1 |
En toe koning Hisk¡a dit hoor, het hy sy klere geskeur en hom met 'n roukleed bedek en in die huis van die HERE gegaan. |
2 |
Daarna stuur hy Âljakim, wat oor die paleis was, en Sebna, die skrywer, en die oudstes van die priesters, met rouklere bedek, na die profeet Jesaja, die seun van Amos. |
3 |
En hulle sê vir hom: So sê Hisk¡a: Vandag is 'n dag van benoudheid en straf en lastering; want die kinders het tot by die geboorte gekom, maar daar is geen krag om te baar nie. |
4 |
Miskien sal die HERE u God die woorde hoor van die r bsake wat deur sy heer, die koning van Assirië, gestuur is om die lewende God te smaad, en sal Hy hom straf oor die woorde wat die HERE u God gehoor het; hef dan 'n gebed op vir die oorblyfsel wat nog aanwesig is. |
5 |
En toe die dienaars van koning Hisk¡a by Jesaja kom, |
6 |
sê Jesaja vir hulle: So moet julle jul heer antwoord: So spreek die HERE: Vrees nie vir die woorde wat jy gehoor het, waarmee die dienaars van die koning van Assirië My gelaster het nie. |
7 |
Kyk, Ek sal 'n gees in hom gee, dat hy 'n gerug hoor en na sy land terugtrek; en Ek sal hom in sy land deur die swaard laat val. |
8 |
Daarop het die r bsake teruggegaan en die koning van Assirië aangetref terwyl hy besig was om teen Libna te veg; want hy het gehoor dat hy van Lagis af weggetrek het. |
9 |
En toe hy van T¡rhaka, die koning van Kus, hoor sê: Hy het uitgetrek om teen u te veg -- toe hy dit hoor, stuur hy boodskappers na Hisk¡a met die opdrag: |
10 |
So moet julle aan Hisk¡a, die koning van Juda, sê: Laat u God op wie u vertrou, u nie bedrieg nie deur te sê: Jerusalem sal nie in die hand van die koning van Assirië oorgegee word nie. |
11 |
Kyk, u het self gehoor wat die konings van Assirië aan al die lande gedoen het deur dit met die banvloek te tref, en sou u gered word? |
12 |
Het die gode van die nasies wat my vaders uitgeroei het, hulle gered -- Gosan en Haran en Resef en die kinders van Eden wat in Tel ssar was? |
13 |
Waar is die koning van Hamat en die koning van Arpad en die koning van die stad Sefarv im, van Hena en Iwa? |
14 |
En toe Hisk¡a die brief uit die hand van die boodskappers ontvang en dit gelees het, het hy opgegaan na die huis van die HERE; en Hisk¡a het dit uitgesprei voor die aangesig van die HERE, |
15 |
En Hisk¡a het tot die HERE gebid en gesê: |
16 |
o HERE van die leërskare, God van Israel wat op die g,rubs troon! U alleen is die God van al die koninkryke van die aarde; U het die hemel en die aarde gemaak. |
17 |
o HERE, neig u oor en luister! HERE, open u oë en kyk en hoor al die woorde van S nherib, wat hy gestuur het om die lewende God te smaad! |
18 |
Waarlik, HERE, die konings van Assirië het al die lande en hulle gebied verwoes |
19 |
en hulle gode in die vuur gegooi; want dit was geen gode nie, maar werk van mensehande, hout en klip -- daarom kon hulle die vernietig. |
20 |
HERE onse God, verlos ons dan nou uit sy hand, sodat al die koninkryke van die aarde kan weet dat U, HERE, dit alleen is. |
21 |
Toe laat Jesaja, die seun van Amos, vir Hisk¡a weet: So spreek die HERE, die God van Israel: Wat jy tot My gebid het aangaande S nherib, die koning van Assirië, het Ek gehoor. |
22 |
Dit is die woord wat die HERE oor hom gespreek het: Die jonkvrou, die dogter van Sion, verag jou, bespot jou; agter jou skud die dogter van Jerusalem die hoof. |
23 |
Wie het jy gesmaad en gelaster? En teen wie het jy die stem verhef en jou oë hoogmoedig opgehef? Teen die Heilige van Israel! |
24 |
Deur jou dienaars het jy die HERE gesmaad en gesê: Met die menigte van my strydwaens het ek geklim op die hoogte van die berge, die uithoeke van die L¡banon, en ek wil sy statige seders, die keur van sy sipresse, omkap en deurdring tot sy uiterste hoogte, sy bos wat is soos 'n tuin. |
25 |
Âk het gegrawe en water gedrink en laat met die sool van my voete al die strome van Egipte opdroog. |
26 |
Het jy dit nie gehoor nie? Van lankal het Ek dit berei, van die dae van die voortyd af dit beskik. Nou het Ek dit laat kom, dat jy versterkte stede tot puinhope kom verwoes. |
27 |
En hulle inwoners was magteloos, het verskrik en beskaamd gestaan; hulle was soos plante van die veld en groen grassies, soos gras van die dakke en 'n koringland voordat dit are skiet. |
28 |
Maar Ek ken jou sit en jou uitgang en jou ingang en hoe jy teen My raas. |
29 |
Omdat jy teen My raas en jou trotsheid opgekom het in my ore, daarom sal Ek my haak in jou neus sit en my toom tussen jou lippe en jou terugbring met die pad waarmee jy gekom het. |
30 |
En dit sal vir jou die teken wees: Eet hierdie jaar wat vanself opslaan, en in die tweede jaar wat dan nog opkom; maar in die derde jaar -- saai en oes, en plant wingerde en eet die vrugte daarvan. |
31 |
Dan sal die vrygeraaktes wat oorgebly het van die huis van Juda, weer wortel skiet ondertoe en vrugte dra boontoe. |
32 |
Want uit Jerusalem sal 'n oorblyfsel uitgaan en vrygeraaktes van die berg Sion. Die ywer van die HERE van die leërskare sal dit doen. |
33 |
Daarom, so sê die HERE aangaande die koning van Assirië: Hy sal in hierdie stad nie inkom en daar geen pyl in skiet nie en dit met geen skild aanval en daar geen wal teen opwerp nie. |
34 |
Met die pad wat hy gekom het, sal hy teruggaan; maar in hierdie stad sal hy nie inkom nie, spreek die HERE. |
35 |
En Ek sal hierdie stad beskut om dit te verlos, om My en om my kneg Dawid ontwil. |
36 |
Toe het die engel van die HERE uitgetrek en in die laer van Assirië honderd vyf en tagtig duisend verslaan. En toe hulle die môre vroeg hul klaarmaak -- was dit almal dooie liggame. |
37 |
En S nherib, die koning van Assirië, het opgebreek en weggetrek en teruggegaan en in Ninev, gebly. |
38 |
En toe hy hom neerbuig in die tempel van sy god Nisrog, het sy seuns Adramm,leg en Sar,ser hom met die swaard neergeslaan. Maar hulle het ontvlug na die land Ararat; en sy seun Esar-Haddon het koning geword in sy plek. |
Afrikaans Bible 1933/1953 |
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou |
Jesaja 37:1 |
Jesaja 37:2 |
Jesaja 37:3 |
Jesaja 37:4 |
Jesaja 37:5 |
Jesaja 37:6 |
Jesaja 37:7 |
Jesaja 37:8 |
Jesaja 37:9 |
Jesaja 37:10 |
Jesaja 37:11 |
Jesaja 37:12 |
Jesaja 37:13 |
Jesaja 37:14 |
Jesaja 37:15 |
Jesaja 37:16 |
Jesaja 37:17 |
Jesaja 37:18 |
Jesaja 37:19 |
Jesaja 37:20 |
Jesaja 37:21 |
Jesaja 37:22 |
Jesaja 37:23 |
Jesaja 37:24 |
Jesaja 37:25 |
Jesaja 37:26 |
Jesaja 37:27 |
Jesaja 37:28 |
Jesaja 37:29 |
Jesaja 37:30 |
Jesaja 37:31 |
Jesaja 37:32 |
Jesaja 37:33 |
Jesaja 37:34 |
Jesaja 37:35 |
Jesaja 37:36 |
Jesaja 37:37 |
Jesaja 37:38 |
Jesaja 1 / Jes 1 |
Jesaja 2 / Jes 2 |
Jesaja 3 / Jes 3 |
Jesaja 4 / Jes 4 |
Jesaja 5 / Jes 5 |
Jesaja 6 / Jes 6 |
Jesaja 7 / Jes 7 |
Jesaja 8 / Jes 8 |
Jesaja 9 / Jes 9 |
Jesaja 10 / Jes 10 |
Jesaja 11 / Jes 11 |
Jesaja 12 / Jes 12 |
Jesaja 13 / Jes 13 |
Jesaja 14 / Jes 14 |
Jesaja 15 / Jes 15 |
Jesaja 16 / Jes 16 |
Jesaja 17 / Jes 17 |
Jesaja 18 / Jes 18 |
Jesaja 19 / Jes 19 |
Jesaja 20 / Jes 20 |
Jesaja 21 / Jes 21 |
Jesaja 22 / Jes 22 |
Jesaja 23 / Jes 23 |
Jesaja 24 / Jes 24 |
Jesaja 25 / Jes 25 |
Jesaja 26 / Jes 26 |
Jesaja 27 / Jes 27 |
Jesaja 28 / Jes 28 |
Jesaja 29 / Jes 29 |
Jesaja 30 / Jes 30 |
Jesaja 31 / Jes 31 |
Jesaja 32 / Jes 32 |
Jesaja 33 / Jes 33 |
Jesaja 34 / Jes 34 |
Jesaja 35 / Jes 35 |
Jesaja 36 / Jes 36 |
Jesaja 37 / Jes 37 |
Jesaja 38 / Jes 38 |
Jesaja 39 / Jes 39 |
Jesaja 40 / Jes 40 |
Jesaja 41 / Jes 41 |
Jesaja 42 / Jes 42 |
Jesaja 43 / Jes 43 |
Jesaja 44 / Jes 44 |
Jesaja 45 / Jes 45 |
Jesaja 46 / Jes 46 |
Jesaja 47 / Jes 47 |
Jesaja 48 / Jes 48 |
Jesaja 49 / Jes 49 |
Jesaja 50 / Jes 50 |
Jesaja 51 / Jes 51 |
Jesaja 52 / Jes 52 |
Jesaja 53 / Jes 53 |
Jesaja 54 / Jes 54 |
Jesaja 55 / Jes 55 |
Jesaja 56 / Jes 56 |
Jesaja 57 / Jes 57 |
Jesaja 58 / Jes 58 |
Jesaja 59 / Jes 59 |
Jesaja 60 / Jes 60 |
Jesaja 61 / Jes 61 |
Jesaja 62 / Jes 62 |
Jesaja 63 / Jes 63 |
Jesaja 64 / Jes 64 |
Jesaja 65 / Jes 65 |
Jesaja 66 / Jes 66 |
|
|
|
|
|