|
|
|
|
|
|
|
|
|
Afrikaanse Bybel 1933/1953
|
Esegiël 6
|
1 |
En die woord van die HERE het tot my gekom en gesê: |
2 |
Mensekind, rig jou aangesig teen die berge van Israel, en profeteer teen hulle |
3 |
en sê: Berge van Israel, hoor die woord van die Here HERE! So sê die Here HERE vir die berge en vir die heuwels en vir die klowe en vir die dale: Kyk, Ek bring 'n swaard oor julle, en Ek sal julle hoogtes vernietig; |
4 |
en julle altare sal verwoes en julle sonpilare verbreek word; en Ek sal die wat uit julle verslaan is, neerwerp voor julle drekgode; |
5 |
en Ek sal die lyke van die kinders van Israel voor hulle drekgode werp en julle beendere rondom julle altare strooi. |
6 |
In al julle woonplekke sal die stede verwoes en die hoogtes 'n wildernis word, sodat julle altare woes en eensaam sal wees, en julle drekgode verbreek sal word en verdwyn, en julle sonpilare omgekap en julle werke vernietig sal word. |
7 |
En die wat verslaan is, sal onder julle lê, sodat julle kan weet dat Ek die HERE is. |
8 |
Maar Ek sal 'n oorblyfsel bewaar deurdat daar vir julle sommige sal wees wat onder die nasies die swaard ontvlug, as julle verstrooi is in die lande. |
9 |
Dan sal die wat uit julle ontvlug het, aan My dink onder die nasies waarheen hulle as gevangenes weggevoer is, as Ek hulle ontugtige hart wat van My afgewyk het, en hulle oë wat agter hulle drekgode aan hoereer, verbreek het; en hulle sal vir hulself walglik wees weens die slegte dinge wat hulle gedoen het volgens al hulle gruwels. |
10 |
En hulle sal weet dat Ek die HERE is; Ek het nie tevergeefs gespreek dat Ek hulle hierdie onheil sal berokken nie. |
11 |
So sê die Here HERE: Slaan in jou hand, en stamp met jou voet, en sê: Wee oor al die growwe gruweldade van die huis van Israel, omdat hulle deur die swaard, die honger en die pes moet val. |
12 |
Hy wat ver is, sal deur die pes sterwe; en hy wat naby is, sal deur die swaard val; en hy wat oorgebly het en gespaar is, sal deur die hongersnood sterwe. So sal Ek dan my grimmigheid teen hulle laat uitwoed. |
13 |
En julle sal weet dat Ek die HERE is, as die wat uit hulle verslaan is, onder hulle drekgode lê rondom hulle altare op elke hoë heuwel, op al die bergtoppe en onder elke groen boom en onder elke digte terpentynboom, die plek waar hulle aan al hulle drekgode 'n lieflike offergeur gebring het. |
14 |
En Ek sal my hand teen hulle uitstrek en sal die land 'n wildernis maak en 'n woesteny, van die Woestyn af tot by Ribla in al hulle woonplekke. En hulle sal weet dat Ek die HERE is. |
Afrikaans Bible 1933/1953 |
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou |
Esegiël 6:1 |
Esegiël 6:2 |
Esegiël 6:3 |
Esegiël 6:4 |
Esegiël 6:5 |
Esegiël 6:6 |
Esegiël 6:7 |
Esegiël 6:8 |
Esegiël 6:9 |
Esegiël 6:10 |
Esegiël 6:11 |
Esegiël 6:12 |
Esegiël 6:13 |
Esegiël 6:14 |
Esegiël 1 / Ese 1 |
Esegiël 2 / Ese 2 |
Esegiël 3 / Ese 3 |
Esegiël 4 / Ese 4 |
Esegiël 5 / Ese 5 |
Esegiël 6 / Ese 6 |
Esegiël 7 / Ese 7 |
Esegiël 8 / Ese 8 |
Esegiël 9 / Ese 9 |
Esegiël 10 / Ese 10 |
Esegiël 11 / Ese 11 |
Esegiël 12 / Ese 12 |
Esegiël 13 / Ese 13 |
Esegiël 14 / Ese 14 |
Esegiël 15 / Ese 15 |
Esegiël 16 / Ese 16 |
Esegiël 17 / Ese 17 |
Esegiël 18 / Ese 18 |
Esegiël 19 / Ese 19 |
Esegiël 20 / Ese 20 |
Esegiël 21 / Ese 21 |
Esegiël 22 / Ese 22 |
Esegiël 23 / Ese 23 |
Esegiël 24 / Ese 24 |
Esegiël 25 / Ese 25 |
Esegiël 26 / Ese 26 |
Esegiël 27 / Ese 27 |
Esegiël 28 / Ese 28 |
Esegiël 29 / Ese 29 |
Esegiël 30 / Ese 30 |
Esegiël 31 / Ese 31 |
Esegiël 32 / Ese 32 |
Esegiël 33 / Ese 33 |
Esegiël 34 / Ese 34 |
Esegiël 35 / Ese 35 |
Esegiël 36 / Ese 36 |
Esegiël 37 / Ese 37 |
Esegiël 38 / Ese 38 |
Esegiël 39 / Ese 39 |
Esegiël 40 / Ese 40 |
Esegiël 41 / Ese 41 |
Esegiël 42 / Ese 42 |
Esegiël 43 / Ese 43 |
Esegiël 44 / Ese 44 |
Esegiël 45 / Ese 45 |
Esegiël 46 / Ese 46 |
Esegiël 47 / Ese 47 |
Esegiël 48 / Ese 48 |
|
|
|
|
|