1 |
En in die dae van Agas, die seun van Jotam, die seun van Uss¡a, die koning van Juda, het Resin, die koning van Aram, met Peka, die seun van Rem lia, die koning van Israel, opgetrek na Jerusalem om daarteen oorlog te voer; maar hy kon nie daarteen veg nie. |
2 |
Toe hulle aan die huis van Dawid berig stuur met die woorde: Die Arameërs het op Efraim toegesak! -- het sy hart en die hart van sy volk gebewe soos die bome van die bos bewe voor die wind. |
3 |
En die HERE het vir Jesaja gesê: Gaan tog uit, Agas tegemoet, jy en jou seun Sjear Ja-sjub, aan die end van die watervoor van die Boonste Dam, by die grootpad van die Bleikveld, |
4 |
en sê vir hom: Neem jou in ag en wees gerus; wees nie bevrees en laat jou hart nie week word oor hierdie twee rokende stukke brandhout nie -- weens die gloeiende toorn van Resin en die Arameërs en van die seun van Rem lia; |
5 |
omdat Aram onheil teen jou besluit het, Efraim en die seun van Rem lia, deur te sê: |
6 |
Laat ons optrek teen Juda en dit skrik aanjaag en dit vir ons verower en die seun van T beal daaroor koning maak. |
7 |
So sê die Here HERE: Dit sal nie tot stand kom nie, en dit sal nie gebeur nie. |
8 |
Want Damaskus is die hoof van Aram, en Resin die hoof van Damaskus, en binne vyf en sestig jaar sal Efraim verbreek word, sodat dit geen volk meer is nie; |
9 |
en Samar¡a is die hoof van Efraim, en die seun van Rem lia die hoof van Samar¡a. As julle nie glo nie -- voorwaar, dan sal julle nie bevestig word nie! |
10 |
En die HERE het verder met Agas gespreek en gesê: |
11 |
Eis vir jou 'n teken van die HERE jou God: sak diep af na die doderyk, of klim hoog op boontoe. |
12 |
Maar Agas het geantwoord: Ek sal nie eis nie en die HERE nie versoek nie. |
13 |
Toe sê hy: Luister tog, o huis van Dawid! Is dit vir julle nie genoeg om mense te vermoei, dat julle my God ook vermoei nie? |
14 |
Daarom sal die HERE self aan julle 'n teken gee: Kyk, die maagd sal swanger word en 'n seun baar en hom Imm nuel noem. |
15 |
Dikmelk en heuning sal hy eet as hy weet om te verwerp wat kwaad is en om te kies wat goed is. |
16 |
Want voordat die seuntjie weet om te verwerp wat kwaad is en te kies wat goed is, sal die land vir wie se twee konings jy bang is, verlate wees. |
17 |
Maar die HERE sal oor jou en jou volk en die huis van jou vader dae laat kom soos daar nie gekom het van die dag dat Efraim van Juda afgeval het nie -- die koning van Assur! |
18 |
En in die dag sal die HERE vir die vlieë fluit wat aan die einde van die strome van Egipte is, en die bye wat in die land Assur is; |
19 |
en hulle sal kom en almal gaan sit in die dale van die steil hoogtes en in die skeure van die rotse en op al die doringbosse en op die drinkplekke. |
20 |
In die dag sal die HERE met die skeermes wat anderkant die Eufraat gehuur is, met die koning van Assur, afskeer die hoof en die hare van die voete; en dit sal ook die baard wegneem. |
21 |
En in die dag sal 'n man 'n jong koei en 'n paar skape in die lewe hou; |
22 |
en weens die oorvloed van melk wat hulle gee, sal hy dikmelk eet; want dikmelk en heuning sal almal eet wat in die land oorgebly het. |
23 |
En in die dag sal elke plek waar duisend wingerdstokke staan, wat die waarde van duisend sikkels silwer het, vir die dorings en distels wees. |
24 |
Met pyl en boog sal hulle daarheen kom, want die hele land sal vol dorings en distels wees. |
25 |
En al die berge wat met die pik bewerk is -- daar sal hulle uit vrees vir dorings en distels nie kom nie; maar dit sal dien om die beeste in te jaag en om deur die kleinvee vertrap te word. |
Afrikaans Bible 1933/1953 |
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou |
Jesaja 7:1 |
Jesaja 7:2 |
Jesaja 7:3 |
Jesaja 7:4 |
Jesaja 7:5 |
Jesaja 7:6 |
Jesaja 7:7 |
Jesaja 7:8 |
Jesaja 7:9 |
Jesaja 7:10 |
Jesaja 7:11 |
Jesaja 7:12 |
Jesaja 7:13 |
Jesaja 7:14 |
Jesaja 7:15 |
Jesaja 7:16 |
Jesaja 7:17 |
Jesaja 7:18 |
Jesaja 7:19 |
Jesaja 7:20 |
Jesaja 7:21 |
Jesaja 7:22 |
Jesaja 7:23 |
Jesaja 7:24 |
Jesaja 7:25 |
Jesaja 1 / Jes 1 |
Jesaja 2 / Jes 2 |
Jesaja 3 / Jes 3 |
Jesaja 4 / Jes 4 |
Jesaja 5 / Jes 5 |
Jesaja 6 / Jes 6 |
Jesaja 7 / Jes 7 |
Jesaja 8 / Jes 8 |
Jesaja 9 / Jes 9 |
Jesaja 10 / Jes 10 |
Jesaja 11 / Jes 11 |
Jesaja 12 / Jes 12 |
Jesaja 13 / Jes 13 |
Jesaja 14 / Jes 14 |
Jesaja 15 / Jes 15 |
Jesaja 16 / Jes 16 |
Jesaja 17 / Jes 17 |
Jesaja 18 / Jes 18 |
Jesaja 19 / Jes 19 |
Jesaja 20 / Jes 20 |
Jesaja 21 / Jes 21 |
Jesaja 22 / Jes 22 |
Jesaja 23 / Jes 23 |
Jesaja 24 / Jes 24 |
Jesaja 25 / Jes 25 |
Jesaja 26 / Jes 26 |
Jesaja 27 / Jes 27 |
Jesaja 28 / Jes 28 |
Jesaja 29 / Jes 29 |
Jesaja 30 / Jes 30 |
Jesaja 31 / Jes 31 |
Jesaja 32 / Jes 32 |
Jesaja 33 / Jes 33 |
Jesaja 34 / Jes 34 |
Jesaja 35 / Jes 35 |
Jesaja 36 / Jes 36 |
Jesaja 37 / Jes 37 |
Jesaja 38 / Jes 38 |
Jesaja 39 / Jes 39 |
Jesaja 40 / Jes 40 |
Jesaja 41 / Jes 41 |
Jesaja 42 / Jes 42 |
Jesaja 43 / Jes 43 |
Jesaja 44 / Jes 44 |
Jesaja 45 / Jes 45 |
Jesaja 46 / Jes 46 |
Jesaja 47 / Jes 47 |
Jesaja 48 / Jes 48 |
Jesaja 49 / Jes 49 |
Jesaja 50 / Jes 50 |
Jesaja 51 / Jes 51 |
Jesaja 52 / Jes 52 |
Jesaja 53 / Jes 53 |
Jesaja 54 / Jes 54 |
Jesaja 55 / Jes 55 |
Jesaja 56 / Jes 56 |
Jesaja 57 / Jes 57 |
Jesaja 58 / Jes 58 |
Jesaja 59 / Jes 59 |
Jesaja 60 / Jes 60 |
Jesaja 61 / Jes 61 |
Jesaja 62 / Jes 62 |
Jesaja 63 / Jes 63 |
Jesaja 64 / Jes 64 |
Jesaja 65 / Jes 65 |
Jesaja 66 / Jes 66 |
|
|
|
|
|