1 |
Maar in die sewende maand het Ismael, die seun van Net nja, die seun van Elis ma, uit die koninklike geslag en uit die owerstes van die koning, en tien man saam met hom by Ged lja, die seun van Ah¡kam, gekom in Mispa; en hulle het daar saam brood geëet, in Mispa. |
2 |
Toe het Ismael, die seun van Net nja, opgestaan en die tien manne wat by hom was, en hulle het Ged lja, die seun van Ah¡kam, die seun van Safan, met die swaard verslaan. So het hy hom dan gedood wat die koning van Babel oor die land aangestel het. |
3 |
Ook het Ismael al die Jode verslaan wat by hom, by Ged lja, in Mispa was, en die Chaldeërs, die krygsmanne, wat daar te vinde was. |
4 |
En op die tweede dag, nadat hy Ged lja gedood het, sonder dat dit nog bekend was, |
5 |
kom daar manne van Sigem, van Silo en van Samar¡a, tagtig man, met afgeskeerde baard en geskeurde klere, wat hulleself stukkend gekerwe het; en spysoffer en wierook was in hulle hand om dit na die huis van die HERE te bring. |
6 |
Daarop gaan Ismael, die seun van Net nja, hulle tegemoet uit Mispa, terwyl hy aldeur loop en huil; en toe hy hulle teëkom, sê hy vir hulle: Kom na Ged lja, die seun van Ah¡kam! |
7 |
Maar toe hulle binne-in die stad kom, het Ismael, die seun van Net nja, hulle gedood en in die put gegooi, hy en die manne wat by hom was. |
8 |
Maar onder hulle was daar tien man wat vir Ismael gesê het: Maak ons nie dood nie, want ons het verborge voorrade in die veld: koring en gars en olie en heuning. Toe het hy daarvan afgesien en hulle nie saam met hulle broers gedood nie. |
9 |
En die put waar Ismael al die lyke van die manne wat deur hom verslaan is, langs Ged lja ingegooi het, was die wat koning Asa gemaak het tot verdediging teen Ba,sa, die koning van Israel -- die het Ismael, die seun van Net nja, vol gemaak met die wat verslaan was. |
10 |
En Ismael het die hele oorblyfsel van die volk wat in Mispa was, as gevangenes weggevoer; die dogters van die koning en die hele volk wat in Mispa oorgebly het, wat Nebusar dan, die owerste van die lyfwag, aan Ged lja, die seun van Ah¡kam, toevertrou het -- Ismael, die seun van Net nja, het hulle as gevangenes weggevoer en hy het weggetrek om oor te gaan na die kinders van Ammon. |
11 |
Toe Johanan, die seun van Kar,ag, en al die owerstes van die leërs wat by hom was, hoor al die onheil wat Ismael, die seun van Net nja, aangerig het, |
12 |
het hulle al die manne geneem en weggetrek om teen Ismael, die seun van Net nja, te veg; en hulle het hom aangetref by die groot water wat by G¡beon is. |
13 |
En toe die hele volk wat by Ismael was, Johanan, die seun van Kar,ag, sien en al die owerstes van die leërs saam met hom, was hulle bly; |
14 |
en die hele volk wat Ismael uit Mispa as gevangenes weggevoer het, het omgedraai en weer oorgeloop na Johanan, die seun van Kar,ag. |
15 |
Maar Ismael, die seun van Net nja, het van Johanan ontsnap saam met agt man en weggetrek na die kinders van Ammon. |
16 |
Toe het Johanan, die seun van Kar,ag, en al die owerstes van die leërs wat by hom was, die hele oorblyfsel van die volk geneem wat Ismael, die seun van Net nja, uit Mispa as gevangenes weggevoer het, nadat hy Ged lja, die seun van Ah¡kam, verslaan het -- naamlik manne, krygsmanne, en vroue en kinders en hofdienaars, wat hy van G¡beon teruggebring het. |
17 |
En hulle het weggetrek en vertoef in Gerut-Kimham wat naby Betlehem lê, om verder na Egipte te trek, |
18 |
vanweë die Chaldeërs; want hulle was vir hulle bevrees, omdat Ismael, die seun van Net nja, Ged lja, die seun van Ah¡kam, verslaan het, wat deur die koning van Babel oor die land aangestel was. |
Afrikaans Bible 1933/1953 |
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou |
Jeremia 41:1 |
Jeremia 41:2 |
Jeremia 41:3 |
Jeremia 41:4 |
Jeremia 41:5 |
Jeremia 41:6 |
Jeremia 41:7 |
Jeremia 41:8 |
Jeremia 41:9 |
Jeremia 41:10 |
Jeremia 41:11 |
Jeremia 41:12 |
Jeremia 41:13 |
Jeremia 41:14 |
Jeremia 41:15 |
Jeremia 41:16 |
Jeremia 41:17 |
Jeremia 41:18 |
Jeremia 1 / Jer 1 |
Jeremia 2 / Jer 2 |
Jeremia 3 / Jer 3 |
Jeremia 4 / Jer 4 |
Jeremia 5 / Jer 5 |
Jeremia 6 / Jer 6 |
Jeremia 7 / Jer 7 |
Jeremia 8 / Jer 8 |
Jeremia 9 / Jer 9 |
Jeremia 10 / Jer 10 |
Jeremia 11 / Jer 11 |
Jeremia 12 / Jer 12 |
Jeremia 13 / Jer 13 |
Jeremia 14 / Jer 14 |
Jeremia 15 / Jer 15 |
Jeremia 16 / Jer 16 |
Jeremia 17 / Jer 17 |
Jeremia 18 / Jer 18 |
Jeremia 19 / Jer 19 |
Jeremia 20 / Jer 20 |
Jeremia 21 / Jer 21 |
Jeremia 22 / Jer 22 |
Jeremia 23 / Jer 23 |
Jeremia 24 / Jer 24 |
Jeremia 25 / Jer 25 |
Jeremia 26 / Jer 26 |
Jeremia 27 / Jer 27 |
Jeremia 28 / Jer 28 |
Jeremia 29 / Jer 29 |
Jeremia 30 / Jer 30 |
Jeremia 31 / Jer 31 |
Jeremia 32 / Jer 32 |
Jeremia 33 / Jer 33 |
Jeremia 34 / Jer 34 |
Jeremia 35 / Jer 35 |
Jeremia 36 / Jer 36 |
Jeremia 37 / Jer 37 |
Jeremia 38 / Jer 38 |
Jeremia 39 / Jer 39 |
Jeremia 40 / Jer 40 |
Jeremia 41 / Jer 41 |
Jeremia 42 / Jer 42 |
Jeremia 43 / Jer 43 |
Jeremia 44 / Jer 44 |
Jeremia 45 / Jer 45 |
Jeremia 46 / Jer 46 |
Jeremia 47 / Jer 47 |
Jeremia 48 / Jer 48 |
Jeremia 49 / Jer 49 |
Jeremia 50 / Jer 50 |
Jeremia 51 / Jer 51 |
Jeremia 52 / Jer 52 |
|
|
|
|
|