1 |
Wee die bloedstad wat louter bedrog, vol geweld is, terwyl rowery nie ophou nie! |
2 |
Hoor, die sweep! En hoor, die gedreun van wiele! En perde wat jaag, en waens wat stamp! |
3 |
Ruiters op 'n galop en geglinster van swaarde en geblits van spiese! En 'n menigte wat verslaan is, en hope dooies en geen einde aan die lyke nie -- 'n mens struikel oor hulle lyke! |
4 |
Weens die veelheid van die hoererye van die hoer vol bevalligheid, 'n meesteres in towerkunste, wat nasies met haar hoererye verkoop het en volkstamme met haar towerkunste. |
5 |
Kyk, Ek het dit teen jou, spreek die HERE van die leërskare, en Ek sal jou slippe optel oor jou aangesig en nasies jou naaktheid laat sien en koninkryke jou skande. |
6 |
En Ek sal vuilgoed op jou gooi en jou aan minagting prysgee en van jou 'n skouspel maak, |
7 |
sodat elkeen wat jou sien, van jou af sal wegvlug en sê: Verwoes is Ninev,! Wie sal met haar medelyde hê? Waar sal ek troosters vir jou gaan soek? |
8 |
Is jy beter as No-Amon wat gelê het aan die Nylstrome, met waters rondom hom; wie se voorskans die groot water was, waters sy muur? |
9 |
Kus was sy krag en Egiptenaars sonder getal, Put,ërs en L¡biërs was jou tot hulp. |
10 |
Nogtans het dit as gevangene in ballingskap gegaan; nogtans is sy kinders by al die straathoeke verpletter, en oor sy edeles is die lot gewerp, en al sy groot manne is met kettings geboei. |
11 |
Ook jy sal dronk word, beneweld wees, ook jy sal 'n toevlug soek teen die vyand. |
12 |
Al jou vestings is vyebome met voorvye: as 'n mens skud, val hulle in die mond van die eter. |
13 |
Kyk, jou volk binne-in jou is soos vroue, die poorte van jou land is wyd oopgemaak vir jou vyande, die vuur het jou grendels verteer. |
14 |
Skep vir jou water vir die beleëring, versterk jou vestings, gaan in die modder en trap klei, gryp die steenvorm. |
15 |
Daar sal die vuur jou verteer, die swaard jou uitroei, jou verslind net soos voetgangersprinkane. Al vermenigvuldig jy soos voetgangers, al vermenigvuldig jy soos treksprinkane; |
16 |
al het jy jou koopmans meer gemaak as die sterre aan die hemel -- die voetgangers vervel en vlieg weg! |
17 |
Jou wagters is soos treksprinkane, en jou amptenare is soos swerms sprinkane wat op 'n koue dag op die heining sit -- die son breek deur, en hulle vlieg weg, en niemand weet waar hulle beland het nie. |
18 |
Jou herders sluimer, o koning van Assur, jou edeles lê daar, jou volk is op die berge verstrooi, en niemand versamel hulle nie. |
19 |
Daar is geen herstel vir jou verbreking nie; jou wond is ongeneeslik; almal wat die tyding omtrent jou verneem, slaan hulle hande saam oor jou; want oor wie het jou boosheid nie voortdurend heengegaan nie?
|
Afrikaans Bible 1933/1953 |
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Nahum 3:1 |
Nahum 3:2 |
Nahum 3:3 |
Nahum 3:4 |
Nahum 3:5 |
Nahum 3:6 |
Nahum 3:7 |
Nahum 3:8 |
Nahum 3:9 |
Nahum 3:10 |
Nahum 3:11 |
Nahum 3:12 |
Nahum 3:13 |
Nahum 3:14 |
Nahum 3:15 |
Nahum 3:16 |
Nahum 3:17 |
Nahum 3:18 |
Nahum 3:19 |
|
|
|
|
|
|
Nahum 1 / Nah 1 |
Nahum 2 / Nah 2 |
Nahum 3 / Nah 3 |