle by Jesus kom, het hulle Hom dringend gesmeek en gesê: Hy is dit werd dat U dit vir hom doen; |
5 |
want hy het ons volk lief en het self die sinagoge vir ons gebou. |
6 |
En Jesus het saam met hulle gegaan; maar toe Hy nie meer ver van die huis af was nie, stuur die hoofman oor honderd vriende na Hom om vir Hom te sê: Here, moenie moeite doen nie, want ek is nie werd dat U onder my dak inkom nie. |
7 |
Daarom het ek my ook nie waardig geag om na U te gaan nie; sê dit maar met 'n woord, en my kneg sal gesond word. |
8 |
Want ek is ook 'n man wat aan gesag onderworpe is, en ek het soldate onder my; en vir hierdie een sê ek: Gaan! en hy gaan; en vir 'n ander een: Kom! en hy kom; en vir my dienskneg: Doen dit! en hy doen dit. |
9 |
Toe Jesus dit hoor, was Hy oor hom verwonderd, en Hy draai Hom om en sê vir die skare wat Hom volg: Ek sê vir julle, selfs in Israel het Ek so 'n groot geloof nie gevind nie. |
10 |
En toe die wat gestuur was, teruggaan na die huis, vind hulle die siek dienskneg gesond. |
11 |
En die dag daarna was Hy op weg na 'n stad met die naam van Nain; en baie van sy dissipels en 'n groot menigte het saam met Hom gegaan. |
12 |
En toe Hy naby die poort van die stad kom, word daar net 'n dooie uitgedra, die enigste seun van sy moeder, en sy was 'n weduwee; en 'n groot menigte van die stad was by haar. |
13 |
En toe die Here haar sien, het Hy innig jammer vir haar gevoel en vir haar gesê: Moenie ween nie! |
14 |
En Hy het nader gegaan en die baar aangeraak. Daarop staan die draers stil. En Hy sê: Jongman, Ek sê vir jou, staan op! |
15 |
En die dooie het regop gaan sit en begin praat; en Hy het hom aan sy moeder teruggegee. |
16 |
En vrees het almal aangegryp terwyl hulle God verheerlik en sê: 'n Groot profeet het onder ons opgestaan; en: God het sy volk besoek. |
17 |
En hierdie woord aangaande Hom het uitgegaan in die hele Jud,a en in die hele omtrek. |
18 |
En die dissipels van Johannes het hom van al hierdie dinge berig gebring. |
19 |
En Johannes het sekere twee van sy dissipels na hom geroep en hulle na Jesus gestuur en gesê: Is U die Een wat sou kom, of moet ons 'n ander een verwag? |
20 |
En toe die manne by Hom kom, sê hulle: Johannes die Doper het ons na U gestuur en gesê: Is U die Een wat sou kom, of moet ons 'n ander een verwag? |
21 |
En in dieselfde uur het Hy baie mense genees van siektes en kwale en bose geeste, en aan baie blindes die gesig geskenk. |
22 |
En Jesus antwoord en sê vir hulle: Gaan vertel aan Johannes wat julle sien en hoor: blindes sien weer, kreupeles loop, melaatses word gereinig, dowes hoor, dooies word opgewek, aan armes word die evangelie verkondig. |
23 |
En salig is elkeen wat aan My nie aanstoot neem nie. |
24 |
En nadat die boodskappers van Johannes weggegaan het, begin Hy vir die skare aangaande Johannes te sê: Wat het julle uitgegaan in die woestyn om te aanskou? 'n Riet wat deur die wind beweeg word? |
25 |
Maar wat het julle uitgegaan om te sien? 'n Man met sagte klere aan? Kyk, die wat pragtige klere dra en in weelde lewe, is in die paleise. |
26 |
Maar wat het julle uitgegaan om te sien? 'n Profeet? Ja, Ek sê vir julle, nog baie meer as 'n profeet! |
27 |
Dit is hy van wie daar geskrywe is: Kyk, Ek stuur my boodskapper voor u aangesig, wat u weg voor U uit sal regmaak. |
28 |
Want Ek sê vir julle, onder die wat uit vroue gebore is, is daar geen profeet groter as Johannes die Doper nie; maar die kleinste in die koninkryk van God is groter as hy. |
29 |
En toe die hele volk en die tollenaars dit hoor, het hulle God geregverdig deur hulle te laat doop met die doop van Johannes. |
30 |
Maar die Fariseërs en die wetgeleerdes het die raad van God aangaande hulle verwerp deur hulle nie deur hom te laat doop nie. |
31 |
Toe sê die Here: Waarmee sal Ek dan die mense van hierdie geslag vergelyk, en waaraan is hulle gelyk? |
32 |
Hulle is net soos kinders wat op die mark sit en na mekaar roep en sê: Ons het vir julle op die fluit gespeel, en julle het nie gedans nie; ons het vir julle 'n klaaglied gesing, en julle het nie gehuil nie. |
33 |
Want Johannes die Doper het gekom en het nie brood geëet of wyn gedrink nie, en julle sê: Hy het 'n duiwel. |
34 |
Die Seun van die mens het gekom en Hy eet en drink, en julle sê: Daar is 'n mens wat 'n vraat en 'n wynsuiper is, 'n vriend van tollenaars en sondaars. |
35 |
Maar die wysheid is geregverdig deur al sy kinders. |
36 |
En een van die Fariseërs het Hom genooi om by hom te eet; en Hy het in die huis van die Fariseër gekom en aan tafel gegaan. |
37 |
En toe 'n vrou in die stad, wat 'n sondares was, verneem dat Hy in die Fariseër se huis aan tafel was, het sy 'n albaste fles met salf gebring |
38 |
en agter by sy voete gaan staan en geween; en sy het sy voete begin natmaak met haar trane en hulle afgedroog met die hare van haar hoof; en sy het sy voete gesoen en met salf gesalf. |
39 |
Toe die Fariseër wat Hom genooi het, dit sien, sê hy by homself: Hy, as Hy 'n profeet was, sou geweet het wie en watter soort vrou dit is wat Hom aanraak; want sy is 'n sondares. |
40 |
En Jesus antwoord en sê vir hom: Simon, Ek het iets om aan jou te sê. En hy antwoord: Meester, spreek. |
41 |
Hy sê toe: 'n Sekere geldskieter het twee skuldenaars gehad; die een het vyf honderd pennings geskuld en die ander een vyftig; |
42 |
en omdat hulle niks gehad het om te betaal nie, het hy dit aan altwee geskenk. Sê nou, wie van hulle sal hom die meeste liefhê? |
43 |
En Simon antwoord en sê: Ek veronderstel die een aan wie hy die meeste geskenk het. En Hy antwoord hom: Jy het reg geoordeel. |
44 |
Daarop draai Hy om na die vrou en sê vir Simon: Sien jy hierdie vrou? Ek het in jou huis gekom -- water het jy nie vir my voete gegee nie; maar sy het met haar trane my voete natgemaak en met die hare van haar hoof afgedroog. |
45 |
'n Soen het jy My nie gegee nie; maar sy het, vandat sy ingekom het, nie opgehou om my voete te soen nie. |
46 |
Met olie het jy my hoof nie gesalf nie; maar sy het my voete met salf gesalf. |
47 |
Daarom sê Ek vir jou: Haar sondes wat baie is, is vergewe, want sy het baie liefgehad; maar hy vir wie weinig vergewe is, het weinig lief. |
48 |
En Hy sê vir haar: Jou sondes is vergewe. |
49 |
Toe begin die wat aan tafel was, by hulleself te sê: Wie is hierdie man wat selfs die sondes vergewe? |
50 |
En Hy sê vir die vrou: Jou geloof het jou gered; gaan in vrede.
|
Afrikaans Bible 1933/1953 |
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Lukas 7:1 |
Lukas 7:2 |
Lukas 7:3 |
Lukas 7:4 |
Lukas 7:5 |
Lukas 7:6 |
Lukas 7:7 |
Lukas 7:8 |
Lukas 7:9 |
Lukas 7:10 |
Lukas 7:11 |
Lukas 7:12 |
Lukas 7:13 |
Lukas 7:14 |
Lukas 7:15 |
Lukas 7:16 |
Lukas 7:17 |
Lukas 7:18 |
Lukas 7:19 |
Lukas 7:20 |
Lukas 7:21 |
Lukas 7:22 |
Lukas 7:23 |
Lukas 7:24 |
Lukas 7:25 |
Lukas 7:26 |
Lukas 7:27 |
Lukas 7:28 |
Lukas 7:29 |
Lukas 7:30 |
Lukas 7:31 |
Lukas 7:32 |
Lukas 7:33 |
Lukas 7:34 |
Lukas 7:35 |
Lukas 7:36 |
Lukas 7:37 |
Lukas 7:38 |
Lukas 7:39 |
Lukas 7:40 |
Lukas 7:41 |
Lukas 7:42 |
Lukas 7:43 |
Lukas 7:44 |
Lukas 7:45 |
Lukas 7:46 |
Lukas 7:47 |
Lukas 7:48 |
Lukas 7:49 |
Lukas 7:50 |
|
|
|
|
|
|
Lukas 1 / Luk 1 |
Lukas 2 / Luk 2 |
Lukas 3 / Luk 3 |
Lukas 4 / Luk 4 |
Lukas 5 / Luk 5 |
Lukas 6 / Luk 6 |
Lukas 7 / Luk 7 |
Lukas 8 / Luk 8 |
Lukas 9 / Luk 9 |
Lukas 10 / Luk 10 |
Lukas 11 / Luk 11 |
Lukas 12 / Luk 12 |
Lukas 13 / Luk 13 |
Lukas 14 / Luk 14 |
Lukas 15 / Luk 15 |
Lukas 16 / Luk 16 |
Lukas 17 / Luk 17 |
Lukas 18 / Luk 18 |
Lukas 19 / Luk 19 |
Lukas 20 / Luk 20 |
Lukas 21 / Luk 21 |
Lukas 22 / Luk 22 |
Lukas 23 / Luk 23 |
Lukas 24 / Luk 24 |