|
|
|
|
|
|
|
|
|
Afrikaanse Bybel 1933/1953
|
Esegiël 9
|
1 |
Daarna het Hy hardop voor my ore geroep en gesê: Kom nader, geregsdienaars van die stad, en elkeen met sy verwoestende wapen in sy hand. |
2 |
En kyk, ses manne kom met die pad van die Boonste Poort wat na die noorde toe lê, en elkeen met sy wapen in sy hand om mee te verbrysel; en onder hulle een man wat met linne bekleed was, met 'n skrywer se inkpot aan sy heupe; en hulle het gekom en vlak by die koperaltaar gaan staan. |
3 |
En die heerlikheid van die God van Israel het opgestyg van die g,rub waar dit op was, na die drumpel van die huis toe; en Hy het na die man geroep wat met linne bekleed was, wat die skrywer se inkpot aan sy heupe gehad het. |
4 |
En die HERE sê vir hom: Trek dwarsdeur die stad, dwarsdeur Jerusalem, en maak 'n teken op die voorhoofde van die manne wat sug en steun oor al die gruwels wat daarin gedoen word. |
5 |
Maar aan die ander sê Hy voor my ore: Trek agter hom aan deur die stad, en slaan; laat julle oog nie verskoon nie, en moet nie spaar nie; |
6 |
slaan dood grysaards, jongmanne en jongedogters en kinders en vroue tot vernietiging toe; maar raak aan niemand op wie die teken is nie, en begin by my heiligdom. En hulle het begin by die manne, die oudstes, wat voor die huis was. |
7 |
En Hy sê vir hulle: Verontreinig die huis en maak die voorhowe vol met mense wat verslaan word. Trek uit! En hulle het uitgetrek en geslaan in die stad. |
8 |
En toe hulle besig was om neer te slaan en ek oorgebly het, het ek op my aangesig geval en uitgeroep en gesê: Ag, Here HERE, gaan U die hele oorblyfsel van Israel vernietig deurdat U u grimmigheid oor Jerusalem uitgiet? |
9 |
Toe sê Hy vir my: Die ongeregtigheid van die huis van Israel en van Juda is buitengewoon groot, en die land is vol bloedskuld, en die stad is vol regsverbreking; want hulle sê: Die HERE het die land verlaat, en die HERE sien nie. |
10 |
Daarom ook, wat My aangaan, my oog sal nie verskoon nie, en Ek sal nie spaar nie; Ek sal hulle wandel op hulle hoof laat neerkom. |
11 |
En kyk, die man wat met linne bekleed was, aan wie se heupe die inkpot was, het berig gebring en gesê: Ek het gedoen soos U my beveel het. |
Afrikaans Bible 1933/1953 |
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou |
Esegiël 9:1 |
Esegiël 9:2 |
Esegiël 9:3 |
Esegiël 9:4 |
Esegiël 9:5 |
Esegiël 9:6 |
Esegiël 9:7 |
Esegiël 9:8 |
Esegiël 9:9 |
Esegiël 9:10 |
Esegiël 9:11 |
Esegiël 1 / Ese 1 |
Esegiël 2 / Ese 2 |
Esegiël 3 / Ese 3 |
Esegiël 4 / Ese 4 |
Esegiël 5 / Ese 5 |
Esegiël 6 / Ese 6 |
Esegiël 7 / Ese 7 |
Esegiël 8 / Ese 8 |
Esegiël 9 / Ese 9 |
Esegiël 10 / Ese 10 |
Esegiël 11 / Ese 11 |
Esegiël 12 / Ese 12 |
Esegiël 13 / Ese 13 |
Esegiël 14 / Ese 14 |
Esegiël 15 / Ese 15 |
Esegiël 16 / Ese 16 |
Esegiël 17 / Ese 17 |
Esegiël 18 / Ese 18 |
Esegiël 19 / Ese 19 |
Esegiël 20 / Ese 20 |
Esegiël 21 / Ese 21 |
Esegiël 22 / Ese 22 |
Esegiël 23 / Ese 23 |
Esegiël 24 / Ese 24 |
Esegiël 25 / Ese 25 |
Esegiël 26 / Ese 26 |
Esegiël 27 / Ese 27 |
Esegiël 28 / Ese 28 |
Esegiël 29 / Ese 29 |
Esegiël 30 / Ese 30 |
Esegiël 31 / Ese 31 |
Esegiël 32 / Ese 32 |
Esegiël 33 / Ese 33 |
Esegiël 34 / Ese 34 |
Esegiël 35 / Ese 35 |
Esegiël 36 / Ese 36 |
Esegiël 37 / Ese 37 |
Esegiël 38 / Ese 38 |
Esegiël 39 / Ese 39 |
Esegiël 40 / Ese 40 |
Esegiël 41 / Ese 41 |
Esegiël 42 / Ese 42 |
Esegiël 43 / Ese 43 |
Esegiël 44 / Ese 44 |
Esegiël 45 / Ese 45 |
Esegiël 46 / Ese 46 |
Esegiël 47 / Ese 47 |
Esegiël 48 / Ese 48 |
|
|
|
|
|