1 |
Die hand van die HERE was op my, en Hy het my uitgebring deur die Gees van die HERE en my neergesit in die laagte; en dit was vol bene. |
2 |
En Hy het my by hulle laat verbygaan na alle kante toe; en kyk, daar het 'n groot menigte oor die laagte gelê, en kyk, hulle was baie dor. |
3 |
Toe sê Hy vir my: Mensekind, kan hierdie bene lewendig word? En ek antwoord: Here HERE, U weet dit. |
4 |
Daarop sê Hy vir my: Profeteer oor hierdie bene en sê vir hulle: Dor bene, hoor die woord van die HERE! |
5 |
So spreek die Here HERE tot hierdie bene: Kyk, Ek bring gees in julle in, sodat julle lewendig kan word. |
6 |
En Ek sal senings op julle lê en vlees oor julle laat opkom en 'n vel oor julle trek en gees in julle gee, sodat julle lewendig kan word; en julle sal weet dat Ek die HERE is. |
7 |
Toe het ek geprofeteer soos my beveel was. En sodra ek geprofeteer het, was daar 'n geruis, en kyk -- 'n beroering! En die bene het nader gekom, elke been na sy been. |
8 |
Toe kyk ek en -- daar was senings op hulle, en daar het vlees op gekom, en 'n vel is bo-oor hulle getrek, maar daar was geen gees in hulle nie. |
9 |
Daarop sê Hy vir my: Profeteer tot die gees, profeteer, mensekind, en sê aan die gees: So spreek die Here HERE: Kom aan uit die vier windstreke, o gees, en blaas in hierdie dooies, dat hulle lewendig kan word. |
10 |
En ek het geprofeteer soos Hy my beveel het. Toe het die gees in hulle gekom, en hulle het lewendig geword en op hulle voete gaan staan -- 'n ontsaglike groot leër! |
11 |
Toe sê Hy vir my: Mensekind, hierdie bene is die hele huis van Israel. Kyk, hulle sê: Ons bene is verdor, en ons verwagting is verlore; dit is klaar met ons! |
12 |
Daarom, profeteer en sê aan hulle: So spreek die Here HERE: Kyk, Ek sal julle grafte oopmaak en julle uit jul grafte laat opkom, o my volk! En Ek sal julle bring in die land van Israel. |
13 |
En julle sal weet dat Ek die HERE is as Ek julle grafte oopmaak en julle uit jul grafte laat opkom, o my volk! |
14 |
En Ek sal my Gees in julle gee, dat julle lewendig kan word; en Ek sal julle vestig in jul land; en julle sal weet dat Ek, die HERE, dit gespreek en gedoen het, spreek die HERE. |
15 |
Verder het die woord van die HERE tot my gekom en gesê: |
16 |
En jy, mensekind, neem vir jou 'n stuk hout, en skrywe daarop: Vir Juda en vir die kinders van Israel, sy bondgenote; en neem 'n ander stuk hout en skrywe daarop: Vir Josef die hout van Efraim en die hele huis van Israel, sy bondgenote. |
17 |
Voeg hulle dan vir jou bymekaar, die een by die ander, om een stuk hout te wees, en laat hulle een word in jou hand. |
18 |
En as die kinders van jou volk met jou spreek en sê: Sal u ons nie te kenne gee wat u met hierdie dinge bedoel nie? |
19 |
sê dan vir hulle: So spreek die Here HERE: Kyk, Ek sal die stuk hout van Josef neem, wat in die hand van Efraim is, en die stamme van Israel, sy bondgenote, en Ek sal hulle by hom voeg, by die stuk van Juda, en hulle een stuk hout maak; en hulle sal een word in my hand. |
20 |
So moet dan die houte waar jy op skrywe, in jou hand wees voor hulle oë; |
21 |
en sê vir hulle: So spreek die Here HERE: Kyk, Ek gaan die kinders van Israel haal tussen die nasies uit waarheen hulle getrek het, en Ek sal hulle van alle kante bymekaar laat kom en hulle bring in hul land. |
22 |
En Ek sal hulle een volk maak in die land, op die berge van Israel; en een Koning sal vir hulle almal koning wees; en hulle sal nie meer twee nasies wees nie en verder nie meer in twee koninkryke verdeeld wees nie. |
23 |
En hulle sal hul nie meer verontreinig met hulle drekgode en hulle verfoeisels en met al hulle oortredinge nie; en Ek sal hulle verlos uit al hulle woonplekke waarin hulle gesondig het, en sal hulle reinig. So sal hulle dan vir my 'n volk wees, en Ek vir hulle 'n God wees. |
24 |
En my kneg Dawid sal koning oor hulle wees, en hulle sal almal een herder hê; en hulle sal in my verordeninge wandel en my insettinge onderhou en daarna handel. |
25 |
En hulle sal woon in die land wat Ek aan my kneg Jakob gegee het, waar julle vaders in gewoon het; ja, hulle sal daarin woon, hulle kinders en hulle kindskinders tot in ewigheid; en my kneg Dawid sal hulle vors wees vir ewig. |
26 |
En Ek sal 'n verbond van vrede met hulle sluit, dit sal 'n ewige verbond met hulle wees; en Ek sal hulle daar bring en hulle vermenigvuldig; en Ek sal my heiligdom in hulle midde vestig vir ewig. |
27 |
En my tabernakel sal oor hulle wees, en Ek sal vir hulle 'n God wees en hulle vir my 'n volk wees. |
28 |
En die nasies sal weet dat Ek die HERE is wat Israel heilig as my heiligdom vir ewig in hulle midde sal wees. |
Afrikaans Bible 1933/1953 |
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou |
Esegiël 37:1 |
Esegiël 37:2 |
Esegiël 37:3 |
Esegiël 37:4 |
Esegiël 37:5 |
Esegiël 37:6 |
Esegiël 37:7 |
Esegiël 37:8 |
Esegiël 37:9 |
Esegiël 37:10 |
Esegiël 37:11 |
Esegiël 37:12 |
Esegiël 37:13 |
Esegiël 37:14 |
Esegiël 37:15 |
Esegiël 37:16 |
Esegiël 37:17 |
Esegiël 37:18 |
Esegiël 37:19 |
Esegiël 37:20 |
Esegiël 37:21 |
Esegiël 37:22 |
Esegiël 37:23 |
Esegiël 37:24 |
Esegiël 37:25 |
Esegiël 37:26 |
Esegiël 37:27 |
Esegiël 37:28 |
Esegiël 1 / Ese 1 |
Esegiël 2 / Ese 2 |
Esegiël 3 / Ese 3 |
Esegiël 4 / Ese 4 |
Esegiël 5 / Ese 5 |
Esegiël 6 / Ese 6 |
Esegiël 7 / Ese 7 |
Esegiël 8 / Ese 8 |
Esegiël 9 / Ese 9 |
Esegiël 10 / Ese 10 |
Esegiël 11 / Ese 11 |
Esegiël 12 / Ese 12 |
Esegiël 13 / Ese 13 |
Esegiël 14 / Ese 14 |
Esegiël 15 / Ese 15 |
Esegiël 16 / Ese 16 |
Esegiël 17 / Ese 17 |
Esegiël 18 / Ese 18 |
Esegiël 19 / Ese 19 |
Esegiël 20 / Ese 20 |
Esegiël 21 / Ese 21 |
Esegiël 22 / Ese 22 |
Esegiël 23 / Ese 23 |
Esegiël 24 / Ese 24 |
Esegiël 25 / Ese 25 |
Esegiël 26 / Ese 26 |
Esegiël 27 / Ese 27 |
Esegiël 28 / Ese 28 |
Esegiël 29 / Ese 29 |
Esegiël 30 / Ese 30 |
Esegiël 31 / Ese 31 |
Esegiël 32 / Ese 32 |
Esegiël 33 / Ese 33 |
Esegiël 34 / Ese 34 |
Esegiël 35 / Ese 35 |
Esegiël 36 / Ese 36 |
Esegiël 37 / Ese 37 |
Esegiël 38 / Ese 38 |
Esegiël 39 / Ese 39 |
Esegiël 40 / Ese 40 |
Esegiël 41 / Ese 41 |
Esegiël 42 / Ese 42 |
Esegiël 43 / Ese 43 |
Esegiël 44 / Ese 44 |
Esegiël 45 / Ese 45 |
Esegiël 46 / Ese 46 |
Esegiël 47 / Ese 47 |
Esegiël 48 / Ese 48 |
|
|
|
|
|