1 |
Daarna het hy my teruggebring na die ingang van die huis, en kyk, daar het waters uitgestroom onder die drumpel van die huis uit, na die ooste toe; want die voorkant van die huis was na die ooste toe; en die waters het weggevloei onder die regtersymuur van die huis uit, suid van die altaar. |
2 |
En hy het my uitgebring deur die noordpoort en my buitekant om laat gaan na die buitenste poort wat na die ooste kyk; en kyk, die waters het gekabbel uit die regtersymuur uit. |
3 |
Toe die man na die ooste uitgegaan het met 'n meetsnoer in sy hand, het hy duisend el gemeet; en hy het my deur die waters laat deurgaan -- waters tot aan die enkels. |
4 |
Toe het hy nog duisend gemeet en my deur die waters laat deurgaan -- waters tot aan die knieë; en hy het nog duisend gemeet en my laat deurgaan -- waters tot aan die heupe. |
5 |
Verder het hy nog duisend gemeet -- 'n stroom wat ek nie kon deurgaan nie! Want die waters het opgerys -- waters om in te swem, 'n stroom waar 'n mens nie deur kan loop nie. |
6 |
En hy het vir my gesê: Het jy dit gesien, mensekind? Toe het hy my weer terug laat loop aan die kant van die stroom. |
7 |
Terwyl ek teruggaan, kyk, toe het ek aan die kant van die stroom 'n menigte bome gesien, aan altwee kante. |
8 |
En hy het vir my gesê: Hierdie waters vloei weg na die oostelike landstreek en loop in die Vlakte af en gaan na die see; in die see word dit uitgelei, sodat die waters daarvan gesond kan word. |
9 |
En al die lewende wesens wat wemel, oral waar die dubbele stroom kom, sal lewe; en daar sal 'n menigte visse wees, omdat hierdie waters daarheen gekom het; en die waters sal gesond word, en alles sal lewe waar die stroom kom. |
10 |
Ook sal vissers daaraan staan, van Ângedi af tot by en Eglaim: 'n droogmaakplek vir die nette sal dit wees; na hulle soorte sal daar visse in wees soos die visse van die Groot See, 'n menigte. |
11 |
Die moerasse en kuile daarvan -- hulle sal nie gesond word nie: vir sout is hulle bestem. |
12 |
En by die stroom sal aan altwee kante allerhande bome groei om van te eet, waarvan die blare nie sal verdor en die vrugte nie sal opraak nie; elke maand sal hulle nuwe vrugte dra; want die waters waar hulle aan staan -- uit die heiligdom stroom hulle; en hulle vrugte sal wees om te eet en hulle blare om te genees. |
13 |
So sê die Here HERE: Dit moet die grondgebied wees waarin julle die land as erfdeel sal verwerf volgens die twaalf stamme van Israel -- vir Josef twee dele. |
14 |
En julle moet dit erwe, die een soos die ander, omdat Ek my hand opgehef het om dit aan julle vaders te gee; en hierdie land moet julle as erfenis toeval. |
15 |
En dit moet die grens van die land wees: aan die noordekant van die Groot See af, langs die weg van Hetlon, tot by die ingang na Sedad toe: |
16 |
Hamat, Berota, Sibraim, wat tussen die gebied van Damaskus en die gebied van Hamat lê, die middelste Haser, wat op die grens van Hauran is. |
17 |
So moet dan die grens van die See af wees tot by Hasar-Enon, die gebied van Damaskus, en wat die noorde betref noordwaarts, is Hamat die grens; dit is die noordekant. |
18 |
En aan die oostekant: tussen Hauran en Damaskus en G¡lead en die land van Israel uit -- die Jordaan; van die grens af tot by die Oostelike See moet julle dit meet; dit is die oostekant. |
19 |
En aan die suidekant na die suide toe van Tamar af tot by die twiswaters van Kades, dan na die spruit van Egipte tot by die Groot See; dit is die suidekant na die suide toe. |
20 |
En aan die westekant die Groot See, van die grens af tot reg teenoor die plek waar die ingang na Hamat is; dit is die westekant. |
21 |
En julle moet hierdie land aan julle uitdeel volgens die stamme van Israel. |
22 |
En julle moet dit as erfenis laat toeval aan julle en aan die vreemdelinge wat onder julle vertoef, wat kinders onder julle verwek het; en hulle sal vir julle wees soos 'n kind van die land onder die kinders van Israel; saam met julle moet hulle 'n erfdeel ontvang onder die stamme van Israel. |
23 |
En in die stam waar die vreemdeling by vertoef, daar moet julle hom sy erfdeel gee, spreek die Here HERE. |
Afrikaans Bible 1933/1953 |
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou |
Esegiël 47:1 |
Esegiël 47:2 |
Esegiël 47:3 |
Esegiël 47:4 |
Esegiël 47:5 |
Esegiël 47:6 |
Esegiël 47:7 |
Esegiël 47:8 |
Esegiël 47:9 |
Esegiël 47:10 |
Esegiël 47:11 |
Esegiël 47:12 |
Esegiël 47:13 |
Esegiël 47:14 |
Esegiël 47:15 |
Esegiël 47:16 |
Esegiël 47:17 |
Esegiël 47:18 |
Esegiël 47:19 |
Esegiël 47:20 |
Esegiël 47:21 |
Esegiël 47:22 |
Esegiël 47:23 |
Esegiël 1 / Ese 1 |
Esegiël 2 / Ese 2 |
Esegiël 3 / Ese 3 |
Esegiël 4 / Ese 4 |
Esegiël 5 / Ese 5 |
Esegiël 6 / Ese 6 |
Esegiël 7 / Ese 7 |
Esegiël 8 / Ese 8 |
Esegiël 9 / Ese 9 |
Esegiël 10 / Ese 10 |
Esegiël 11 / Ese 11 |
Esegiël 12 / Ese 12 |
Esegiël 13 / Ese 13 |
Esegiël 14 / Ese 14 |
Esegiël 15 / Ese 15 |
Esegiël 16 / Ese 16 |
Esegiël 17 / Ese 17 |
Esegiël 18 / Ese 18 |
Esegiël 19 / Ese 19 |
Esegiël 20 / Ese 20 |
Esegiël 21 / Ese 21 |
Esegiël 22 / Ese 22 |
Esegiël 23 / Ese 23 |
Esegiël 24 / Ese 24 |
Esegiël 25 / Ese 25 |
Esegiël 26 / Ese 26 |
Esegiël 27 / Ese 27 |
Esegiël 28 / Ese 28 |
Esegiël 29 / Ese 29 |
Esegiël 30 / Ese 30 |
Esegiël 31 / Ese 31 |
Esegiël 32 / Ese 32 |
Esegiël 33 / Ese 33 |
Esegiël 34 / Ese 34 |
Esegiël 35 / Ese 35 |
Esegiël 36 / Ese 36 |
Esegiël 37 / Ese 37 |
Esegiël 38 / Ese 38 |
Esegiël 39 / Ese 39 |
Esegiël 40 / Ese 40 |
Esegiël 41 / Ese 41 |
Esegiël 42 / Ese 42 |
Esegiël 43 / Ese 43 |
Esegiël 44 / Ese 44 |
Esegiël 45 / Ese 45 |
Esegiël 46 / Ese 46 |
Esegiël 47 / Ese 47 |
Esegiël 48 / Ese 48 |
|
|
|
|
|