1 |
Daarna het ek gekyk -- en daar was op die uitspansel, oor die hoof van die g,rubs, iets soos 'n saffiersteen; iets wat soos die gestalte van 'n troon gelyk het, het oor hulle sigbaar geword. |
2 |
En Hy het die man aangespreek wat met linne bekleed was, en gesê: Gaan in tussen die ratwerk onder die g,rub in, en vul jou twee hande met gloeiende kole tussen die g,rubs vandaan, en strooi dit oor die stad. Toe gaan hy voor my oë daar in. |
3 |
En die g,rubs het aan die regterkant van die huis gestaan toe die man daar ingaan, en die wolk het die binneste voorhof gevul. |
4 |
Toe het die heerlikheid van die HERE van die g,rub af opgestyg oor die drumpel van die huis; en die huis is gevul met die wolk, en die voorhof was vol van die glans van die HERE se heerlikheid. |
5 |
En die geruis van die g,rubs se vlerke is gehoor tot in die buitenste voorhof, soos die stem van die almagtige God as Hy spreek. |
6 |
En toe Hy aan die man wat met linne bekleed was, bevel gegee het deur te sê: Neem vuur tussen die ratwerk, tussen die g,rubs uit, het hy ingegaan en langs die wiel gaan staan. |
7 |
Toe steek die g,rub sy hand uit, tussen die g,rubs uit, na die vuur wat tussen die g,rubs was; en hy neem daarvan en gee dit in die twee hande van hom wat met linne bekleed was; die het dit geneem en uitgegaan. |
8 |
En daar is aan die g,rubs gesien die vorm van 'n mens se hand onder hulle vlerke. |
9 |
Toe het ek gekyk -- en daar was vier wiele langs die g,rubs, telkens een wiel langs elke g,rub; en die voorkoms van die wiele was soos die van chrisoliet. |
10 |
En aangaande hulle voorkoms, al vier het dieselfde voorkoms gehad, asof daar 'n wiel binne-in 'n wiel was: |
11 |
as hulle gaan, het hulle na al vier kante gegaan; hulle het nie gedraai as hulle gaan nie; maar daar waar die voorste heen draai, het hulle agter hom aan gegaan; hulle het nie gedraai as hulle gaan nie. |
12 |
En hulle hele liggaam en hulle rugge en hulle hande en hulle vlerke en die wiele was vol oë rondom, aan al die vier wiele van hulle. |
13 |
Aangaande die wiele, hulle is voor my ore die ratwerk genoem. |
14 |
En elkeen het vier aangesigte gehad: die eerste aangesig was die aangesig van 'n g,rub en die tweede aangesig die aangesig van 'n mens en die derde die aangesig van 'n leeu en die vierde die aangesig van 'n arend. |
15 |
En die g,rubs het opgestyg. Dit was die wese wat ek by die Kebarrivier gesien het. |
16 |
En as die g,rubs gaan, gaan die wiele naasaan hulle; en as die g,rubs hulle vlerke ophef om van die grond af op te styg, het die wiele ook nie weggedraai naasaan hulle nie. |
17 |
As die bly staan, staan hulle; en as die opstyg, het hulle saam opgestyg; want die gees van die wese was in hulle. |
18 |
En die heerlikheid van die HERE het van die drumpel van die huis af weggetrek en bo die g,rubs gaan staan. |
19 |
En die g,rubs het hulle vlerke opgehef en voor my oë van die grond af opgestyg toe hulle weggetrek het, en die wiele gelyktydig met hulle saam; en hulle het gaan staan by die ingang van die Oostelike Poort van die huis van die HERE, terwyl die heerlikheid van die God van Israel bo-oor hulle was. |
20 |
Dit is die wese wat ek onder die God van Israel by die Kebarrivier gesien het; ek merk toe dat dit g,rubs was. |
21 |
Elkeen het vier aangesigte en elkeen vier vlerke gehad; en iets in die vorm van mensehande was onder hulle vlerke. |
22 |
En wat die vorm van hulle aangesigte betref, dit was die aangesigte wat ek by die Kebarrivier gesien het, hulle voorkoms en hulle self; hulle het elkeen reguit vorentoe gegaan. |
Afrikaans Bible 1933/1953 |
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou |
Esegiël 10:1 |
Esegiël 10:2 |
Esegiël 10:3 |
Esegiël 10:4 |
Esegiël 10:5 |
Esegiël 10:6 |
Esegiël 10:7 |
Esegiël 10:8 |
Esegiël 10:9 |
Esegiël 10:10 |
Esegiël 10:11 |
Esegiël 10:12 |
Esegiël 10:13 |
Esegiël 10:14 |
Esegiël 10:15 |
Esegiël 10:16 |
Esegiël 10:17 |
Esegiël 10:18 |
Esegiël 10:19 |
Esegiël 10:20 |
Esegiël 10:21 |
Esegiël 10:22 |
Esegiël 1 / Ese 1 |
Esegiël 2 / Ese 2 |
Esegiël 3 / Ese 3 |
Esegiël 4 / Ese 4 |
Esegiël 5 / Ese 5 |
Esegiël 6 / Ese 6 |
Esegiël 7 / Ese 7 |
Esegiël 8 / Ese 8 |
Esegiël 9 / Ese 9 |
Esegiël 10 / Ese 10 |
Esegiël 11 / Ese 11 |
Esegiël 12 / Ese 12 |
Esegiël 13 / Ese 13 |
Esegiël 14 / Ese 14 |
Esegiël 15 / Ese 15 |
Esegiël 16 / Ese 16 |
Esegiël 17 / Ese 17 |
Esegiël 18 / Ese 18 |
Esegiël 19 / Ese 19 |
Esegiël 20 / Ese 20 |
Esegiël 21 / Ese 21 |
Esegiël 22 / Ese 22 |
Esegiël 23 / Ese 23 |
Esegiël 24 / Ese 24 |
Esegiël 25 / Ese 25 |
Esegiël 26 / Ese 26 |
Esegiël 27 / Ese 27 |
Esegiël 28 / Ese 28 |
Esegiël 29 / Ese 29 |
Esegiël 30 / Ese 30 |
Esegiël 31 / Ese 31 |
Esegiël 32 / Ese 32 |
Esegiël 33 / Ese 33 |
Esegiël 34 / Ese 34 |
Esegiël 35 / Ese 35 |
Esegiël 36 / Ese 36 |
Esegiël 37 / Ese 37 |
Esegiël 38 / Ese 38 |
Esegiël 39 / Ese 39 |
Esegiël 40 / Ese 40 |
Esegiël 41 / Ese 41 |
Esegiël 42 / Ese 42 |
Esegiël 43 / Ese 43 |
Esegiël 44 / Ese 44 |
Esegiël 45 / Ese 45 |
Esegiël 46 / Ese 46 |
Esegiël 47 / Ese 47 |
Esegiël 48 / Ese 48 |
|
|
|
|
|