1 |
En in die elfde jaar, op die eerste van die maand, het die woord van die HERE tot my gekom en gesê: |
2 |
Mensekind, omdat Tirus oor Jerusalem geroep het: Ha, ha! die poort van die volke is gebreek, dit is na my toe gedraai; ,k sal vol word, dit is verwoes -- |
3 |
daarom, so sê die Here HERE: Kyk, Ek het dit teen jou, o Tirus! en Ek laat baie nasies teen jou optrek soos die see sy golwe laat optrek. |
4 |
Hulle sal die mure van Tirus verwoes en sy torings afbreek; ja, Ek sal sy puin van hom af wegvee en hom 'n kaal rots maak. |
5 |
Hy sal binne-in die see 'n droogmaakplek van nette wees; want Ek het dit gesê, spreek die Here HERE; en hy sal 'n buit vir die nasies wees. |
6 |
En sy dogters wat op die land is, sal met die swaard gedood word; en hulle sal weet dat Ek die HERE is. |
7 |
Want so sê die Here HERE: Kyk, Ek laat Nebukadr,sar, die koning van Babel, die koning van die konings, van die noorde af teen Tirus kom, met perde en strydwaens en ruiters en 'n menigte en baie mense. |
8 |
Hy sal jou dogters op die land met die swaard doodmaak en forte teen jou opstel en 'n wal teen jou opwerp en die skilddak teen jou oprig. |
9 |
En hy sal die stoot van sy stormram teen jou mure rig en jou torings met sy breekysters afbreek. |
10 |
Vanweë die menigte van sy perde sal hulle stofwolk jou oordek; jou mure sal bewe vanweë die gedruis van ruiters en wiele en strydwaens as hy deur jou poorte intrek, soos 'n mens indring in 'n stad wat oopgebreek is. |
11 |
Hy sal met die hoewe van sy perde al jou strate vertrap; jou mense sal hy met die swaard doodmaak, en jou trotse klippilare sal op die grond val. |
12 |
En hulle sal jou rykdom buitmaak en jou koopware roof en jou mure afbreek en jou kosbare huise omgooi; en hulle sal jou klippe en jou houte en jou puin in die water slinger. |
13 |
En Ek sal die geruis van jou liedere laat ophou, en die klank van jou siters sal nie meer gehoor word nie. |
14 |
Ja, Ek sal jou 'n kaal rots maak, 'n droogmaakplek van nette sal jy wees en nooit herbou word nie; want Ek, die HERE, het dit gesê, spreek die Here HERE. |
15 |
So sê die Here HERE aan Tirus: Sal die kuslande nie bewe van die geluid van jou val, as die gewondes kerm, as hulle 'n moord in jou aanrig nie? |
16 |
Dan sal al die vorste van die see van hulle trone afklim en hulle mantels afhaal en hulle veelkleurige klere uittrek; met siddering sal hulle beklee word, op die grond sal hulle sit en elke oomblik sidder en oor jou verbaas wees. |
17 |
En hulle sal 'n klaaglied oor jou aanhef en vir jou sê: Hoe het jy vergaan wat bewoon was uit die seë, hoog geroemde stad; wat sterk was deur die see, hy en sy inwoners, wat die skrik vir hulle ingeboesem het by al die kusbewoners. |
18 |
Nou sal die kuslande sidder op die dag van jou val; en die kuslande wat aan die see is, sal verskrik word oor jou uiteinde. |
19 |
Want so sê die Here HERE: As Ek jou 'n verwoeste stad maak, soos die stede wat nie bewoon is nie; as Ek die watervloed oor jou laat opkom en die groot waters jou oordek; |
20 |
dan sal Ek jou laat neerdaal saam met die wat in die kuil neerdaal, na die mense van die voortyd; en Ek sal jou laat woon in die onderste plekke van die aarde, in ewige woestenye, saam met die wat in die kuil neergedaal het, sodat jy nie bewoon word nie; en Ek sal heerlikheid gee in die land van die lewendes. |
21 |
Maar jou sal Ek tot 'n voorwerp van verskrikking maak, en jy sal daar nie wees nie; jy sal gesoek word, maar vir ewig nie meer gevind word nie, spreek die Here HERE. |
Afrikaans Bible 1933/1953 |
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou |
Esegiël 26:1 |
Esegiël 26:2 |
Esegiël 26:3 |
Esegiël 26:4 |
Esegiël 26:5 |
Esegiël 26:6 |
Esegiël 26:7 |
Esegiël 26:8 |
Esegiël 26:9 |
Esegiël 26:10 |
Esegiël 26:11 |
Esegiël 26:12 |
Esegiël 26:13 |
Esegiël 26:14 |
Esegiël 26:15 |
Esegiël 26:16 |
Esegiël 26:17 |
Esegiël 26:18 |
Esegiël 26:19 |
Esegiël 26:20 |
Esegiël 26:21 |
Esegiël 1 / Ese 1 |
Esegiël 2 / Ese 2 |
Esegiël 3 / Ese 3 |
Esegiël 4 / Ese 4 |
Esegiël 5 / Ese 5 |
Esegiël 6 / Ese 6 |
Esegiël 7 / Ese 7 |
Esegiël 8 / Ese 8 |
Esegiël 9 / Ese 9 |
Esegiël 10 / Ese 10 |
Esegiël 11 / Ese 11 |
Esegiël 12 / Ese 12 |
Esegiël 13 / Ese 13 |
Esegiël 14 / Ese 14 |
Esegiël 15 / Ese 15 |
Esegiël 16 / Ese 16 |
Esegiël 17 / Ese 17 |
Esegiël 18 / Ese 18 |
Esegiël 19 / Ese 19 |
Esegiël 20 / Ese 20 |
Esegiël 21 / Ese 21 |
Esegiël 22 / Ese 22 |
Esegiël 23 / Ese 23 |
Esegiël 24 / Ese 24 |
Esegiël 25 / Ese 25 |
Esegiël 26 / Ese 26 |
Esegiël 27 / Ese 27 |
Esegiël 28 / Ese 28 |
Esegiël 29 / Ese 29 |
Esegiël 30 / Ese 30 |
Esegiël 31 / Ese 31 |
Esegiël 32 / Ese 32 |
Esegiël 33 / Ese 33 |
Esegiël 34 / Ese 34 |
Esegiël 35 / Ese 35 |
Esegiël 36 / Ese 36 |
Esegiël 37 / Ese 37 |
Esegiël 38 / Ese 38 |
Esegiël 39 / Ese 39 |
Esegiël 40 / Ese 40 |
Esegiël 41 / Ese 41 |
Esegiël 42 / Ese 42 |
Esegiël 43 / Ese 43 |
Esegiël 44 / Ese 44 |
Esegiël 45 / Ese 45 |
Esegiël 46 / Ese 46 |
Esegiël 47 / Ese 47 |
Esegiël 48 / Ese 48 |
|
|
|
|
|