1 |
En Pashur, die seun van Immer, die priester -- wat hoofopsigter was in die huis van die HERE -- het Jeremia hierdie woorde hoor profeteer. |
2 |
Toe het Pashur die profeet Jeremia geslaan en hom in die blok gesit wat in die Boonste Poort van Benjamin was, by die huis van die HERE. |
3 |
Maar die volgende dag het Pashur Jeremia uit die blok laat uithaal. Toe sê Jeremia vir hom: Die HERE noem jou nie Pashur nie, maar Skrik -- rondom! |
4 |
Want so spreek die HERE: Kyk, Ek maak jou 'n skrik vir jouself en vir al jou vriende; en hulle sal val deur die swaard van hul vyande, terwyl jou oë dit sien, en die hele Juda sal Ek gee in die hand van die koning van Babel, wat hulle in ballingskap sal wegvoer na Babel en hulle met die swaard sal verslaan. |
5 |
Ook sal Ek die hele besitting van hierdie stad en al sy goed en al sy kosbare dinge gee, ja, al die skatte van die konings van Juda sal Ek gee in die hand van hulle vyande, en hulle sal dit buitmaak en saamneem en na Babel bring. |
6 |
En jy, Pashur, en al die inwoners van jou huis sal in gevangenskap gaan; en jy sal in Babel kom en daar sterwe en daar begrawe word, jy en al jou vriende vir wie jy vals geprofeteer het. |
7 |
HERE, U het my oorgehaal, en ek het my laat oorhaal; U was te sterk vir my en het oorwin; ek was 'n belagging die hele dag, almal saam spot met my. |
8 |
Want elke keer as ek spreek, moet ek dit uitskreeu, moet ek roep: Geweld en verdrukking! -- omdat die woord van die HERE vir my 'n smaad en spot geword het die hele dag. |
9 |
En as ek sê: Ek sal aan Hom nie dink nie en in sy Naam nie meer spreek nie, dan word dit in my hart soos 'n brandende vuur, opgesluit in my gebeente. En ek het my moeg gemaak om uit te hou, maar kon nie. |
10 |
Want ek het die skindertaal van baie gehoor -- skrik rondom! -- Klaag aan, en ons sal hom aanklaag! Al die mense wat met my in vrede lewe, loer op my val; hulle sê: Miskien laat hy hom verlei, dan kan ons hom oorweldig en ons wraak op hom neem. |
11 |
Maar die HERE is met my soos 'n geweldige held; daarom sal my vervolgers struikel en nie oorwin nie; hulle staan diep beskaamd, omdat hulle nie geslaag het nie, 'n ewige smaad wat nie vergeet sal word nie. |
12 |
Maar, HERE van die leërskare, wat die regverdige toets, wat die niere en die hart sien -- laat my u wraak sien op hulle, want aan U het ek my regsaak toevertrou. |
13 |
Sing tot eer van die HERE, prys die HERE! Want Hy het die siel van die behoeftige uit die hand van die kwaaddoeners verlos. |
14 |
Vervloek is die dag waarop ek gebore is; laat die dag waarop my moeder my gebaar het, nie geseënd wees nie. |
15 |
Vervloek is die man wat aan my vader berig gebring en gesê het: Vir jou is 'n seun gebore -- waardeur hy hom grootliks verbly het. |
16 |
Ja, laat die man wees soos die stede wat die HERE omgekeer het sonder dat dit Hom berou het; en laat hom in die môre angsgeroep hoor en op die middagtyd krygsgeskreeu, |
17 |
omdat hy my nie gedood het van die moederskoot af, sodat my moeder my graf geword het en haar skoot vir ewig swanger gebly het nie. |
18 |
Waarom het ek tog uit die moederskoot voortgekom om moeite en kommer te sien, sodat my dae in skande verdwyn?
|
Afrikaans Bible 1933/1953 |
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Jeremia 20:1 |
Jeremia 20:2 |
Jeremia 20:3 |
Jeremia 20:4 |
Jeremia 20:5 |
Jeremia 20:6 |
Jeremia 20:7 |
Jeremia 20:8 |
Jeremia 20:9 |
Jeremia 20:10 |
Jeremia 20:11 |
Jeremia 20:12 |
Jeremia 20:13 |
Jeremia 20:14 |
Jeremia 20:15 |
Jeremia 20:16 |
Jeremia 20:17 |
Jeremia 20:18 |
|
|
|
|
|
|
Jeremia 1 / Jer 1 |
Jeremia 2 / Jer 2 |
Jeremia 3 / Jer 3 |
Jeremia 4 / Jer 4 |
Jeremia 5 / Jer 5 |
Jeremia 6 / Jer 6 |
Jeremia 7 / Jer 7 |
Jeremia 8 / Jer 8 |
Jeremia 9 / Jer 9 |
Jeremia 10 / Jer 10 |
Jeremia 11 / Jer 11 |
Jeremia 12 / Jer 12 |
Jeremia 13 / Jer 13 |
Jeremia 14 / Jer 14 |
Jeremia 15 / Jer 15 |
Jeremia 16 / Jer 16 |
Jeremia 17 / Jer 17 |
Jeremia 18 / Jer 18 |
Jeremia 19 / Jer 19 |
Jeremia 20 / Jer 20 |
Jeremia 21 / Jer 21 |
Jeremia 22 / Jer 22 |
Jeremia 23 / Jer 23 |
Jeremia 24 / Jer 24 |
Jeremia 25 / Jer 25 |
Jeremia 26 / Jer 26 |
Jeremia 27 / Jer 27 |
Jeremia 28 / Jer 28 |
Jeremia 29 / Jer 29 |
Jeremia 30 / Jer 30 |
Jeremia 31 / Jer 31 |
Jeremia 32 / Jer 32 |
Jeremia 33 / Jer 33 |
Jeremia 34 / Jer 34 |
Jeremia 35 / Jer 35 |
Jeremia 36 / Jer 36 |
Jeremia 37 / Jer 37 |
Jeremia 38 / Jer 38 |
Jeremia 39 / Jer 39 |
Jeremia 40 / Jer 40 |
Jeremia 41 / Jer 41 |
Jeremia 42 / Jer 42 |
Jeremia 43 / Jer 43 |
Jeremia 44 / Jer 44 |
Jeremia 45 / Jer 45 |
Jeremia 46 / Jer 46 |
Jeremia 47 / Jer 47 |
Jeremia 48 / Jer 48 |
Jeremia 49 / Jer 49 |
Jeremia 50 / Jer 50 |
Jeremia 51 / Jer 51 |
Jeremia 52 / Jer 52 |