1 |
Die geslagsregister van Jesus Christus, die seun van Dawid, die seun van Abraham: |
2 |
Abraham was die vader van Isak, en Isak die vader van Jakob, en Jakob die vader van Juda en sy broers; |
3 |
en Juda was die vader van Peres en Serag by Tamar, en Peres was die vader van Hesron, en Hesron die vader van Ram, |
4 |
en Ram die vader van Amm¡nadab, en Amm¡nadab die vader van Nagson, en Nagson die vader van Salmon, |
5 |
en Salmon die vader van Boas by Ragab, en Boas die vader van Obed by Rut, en Obed die vader van Isai, |
6 |
en Isai die vader van koning Dawid, en koning Dawid die vader van Salomo by die vrou van Ur¡a, |
7 |
en Salomo die vader van Reh beam, en Reh beam die vader van Ab¡a, en Ab¡a die vader van Asa, |
8 |
en Asa die vader van Josafat, en Josafat die vader van Joram, en Joram die vader van Uss¡a, |
9 |
en Uss¡a die vader van Jotam, en Jotam die vader van Agas, en Agas die vader van Hisk¡a, |
10 |
en Hisk¡a die vader van Manasse, en Manasse die vader van Amon, en Amon die vader van Jos¡a, |
11 |
en Jos¡a die vader van Jegonia en sy broers in die tyd van die Babiloniese ballingskap. |
12 |
En ndie Babiloniese ballingskap het Jegonia die vader geword van Se ltiël, en Se ltiël was die vader van Serubb bel, |
13 |
en Serubb bel die vader van Ab¡ud, en Ab¡ud die vader van Âljakim, en Âljakim die vader van Asor, |
14 |
en Asor die vader van Sadok, en Sadok die vader van Agim, en Agim die vader van El¡ud, |
15 |
en El¡ud die vader van Ele sar, en Ele sar die vader van Mattan, en Mattan die vader van Jakob, |
16 |
en Jakob die vader van Josef, die man van Maria uit wie gebore is Jesus wat Christus genoem word. |
17 |
Al die geslagte dan van Abraham tot Dawid is veertien geslagte, en van Dawid tot die Babiloniese ballingskap veertien geslagte, en van die Babiloniese ballingskap tot Christus veertien geslagte. |
18 |
Die geboorte van Jesus Christus was dan so: Toe sy moeder Maria verloof was aan Josef, voordat hulle saamgekom het, is sy swanger bevind uit die Heilige Gees. |
19 |
En Josef, haar man, omdat hy regverdig was en onwillig om haar openbaar te maak, het hom voorgeneem om in die geheim van haar te skei. |
20 |
Maar terwyl hy dit in die gedagte gehad het, verskyn daar 'n engel van die Here in 'n droom aan hom en sê: Josef, seun van Dawid, wees nie bevrees om Maria, jou vrou, by jou te neem nie, want wat in haar verwek is, is uit die Heilige Gees; |
21 |
en sy sal 'n seun baar, en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos. |
22 |
En dit het alles gebeur, sodat die woord vervul sou word wat die Here deur die profeet gespreek het: |
23 |
Kyk, die maagd sal swanger word en 'n seun baar, en hulle sal Hom Emm nuel noem, dit is, as dit vertaal word: God met ons. |
24 |
En toe Josef uit die slaap wakker word, het hy gedoen soos die engel van die Here hom beveel het en sy vrou by hom geneem; |
25 |
en hy het haar nie beken totdat sy haar eersgebore Seun gebaar het nie; en hy het Hom Jesus genoem.
|
Afrikaans Bible 1933/1953 |
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Matt 1:1 |
Matt 1:2 |
Matt 1:3 |
Matt 1:4 |
Matt 1:5 |
Matt 1:6 |
Matt 1:7 |
Matt 1:8 |
Matt 1:9 |
Matt 1:10 |
Matt 1:11 |
Matt 1:12 |
Matt 1:13 |
Matt 1:14 |
Matt 1:15 |
Matt 1:16 |
Matt 1:17 |
Matt 1:18 |
Matt 1:19 |
Matt 1:20 |
Matt 1:21 |
Matt 1:22 |
Matt 1:23 |
Matt 1:24 |
Matt 1:25 |
|
|
|
|
|
|
Matt 1 / Matt 1 |
Matt 2 / Matt 2 |
Matt 3 / Matt 3 |
Matt 4 / Matt 4 |
Matt 5 / Matt 5 |
Matt 6 / Matt 6 |
Matt 7 / Matt 7 |
Matt 8 / Matt 8 |
Matt 9 / Matt 9 |
Matt 10 / Matt 10 |
Matt 11 / Matt 11 |
Matt 12 / Matt 12 |
Matt 13 / Matt 13 |
Matt 14 / Matt 14 |
Matt 15 / Matt 15 |
Matt 16 / Matt 16 |
Matt 17 / Matt 17 |
Matt 18 / Matt 18 |
Matt 19 / Matt 19 |
Matt 20 / Matt 20 |
Matt 21 / Matt 21 |
Matt 22 / Matt 22 |
Matt 23 / Matt 23 |
Matt 24 / Matt 24 |
Matt 25 / Matt 25 |
Matt 26 / Matt 26 |
Matt 27 / Matt 27 |
Matt 28 / Matt 28 |