A A A A A
×

Afrikaanse Bybel 1933/1953

Jesaja 25

1
HERE, U is my God! U sal ek verhoog; u Naam sal ek loof; want U het wonders gedoen, raadsbesluite uit ver tye, waarheid en trou.
2
Want U het van 'n stad 'n hoop klippe gemaak, van 'n versterkte vesting 'n puinhoop; 'n paleis van vreemdes, dat dit geen stad meer is nie; vir ewig sal dit nie herbou word nie.
3
Daarom sal 'n magtige volk U eer, die vesting van tirannieke nasies U vrees.
4
Want U was 'n vesting vir die arme, 'n vesting vir die behoeftige toe hy benoud was; 'n skuilplek teen die stortreën, 'n skaduwee teen die hitte -- want die geblaas van die tiranne is soos 'n stortreën teen 'n muur.
5
Soos hitte in 'n dor land het U die rumoer van vreemdes gedemp, soos hitte deur die skaduwee van 'n wolk; die triomfsang van die tiranne moes verstom.
6
En die HERE van die leërskare sal op hierdie berg vir al die volke berei 'n maaltyd van vetspyse, 'n maaltyd van ou wyn, van vetspyse vol murg, van gesuiwerde ou wyn.
7
En Hy sal op hierdie berg vernietig die uitgespreide sluier wat al die volke omsluier, en die omhulsel waarmee al die nasies bedek is.
8
Hy sal die dood vir ewig vernietig, en die Here HERE sal die trane van alle aangesigte afvee; en Hy sal die smaad van sy volk van die hele aarde af wegneem; want die HERE het dit gespreek.
9
En hulle sal in die dag sê: Kyk, dit is onse God op wie ons gewag het, dat Hy ons kan verlos; dit is die HERE op wie ons gewag het: laat ons juig en bly wees oor sy hulp.
10
Want die hand van die HERE sal rus op hierdie berg; maar Moab sal vertrap word op sy plek soos strooi vertrap word in die water van 'n miskuil.
11
En as hy sy hande daarin uitsprei soos 'n swemmer dit uitsprei om te swem, dan sal Hy sy trotsheid afdruk tegelyk met die kunsgrepe van sy hande.
12
En die steil versterkings van jou mure werp Hy neer, gooi Hy af, laat Hy kom tot op die grond, tot in die stof.
Jesaja 25:1
Jesaja 25:2
Jesaja 25:3
Jesaja 25:4
Jesaja 25:5
Jesaja 25:6
Jesaja 25:7
Jesaja 25:8
Jesaja 25:9
Jesaja 25:10
Jesaja 25:11
Jesaja 25:12
Jesaja 1 / Jes 1
Jesaja 2 / Jes 2
Jesaja 3 / Jes 3
Jesaja 4 / Jes 4
Jesaja 5 / Jes 5
Jesaja 6 / Jes 6
Jesaja 7 / Jes 7
Jesaja 8 / Jes 8
Jesaja 9 / Jes 9
Jesaja 10 / Jes 10
Jesaja 11 / Jes 11
Jesaja 12 / Jes 12
Jesaja 13 / Jes 13
Jesaja 14 / Jes 14
Jesaja 15 / Jes 15
Jesaja 16 / Jes 16
Jesaja 17 / Jes 17
Jesaja 18 / Jes 18
Jesaja 19 / Jes 19
Jesaja 20 / Jes 20
Jesaja 21 / Jes 21
Jesaja 22 / Jes 22
Jesaja 23 / Jes 23
Jesaja 24 / Jes 24
Jesaja 25 / Jes 25
Jesaja 26 / Jes 26
Jesaja 27 / Jes 27
Jesaja 28 / Jes 28
Jesaja 29 / Jes 29
Jesaja 30 / Jes 30
Jesaja 31 / Jes 31
Jesaja 32 / Jes 32
Jesaja 33 / Jes 33
Jesaja 34 / Jes 34
Jesaja 35 / Jes 35
Jesaja 36 / Jes 36
Jesaja 37 / Jes 37
Jesaja 38 / Jes 38
Jesaja 39 / Jes 39
Jesaja 40 / Jes 40
Jesaja 41 / Jes 41
Jesaja 42 / Jes 42
Jesaja 43 / Jes 43
Jesaja 44 / Jes 44
Jesaja 45 / Jes 45
Jesaja 46 / Jes 46
Jesaja 47 / Jes 47
Jesaja 48 / Jes 48
Jesaja 49 / Jes 49
Jesaja 50 / Jes 50
Jesaja 51 / Jes 51
Jesaja 52 / Jes 52
Jesaja 53 / Jes 53
Jesaja 54 / Jes 54
Jesaja 55 / Jes 55
Jesaja 56 / Jes 56
Jesaja 57 / Jes 57
Jesaja 58 / Jes 58
Jesaja 59 / Jes 59
Jesaja 60 / Jes 60
Jesaja 61 / Jes 61
Jesaja 62 / Jes 62
Jesaja 63 / Jes 63
Jesaja 64 / Jes 64
Jesaja 65 / Jes 65
Jesaja 66 / Jes 66