1 |
Luister na My, julle wat die geregtigheid najaag, wat die HERE soek! Aanskou die rots waaruit julle gekap is en die holte van die put waaruit julle gegrawe is. |
2 |
Aanskou Abraham, julle vader, en Sara, wat julle gebaar het; want as eenling het Ek hom geroep en hom geseënen hom vermenigvuldig. |
3 |
Want die HERE vertroos Sion; Hy vertroos al sy puinhope en maak sy woestyn soos Eden en sy wildernis soos die tuin van die HERE; vreugde en blydskap sal daarin gevind word, danksegging en die klank van liedere. |
4 |
Luister na My, my volk, en neig die oor tot My, my nasie! Want 'n wet sal van My uitgaan, en Ek sal my reg vasstel as 'n lig van die volke. |
5 |
My oorwinning is naby, my heil trek uit en my arms sal die volke oordeel; op My sal die eilande wag, en op my arm sal hulle hoop. |
6 |
Slaan julle oë op na die hemel en aanskou die aarde daaronder; want die hemel sal soos rook verdwyn en die aarde soos 'n kleed verslyt en sy bewoners soos muskiete sterwe; maar my heil sal vir ewig bestaan en my geregtigheid nie verbreek word nie. |
7 |
Luister na My, julle wat die geregtigheid ken, volk in wie se hart my wet is! Wees nie bevrees vir die smaad van mense en skrik nie vir hulle skimptaal nie; |
8 |
want die mot sal hulle opeet soos 'n kleed, en die wurm sal hulle verteer soos wol; maar my geregtigheid sal vir ewig bestaan en my heil van geslag tot geslag. |
9 |
Ontwaak, ontwaak, beklee u met sterkte, arm van die HERE! Ontwaak soos in die dae van die voortyd, onder die geslagte van lank gelede. Is dit nie u wat Rahab neergekap, wat die seemonster deurboor het nie? |
10 |
Is dit nie u wat die see, die waters van die groot wêreldvloed drooggemaak het nie, wat van die dieptes van die see 'n pad gemaak het vir die deurtog van die verlostes nie? |
11 |
So sal dan die losgekooptes van die HERE teruggaan en na Sion kom met gejubel, en ewige vreugde sal op hulle hoof wees; vreugde en blydskap sal hulle verkry; kommer en gesug vlug weg. |
12 |
Ek is dit wat julle troos! Wie is jy, dat jy bevrees is vir die mens wat moet sterwe, en vir die mensekind wat oorgegee word soos gras? -- |
13 |
dat jy vergeet die HERE wat jou gemaak het, wat die hemel uitgesprei en die aarde gegrond het; dat jy gedurigdeur die hele dag bewe vir die grimmigheid van die verdrukker as hy dit daarop toelê om te verwoes? Waar is dan die grimmigheid van die verdrukker? |
14 |
Die in boeie gekromde word gou losgelaat en sal nie sterwend in die kuil neerdaal nie, en sy brood sal nie ontbreek nie. |
15 |
Maar Ek is die HERE jou God wat die see in beroering bring, sodat sy golwe bruis; HERE van die leërskare is sy Naam! |
16 |
En Ek het my woorde in jou mond gelê en in die skaduwee van my hand jou verberg; om die hemel te plant en die aarde te grond en aan Sion te sê: My volk is jy! |
17 |
Ontwaak, ontwaak, staan op, Jerusalem, jy wat uit die hand van die HERE die beker van sy grimmigheid gedrink het; die kelk van bedwelming het jy uitgedrink, uitgesuig. |
18 |
Nie een van al die seuns wat sy gebaar het, het haar gelei nie; en nie een van al die seuns wat sy grootgemaak het, het haar aan die hand gegryp nie. |
19 |
Hierdie twee dinge het jou oorgekom -- wie het medelyde met jou? -- verwoesting en verbreking, hongersnood en swaard. Hoe sou ek jou kan troos? |
20 |
Jou kinders het onmagtig gelê by al die straathoeke soos 'n eland in 'n vangkuil, vol van die grimmigheid van die HERE, van die dreiging van jou God. |
21 |
Daarom, hoor tog dit, ellendige, en jy wat dronk is, maar nie van wyn nie! |
22 |
So sê jou Here, die HERE, en jou God wat die saak van sy volk verdedig: Kyk, Ek neem die beker van bedwelming uit jou hand, die kelk van my grimmigheid; jy sal dit verder nie meer drink nie. |
23 |
Maar Ek sal dit in die hand gee van die wat jou droefheid aandoen, wat vir jou gesê het: Buig, dat ons oor kan gaan; en jy moes jou rug maak soos die grond en soos 'n straat vir die wat daaroor gaan. |
Afrikaans Bible 1933/1953 |
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou |
Jesaja 51:1 |
Jesaja 51:2 |
Jesaja 51:3 |
Jesaja 51:4 |
Jesaja 51:5 |
Jesaja 51:6 |
Jesaja 51:7 |
Jesaja 51:8 |
Jesaja 51:9 |
Jesaja 51:10 |
Jesaja 51:11 |
Jesaja 51:12 |
Jesaja 51:13 |
Jesaja 51:14 |
Jesaja 51:15 |
Jesaja 51:16 |
Jesaja 51:17 |
Jesaja 51:18 |
Jesaja 51:19 |
Jesaja 51:20 |
Jesaja 51:21 |
Jesaja 51:22 |
Jesaja 51:23 |
Jesaja 1 / Jes 1 |
Jesaja 2 / Jes 2 |
Jesaja 3 / Jes 3 |
Jesaja 4 / Jes 4 |
Jesaja 5 / Jes 5 |
Jesaja 6 / Jes 6 |
Jesaja 7 / Jes 7 |
Jesaja 8 / Jes 8 |
Jesaja 9 / Jes 9 |
Jesaja 10 / Jes 10 |
Jesaja 11 / Jes 11 |
Jesaja 12 / Jes 12 |
Jesaja 13 / Jes 13 |
Jesaja 14 / Jes 14 |
Jesaja 15 / Jes 15 |
Jesaja 16 / Jes 16 |
Jesaja 17 / Jes 17 |
Jesaja 18 / Jes 18 |
Jesaja 19 / Jes 19 |
Jesaja 20 / Jes 20 |
Jesaja 21 / Jes 21 |
Jesaja 22 / Jes 22 |
Jesaja 23 / Jes 23 |
Jesaja 24 / Jes 24 |
Jesaja 25 / Jes 25 |
Jesaja 26 / Jes 26 |
Jesaja 27 / Jes 27 |
Jesaja 28 / Jes 28 |
Jesaja 29 / Jes 29 |
Jesaja 30 / Jes 30 |
Jesaja 31 / Jes 31 |
Jesaja 32 / Jes 32 |
Jesaja 33 / Jes 33 |
Jesaja 34 / Jes 34 |
Jesaja 35 / Jes 35 |
Jesaja 36 / Jes 36 |
Jesaja 37 / Jes 37 |
Jesaja 38 / Jes 38 |
Jesaja 39 / Jes 39 |
Jesaja 40 / Jes 40 |
Jesaja 41 / Jes 41 |
Jesaja 42 / Jes 42 |
Jesaja 43 / Jes 43 |
Jesaja 44 / Jes 44 |
Jesaja 45 / Jes 45 |
Jesaja 46 / Jes 46 |
Jesaja 47 / Jes 47 |
Jesaja 48 / Jes 48 |
Jesaja 49 / Jes 49 |
Jesaja 50 / Jes 50 |
Jesaja 51 / Jes 51 |
Jesaja 52 / Jes 52 |
Jesaja 53 / Jes 53 |
Jesaja 54 / Jes 54 |
Jesaja 55 / Jes 55 |
Jesaja 56 / Jes 56 |
Jesaja 57 / Jes 57 |
Jesaja 58 / Jes 58 |
Jesaja 59 / Jes 59 |
Jesaja 60 / Jes 60 |
Jesaja 61 / Jes 61 |
Jesaja 62 / Jes 62 |
Jesaja 63 / Jes 63 |
Jesaja 64 / Jes 64 |
Jesaja 65 / Jes 65 |
Jesaja 66 / Jes 66 |
|
|
|
|
|