A A A A A
×

Afrikaanse Bybel 1933/1953

Jesaja 18

1
Wee die land van vlerkgegons wat anderkant die riviere van Kus lê;
2
wat boodskappers stuur oor die groot water en in skuite van biesies oor die waters! Gaan weg, vinnige boodskappers, na die hoog uitgegroeide nasie met die blink vel, na die wyd en syd gevreesde volk, die nasie gewoond om te gebied en te vertrap, wie se land deur riviere deursny word.
3
Al julle bewoners van die wêreld en bewoners van die aarde, as 'n banier opgehef word op die berge, kyk! En as die basuin geblaas word, luister!
4
Want so het die HERE vir my gesê: Ek wag rustig en aanskou uit my woonplek, soos glinsterende hitte bo die sonlig, soos 'n douwolk in die hitte van die oestyd.
5
Want voor die oes, as die bloeisel volgroeid is en die blom 'n ryp druiwekorrel word, sal Hy die ranke afsny met snoeimesse en die lote wegkap;
6
hulle word almal saam oorgegee aan die roofvoëls van die berge en aan die wilde diere van die aarde; en die roofvoëls sal daarop die somer deurbring, en al die wilde diere van die aarde sal daarop oorwinter.
7
In die tyd sal aan die HERE van die leërskare geskenke gebring word van die hoog uitgegroeide volk met die blink vel en van die wyd en syd gevreesde volk, die nasie gewoond om te gebied en te vertrap, wie se land deur riviere deursny word, na die plek van die Naam van die HERE van die leërskare, na die berg Sion.
Jesaja 18:1
Jesaja 18:2
Jesaja 18:3
Jesaja 18:4
Jesaja 18:5
Jesaja 18:6
Jesaja 18:7
Jesaja 1 / Jes 1
Jesaja 2 / Jes 2
Jesaja 3 / Jes 3
Jesaja 4 / Jes 4
Jesaja 5 / Jes 5
Jesaja 6 / Jes 6
Jesaja 7 / Jes 7
Jesaja 8 / Jes 8
Jesaja 9 / Jes 9
Jesaja 10 / Jes 10
Jesaja 11 / Jes 11
Jesaja 12 / Jes 12
Jesaja 13 / Jes 13
Jesaja 14 / Jes 14
Jesaja 15 / Jes 15
Jesaja 16 / Jes 16
Jesaja 17 / Jes 17
Jesaja 18 / Jes 18
Jesaja 19 / Jes 19
Jesaja 20 / Jes 20
Jesaja 21 / Jes 21
Jesaja 22 / Jes 22
Jesaja 23 / Jes 23
Jesaja 24 / Jes 24
Jesaja 25 / Jes 25
Jesaja 26 / Jes 26
Jesaja 27 / Jes 27
Jesaja 28 / Jes 28
Jesaja 29 / Jes 29
Jesaja 30 / Jes 30
Jesaja 31 / Jes 31
Jesaja 32 / Jes 32
Jesaja 33 / Jes 33
Jesaja 34 / Jes 34
Jesaja 35 / Jes 35
Jesaja 36 / Jes 36
Jesaja 37 / Jes 37
Jesaja 38 / Jes 38
Jesaja 39 / Jes 39
Jesaja 40 / Jes 40
Jesaja 41 / Jes 41
Jesaja 42 / Jes 42
Jesaja 43 / Jes 43
Jesaja 44 / Jes 44
Jesaja 45 / Jes 45
Jesaja 46 / Jes 46
Jesaja 47 / Jes 47
Jesaja 48 / Jes 48
Jesaja 49 / Jes 49
Jesaja 50 / Jes 50
Jesaja 51 / Jes 51
Jesaja 52 / Jes 52
Jesaja 53 / Jes 53
Jesaja 54 / Jes 54
Jesaja 55 / Jes 55
Jesaja 56 / Jes 56
Jesaja 57 / Jes 57
Jesaja 58 / Jes 58
Jesaja 59 / Jes 59
Jesaja 60 / Jes 60
Jesaja 61 / Jes 61
Jesaja 62 / Jes 62
Jesaja 63 / Jes 63
Jesaja 64 / Jes 64
Jesaja 65 / Jes 65
Jesaja 66 / Jes 66