1 |
Die sonde van Juda is geskrywe met 'n ystergriffel, met 'n diamantpunt; dit is gegrif op die tafel van hulle hart en op die horings van julle altare -- |
2 |
telkens as hulle kinders aan hulle altare dink en aan hulle heilige boomstamme by die groen bome, op die hoë heuwels. |
3 |
My berg in die veld, jou rykdom, al jou skatte sal Ek as buit gee saam met jou hoogtes, weens die sonde in jou hele grondgebied. |
4 |
En jy sal uitval -- en dit deur jouself -- uit jou erfenis wat Ek jou gegee het, en Ek sal jou jou vyande laat dien in 'n land wat jy nie ken nie; want julle het 'n vuur aangesteek in my toorn, tot in ewigheid sal dit brand. |
5 |
So sê die HERE: Vervloek is die man wat op die mens vertrou en vlees sy arm maak, terwyl sy hart van die HERE afwyk. |
6 |
En hy sal wees soos 'n kaal bos in die wildernis, en hy sal nie sien as die goeie kom nie, maar dor plekke in die woestyn bewoon, 'n brakkerige en onbewoonde land. |
7 |
Geseënd is die man wat op die HERE vertrou, en wie se vertroue die HERE is. |
8 |
Want hy sal wees soos 'n boom wat by die water geplant is en sy wortels uitskiet by die stroom en nie vrees as daar hitte kom nie, maar sy blad bly groen; en in 'n jaar van droogte is hy nie besorg nie en hou nie op om vrugte te dra nie. |
9 |
Bedrieglik is die hart bo alle dinge, ja, verdorwe is dit; wie kan dit ken? |
10 |
Ek, die HERE, deursoek die hart, toets die niere, om aan elkeen te gee na sy weë, volgens die vrug van sy handelinge. |
11 |
'n Voël wat eiers uitbroei sonder dat hy dit gelê het, is hy wat rykdom verwerf maar nie eerlik nie; in die helfte van sy dae moet hy dit laat agterbly, en in sy einde sal hy 'n dwaas wees. |
12 |
'n Troon van heerlikheid, verhewe van die begin af, is die plek van ons heiligdom. |
13 |
o HERE, Verwagting van Israel! almal wat U verlaat, sal beskaamd staan; wie van My afwyk, sal op die aarde geskryf word; want hulle het die HERE, die fontein van lewende water, verlaat. |
14 |
Maak my gesond, HERE, dan sal ek gesond word; verlos my, dan sal ek verlos word; want U is my lof. |
15 |
Daar sê hulle vir my: Waar is die woord van die HERE? Laat dit tog kom! |
16 |
Wat my aangaan, ek het my nie onttrek om U as herder te volg nie, en die ongelukkige dag het ek nie begeer nie. U weet dit. Wat uit my lippe uitgegaan het, was voor u aangesig. |
17 |
Wees my nie tot 'n verskrikking nie; U is my toevlug in die dag van onheil. |
18 |
Laat my vervolgers beskaamd staan, maar laat my nie beskaamd staan nie; laat hulle verskrik wees, maar laat my nie verskrik wees nie. Bring oor hulle die dag van onheil, en verbreek hulle met 'n dubbele verbreking. |
19 |
So het die HERE vir my gesê: Gaan staan in die poort van die kinders van die volk, waardeur die konings van Juda ingaan en waardeur hulle uitgaan, ja, al die poorte van Jerusalem; |
20 |
en sê vir hulle: Hoor die woord van die HERE, konings van Juda en die hele Juda en al die inwoners van Jerusalem wat deur hierdie poorte ingaan: |
21 |
So spreek die HERE: Neem julle in ag om julle siele ontwil, dat julle geen las dra op die sabbatdag en dit inbring deur die poorte van Jerusalem nie. |
22 |
Ook mag julle geen las uit julle huise op die sabbatdag uitdra of enige werk doen nie; maar julle moet die sabbatdag heilig soos Ek julle vaders beveel het. |
23 |
Maar hulle het nie geluister en geen gehoor gegee nie, maar hul nek verhard om nie te luister nie en geen tugtiging aan te neem nie. |
24 |
As julle dan aandagtig na My luister, spreek die HERE, om geen las deur die poorte van hierdie stad op die sabbatdag in te bring nie en om die sabbatdag te heilig deur daarop g,,n werk te doen nie, |
25 |
dan sal deur die poorte van hierdie stad konings en vorste ingaan wat op die troon van Dawid sit, wat op strydwaens en op perde ry, hulle en hulle vorste, die manne van Juda en die inwoners van Jerusalem; en hierdie stad sal vir ewig bewoon word. |
26 |
En hulle sal kom uit die stede van Juda en uit die omstreke van Jerusalem en uit die land Benjamin en uit die Laeveld en uit die Gebergte en uit die Suidland, hulle wat brandoffer en slagoffer en spysoffer en wierook aanbring, en lofoffer aanbring in die huis van die HERE. |
27 |
Maar as julle na My nie luister om die sabbatdag te heilig nie en om geen las te dra of deur die poorte van Jerusalem op die sabbatdag in te gaan nie, sal Ek 'n vuur in sy poorte aansteek, wat die paleise van Jerusalem sal verteer en nie uitgeblus sal word nie.
|
Afrikaans Bible 1933/1953 |
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Jeremia 17:1 |
Jeremia 17:2 |
Jeremia 17:3 |
Jeremia 17:4 |
Jeremia 17:5 |
Jeremia 17:6 |
Jeremia 17:7 |
Jeremia 17:8 |
Jeremia 17:9 |
Jeremia 17:10 |
Jeremia 17:11 |
Jeremia 17:12 |
Jeremia 17:13 |
Jeremia 17:14 |
Jeremia 17:15 |
Jeremia 17:16 |
Jeremia 17:17 |
Jeremia 17:18 |
Jeremia 17:19 |
Jeremia 17:20 |
Jeremia 17:21 |
Jeremia 17:22 |
Jeremia 17:23 |
Jeremia 17:24 |
Jeremia 17:25 |
Jeremia 17:26 |
Jeremia 17:27 |
|
|
|
|
|
|
Jeremia 1 / Jer 1 |
Jeremia 2 / Jer 2 |
Jeremia 3 / Jer 3 |
Jeremia 4 / Jer 4 |
Jeremia 5 / Jer 5 |
Jeremia 6 / Jer 6 |
Jeremia 7 / Jer 7 |
Jeremia 8 / Jer 8 |
Jeremia 9 / Jer 9 |
Jeremia 10 / Jer 10 |
Jeremia 11 / Jer 11 |
Jeremia 12 / Jer 12 |
Jeremia 13 / Jer 13 |
Jeremia 14 / Jer 14 |
Jeremia 15 / Jer 15 |
Jeremia 16 / Jer 16 |
Jeremia 17 / Jer 17 |
Jeremia 18 / Jer 18 |
Jeremia 19 / Jer 19 |
Jeremia 20 / Jer 20 |
Jeremia 21 / Jer 21 |
Jeremia 22 / Jer 22 |
Jeremia 23 / Jer 23 |
Jeremia 24 / Jer 24 |
Jeremia 25 / Jer 25 |
Jeremia 26 / Jer 26 |
Jeremia 27 / Jer 27 |
Jeremia 28 / Jer 28 |
Jeremia 29 / Jer 29 |
Jeremia 30 / Jer 30 |
Jeremia 31 / Jer 31 |
Jeremia 32 / Jer 32 |
Jeremia 33 / Jer 33 |
Jeremia 34 / Jer 34 |
Jeremia 35 / Jer 35 |
Jeremia 36 / Jer 36 |
Jeremia 37 / Jer 37 |
Jeremia 38 / Jer 38 |
Jeremia 39 / Jer 39 |
Jeremia 40 / Jer 40 |
Jeremia 41 / Jer 41 |
Jeremia 42 / Jer 42 |
Jeremia 43 / Jer 43 |
Jeremia 44 / Jer 44 |
Jeremia 45 / Jer 45 |
Jeremia 46 / Jer 46 |
Jeremia 47 / Jer 47 |
Jeremia 48 / Jer 48 |
Jeremia 49 / Jer 49 |
Jeremia 50 / Jer 50 |
Jeremia 51 / Jer 51 |
Jeremia 52 / Jer 52 |