1 |
Maar nou, so sê die HERE, jou Skepper, o Jakob, en jou Formeerder, o Israel: Wees nie bevrees nie, want Ek het jou verlos; Ek het jou by jou naam geroep; jy is myne! |
2 |
As jy deur die water gaan, is Ek by jou; en deur die riviere -- hulle sal jou nie oorstroom nie; as jy deur vuur gaan, sal jy jou nie skroei nie, en die vlam sal jou nie brand nie. |
3 |
Want Ek is die HERE, jou God, die Heilige van Israel, jou Heiland; Ek het Egipte gegee as losprys vir jou, Kus en Seba in jou plek. |
4 |
Omdat jy kostelik is in my oë, hooggeag is, en Ek jou liefhet, daarom gee Ek mense in jou plek en volke vir jou lewe. |
5 |
Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou; Ek sal jou geslag van die ooste af aanbring en jou versamel van die weste af. |
6 |
Ek sal sê aan die noorde: Gee! en aan die suide: Hou nie terug nie! Bring my seuns van ver, en my dogters van die einde van die aarde af, |
7 |
elkeen wat na my Naam genoem is en wat Ek geskape het tot my eer, wat Ek geformeer, wat Ek ook gemaak het. |
8 |
Bring uit die volk wat blind is en tog oë het, en die dowes wat ore het. |
9 |
Al die nasies het saam vergader, en die volke is versamel. Wie onder hulle kan sulke dinge verkondig? En laat hulle ons die vorige dinge bekend maak! Laat hulle hul getuies bring, dat hulle in die gelyk gestel kan word; en laat hulle hoor en sê: Dit is die waarheid! |
10 |
Julle is my getuies, spreek die HERE, en my kneg wat Ek uitverkies het, sodat julle kan weet en My kan glo en insien dat dit Ek is -- voor My is geen God geformeer nie, en nMy sal daar geeneen wees nie. |
11 |
Ek, Ek is die HERE, en daar is geen Heiland buiten My nie. |
12 |
Âk het verkondig en verlos en dit laat hoor, en daar was geen ander god onder julle nie; en julle is my getuies, spreek die HERE, en Ek is God. |
13 |
Ook van vandag af is Ek dit, en niemand red uit my hand nie; Ek werk, en wie kan dit keer? |
14 |
So sê die HERE, jou Losser, die Heilige van Israel: Om julle ontwil het Ek na Babel gestuur, en Ek sal hulle almal as vlugtelinge laat afdaal, naamlik die Chaldeërs, in die skepe waarop hulle gejuig het. |
15 |
Ek is die HERE, julle Heilige; die Skepper van Israel, julle Koning. |
16 |
So sê die HERE wat in die see 'n weg en in die sterk waters 'n pad gemaak het, |
17 |
wat waens en perde, leërmag en held laat uittrek het; tesame lê hulle, hulle sal nie opstaan nie; hulle is uitgeblus, soos 'n lamppit uitgedoof. |
18 |
Dink nie aan die vorige dinge nie, en slaan geen ag op wat vroeër gebeur het nie. |
19 |
Kyk, Ek gaan iets nuuts maak; nou sal dit uitspruit; sal julle dit nie merk nie? Ja, Ek maak 'n pad in die woestyn, riviere in die wildernis. |
20 |
Die wilde diere van die veld sal My eer, die jakkalse en die volstruise; want Ek gee waters in die woestyn, riviere in die wildernis om my volk, my uitverkorene, te laat drink. |
21 |
Die volk wat Ek vir My geformeer het, hulle sal my lof verkondig. |
22 |
Nogtans het jy My nie aangeroep, o Jakob, dat jy jou vir My sou vermoei het nie, o Israel! |
23 |
Jy het vir My nie gebring die kleinvee van jou brandoffers nie, en met jou slagoffers het jy My nie geëer nie; Ek het jou geen oorlas aangedoen met spysoffers en jou nie vermoei met wierook nie. |
24 |
Jy het vir My geen kalmoes met geld gekoop en met die vet van jou slagoffers My nie verkwik nie; maar jy het My oorlas aangedoen met jou sondes, jy het My vermoei met jou ongeregtighede. |
25 |
Ek, Ek is dit wat jou oortredinge uitdelg om My ontwil, en aan jou sondes dink Ek nie. |
26 |
Maak My indagtig; laat ons teen mekaar pleit; vertel jy, dat jy in die gelyk gestel kan word. |
27 |
Jou eerste vader het gesondig, en jou tolke het teen My oortree. |
28 |
So het Ek dan heilige vorste ontheilig en Jakob aan die banvloek oorgegee en Israel aan beskimpinge. |
Afrikaans Bible 1933/1953 |
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou |
Jesaja 43:1 |
Jesaja 43:2 |
Jesaja 43:3 |
Jesaja 43:4 |
Jesaja 43:5 |
Jesaja 43:6 |
Jesaja 43:7 |
Jesaja 43:8 |
Jesaja 43:9 |
Jesaja 43:10 |
Jesaja 43:11 |
Jesaja 43:12 |
Jesaja 43:13 |
Jesaja 43:14 |
Jesaja 43:15 |
Jesaja 43:16 |
Jesaja 43:17 |
Jesaja 43:18 |
Jesaja 43:19 |
Jesaja 43:20 |
Jesaja 43:21 |
Jesaja 43:22 |
Jesaja 43:23 |
Jesaja 43:24 |
Jesaja 43:25 |
Jesaja 43:26 |
Jesaja 43:27 |
Jesaja 43:28 |
Jesaja 1 / Jes 1 |
Jesaja 2 / Jes 2 |
Jesaja 3 / Jes 3 |
Jesaja 4 / Jes 4 |
Jesaja 5 / Jes 5 |
Jesaja 6 / Jes 6 |
Jesaja 7 / Jes 7 |
Jesaja 8 / Jes 8 |
Jesaja 9 / Jes 9 |
Jesaja 10 / Jes 10 |
Jesaja 11 / Jes 11 |
Jesaja 12 / Jes 12 |
Jesaja 13 / Jes 13 |
Jesaja 14 / Jes 14 |
Jesaja 15 / Jes 15 |
Jesaja 16 / Jes 16 |
Jesaja 17 / Jes 17 |
Jesaja 18 / Jes 18 |
Jesaja 19 / Jes 19 |
Jesaja 20 / Jes 20 |
Jesaja 21 / Jes 21 |
Jesaja 22 / Jes 22 |
Jesaja 23 / Jes 23 |
Jesaja 24 / Jes 24 |
Jesaja 25 / Jes 25 |
Jesaja 26 / Jes 26 |
Jesaja 27 / Jes 27 |
Jesaja 28 / Jes 28 |
Jesaja 29 / Jes 29 |
Jesaja 30 / Jes 30 |
Jesaja 31 / Jes 31 |
Jesaja 32 / Jes 32 |
Jesaja 33 / Jes 33 |
Jesaja 34 / Jes 34 |
Jesaja 35 / Jes 35 |
Jesaja 36 / Jes 36 |
Jesaja 37 / Jes 37 |
Jesaja 38 / Jes 38 |
Jesaja 39 / Jes 39 |
Jesaja 40 / Jes 40 |
Jesaja 41 / Jes 41 |
Jesaja 42 / Jes 42 |
Jesaja 43 / Jes 43 |
Jesaja 44 / Jes 44 |
Jesaja 45 / Jes 45 |
Jesaja 46 / Jes 46 |
Jesaja 47 / Jes 47 |
Jesaja 48 / Jes 48 |
Jesaja 49 / Jes 49 |
Jesaja 50 / Jes 50 |
Jesaja 51 / Jes 51 |
Jesaja 52 / Jes 52 |
Jesaja 53 / Jes 53 |
Jesaja 54 / Jes 54 |
Jesaja 55 / Jes 55 |
Jesaja 56 / Jes 56 |
Jesaja 57 / Jes 57 |
Jesaja 58 / Jes 58 |
Jesaja 59 / Jes 59 |
Jesaja 60 / Jes 60 |
Jesaja 61 / Jes 61 |
Jesaja 62 / Jes 62 |
Jesaja 63 / Jes 63 |
Jesaja 64 / Jes 64 |
Jesaja 65 / Jes 65 |
Jesaja 66 / Jes 66 |
|
|
|
|
|