1 |
Wee Ariël, Ariël, stad waar Dawid laer opgeslaan het! Voeg jaar by jaar; laat die feeste hulle kringloop volbring -- |
2 |
dan sal Ek Ariël benoud maak, en daar sal geklaag en geklag wees, en dit sal vir My soos Ariël wees. |
3 |
En Ek sal in 'n kring teen jou laer opslaan en jou met wagposte beleër en skanse teen jou oprig. |
4 |
Dan sal jy diep uit die grond spreek, en op dowwe toon sal jou woord uit die stof voortkom; en jou stem sal uit die grond opkom soos die van die gees van 'n afgestorwene, en uit die stof sal jou woord piep. |
5 |
Maar die menigte van jou vyande sal word soos dun stof, en die menigte van die tiranne soos kaf wat wegwaai; en dit sal heeltemal onverwags gebeur. |
6 |
Vanweë die HERE van die leërskare sal jy in genade besoek word, met donder en aardbewing en groot gedruis, wind en storm en die vlam van 'n verterende vuur. |
7 |
En soos 'n droom, 'n naggesig, sal die menigte van al die nasies wees wat oorlog toe trek teen Ariël, ja, almal wat teen hom oorlog toe trek en teen sy bergvesting en hom benoud maak. |
8 |
En soos 'n hongerige droom dat hy eet, maar hy word wakker en -- sy siel is leeg; en soos 'n dorstige droom dat hy drink, maar hy word wakker en -- hy is moeg en sy siel versmag: so sal die menigte van al die nasies wees wat oorlog toe trek teen die berg Sion. |
9 |
Vertoef, en verwonder julle! Wees blind en verblind! Hulle is dronk, maar nie van wyn nie; hulle waggel, maar nie van sterk drank nie. |
10 |
Want die HERE het oor julle uitgegiet 'n gees van diepe slaap, en Hy het julle oë -- die profete -- toegesluit en julle hoofde -- die sieners -- toegebind. |
11 |
So het dan die gesig van al hierdie dinge vir julle geword soos die woorde van 'n verseëlde boek wat hulle gee aan iemand wat kan lees, met die woorde: Lees dit tog! Maar hy sê: Ek kan nie, want dit is verseël. |
12 |
Of hulle gee die boek aan iemand wat nie kan lees nie, met die woorde: Lees dit tog! Maar hy sê: Ek kan nie lees nie. |
13 |
En die Here het gesê: Omdat hierdie volk nader kom met hulle mond en My eer met hulle lippe, terwyl hulle hul hart ver van My hou, sodat hulle vrees vir My 'n aangeleerde mensegebod is, |
14 |
daarom sal Ek voortgaan om wonderlik te handel met hierdie volk, wonderlik en wonderbaar; en die wysheid van hulle wyse manne sal vergaan, en die verstand van hulle verstandige mense sal wegskuil. |
15 |
Wee hulle wat planne diep verberg vir die HERE, wie se werk in duisternis plaasvind; en hulle sê: Wie sien ons en wie ken ons? |
16 |
o Julle verkeerdheid! Of moet die pottebakker beskou word as klei, dat die maaksel van sy maker kan sê: Hy het my nie gemaak nie, en die vormsel van sy vormer kan sê: Hy het geen verstand nie? |
17 |
Sal dit nie nog 'n baie kort rukkie duur dat die L¡banon in 'n vrugteboord verander word, en die vrugteboord vir 'n bos gereken word nie? |
18 |
En in die dag sal die dowes Skrifwoorde hoor, en uit donkerheid en duisternis sal die oë van die blindes sien. |
19 |
En die ootmoediges sal vreugde op vreugde smaak in die HERE, en die behoeftiges onder die mense sal juig in die Heilige van Israel. |
20 |
Want gedaan is dit met die tiran, en klaar is dit met die spotter, en uitgeroei is almal wat op ongeregtigheid bedag is -- |
21 |
hulle wat 'n mens as sondaar brandmerk ter wille van 'n woord, en strikke span vir hom wat vir die reg opkom in die poort, en die regverdige met nietige voorwendsels wegstoot. |
22 |
Daarom, so sê die HERE tot die huis van Jakob, Hy wat Abraham verlos het: Jakob sal nou nie meer beskaamd staan nie, en nou sal sy aangesig nie meer bleek word nie; |
23 |
want as hy, as sy kinders die werk van my hande in sy midde sien, sal hulle my Naam heilig; ja, hulle sal die Heilige van Jakob heilig en vir die God van Israel met ontsag vervul wees; |
24 |
en hulle wat dwalende van gees is, sal insig verkry, en die murmureerders sal lering aanneem. |
Afrikaans Bible 1933/1953 |
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou |
Jesaja 29:1 |
Jesaja 29:2 |
Jesaja 29:3 |
Jesaja 29:4 |
Jesaja 29:5 |
Jesaja 29:6 |
Jesaja 29:7 |
Jesaja 29:8 |
Jesaja 29:9 |
Jesaja 29:10 |
Jesaja 29:11 |
Jesaja 29:12 |
Jesaja 29:13 |
Jesaja 29:14 |
Jesaja 29:15 |
Jesaja 29:16 |
Jesaja 29:17 |
Jesaja 29:18 |
Jesaja 29:19 |
Jesaja 29:20 |
Jesaja 29:21 |
Jesaja 29:22 |
Jesaja 29:23 |
Jesaja 29:24 |
Jesaja 1 / Jes 1 |
Jesaja 2 / Jes 2 |
Jesaja 3 / Jes 3 |
Jesaja 4 / Jes 4 |
Jesaja 5 / Jes 5 |
Jesaja 6 / Jes 6 |
Jesaja 7 / Jes 7 |
Jesaja 8 / Jes 8 |
Jesaja 9 / Jes 9 |
Jesaja 10 / Jes 10 |
Jesaja 11 / Jes 11 |
Jesaja 12 / Jes 12 |
Jesaja 13 / Jes 13 |
Jesaja 14 / Jes 14 |
Jesaja 15 / Jes 15 |
Jesaja 16 / Jes 16 |
Jesaja 17 / Jes 17 |
Jesaja 18 / Jes 18 |
Jesaja 19 / Jes 19 |
Jesaja 20 / Jes 20 |
Jesaja 21 / Jes 21 |
Jesaja 22 / Jes 22 |
Jesaja 23 / Jes 23 |
Jesaja 24 / Jes 24 |
Jesaja 25 / Jes 25 |
Jesaja 26 / Jes 26 |
Jesaja 27 / Jes 27 |
Jesaja 28 / Jes 28 |
Jesaja 29 / Jes 29 |
Jesaja 30 / Jes 30 |
Jesaja 31 / Jes 31 |
Jesaja 32 / Jes 32 |
Jesaja 33 / Jes 33 |
Jesaja 34 / Jes 34 |
Jesaja 35 / Jes 35 |
Jesaja 36 / Jes 36 |
Jesaja 37 / Jes 37 |
Jesaja 38 / Jes 38 |
Jesaja 39 / Jes 39 |
Jesaja 40 / Jes 40 |
Jesaja 41 / Jes 41 |
Jesaja 42 / Jes 42 |
Jesaja 43 / Jes 43 |
Jesaja 44 / Jes 44 |
Jesaja 45 / Jes 45 |
Jesaja 46 / Jes 46 |
Jesaja 47 / Jes 47 |
Jesaja 48 / Jes 48 |
Jesaja 49 / Jes 49 |
Jesaja 50 / Jes 50 |
Jesaja 51 / Jes 51 |
Jesaja 52 / Jes 52 |
Jesaja 53 / Jes 53 |
Jesaja 54 / Jes 54 |
Jesaja 55 / Jes 55 |
Jesaja 56 / Jes 56 |
Jesaja 57 / Jes 57 |
Jesaja 58 / Jes 58 |
Jesaja 59 / Jes 59 |
Jesaja 60 / Jes 60 |
Jesaja 61 / Jes 61 |
Jesaja 62 / Jes 62 |
Jesaja 63 / Jes 63 |
Jesaja 64 / Jes 64 |
Jesaja 65 / Jes 65 |
Jesaja 66 / Jes 66 |
|
|
|
|
|