|
|
|
|
|
|
|
|
|
Afrikaanse Bybel 1933/1953
|
Jesaja 11
|
1 |
Maar daar sal 'n takkie uitspruit uit die stomp van Isai, en 'n loot uit sy wortels sal vrugte dra; |
2 |
en op Hom sal die Gees van die HERE rus, die Gees van wysheid en verstand, die Gees van raad en sterkte, die Gees van kennis en van die vrees van die HERE. |
3 |
En Hy het 'n welgevalle aan die vrees van die HERE; en Hy sal nie regspreek na wat sy oë sien nie, en nie oordeel na wat sy ore hoor nie; |
4 |
maar aan die armes sal Hy in geregtigheid reg doen en die sagmoediges van die land met billikheid oordeel; maar Hy sal die aarde slaan met die roede van sy mond en met die asem van sy lippe die goddelose doodmaak. |
5 |
En geregtigheid sal die gordel van sy lendene en trou die gordel van sy heupe wees. |
6 |
Dan wei die wolf by die lam, en die luiperd gaan lê by die bokkie, en die kalf en die jong leeu en die vetgemaakte vee bymekaar, en 'n klein seuntjie sal hulle aanja. |
7 |
Die koei en die berin wei, en hulle kleintjies lê bymekaar; en die leeu eet strooi soos die os; |
8 |
en die suigling speel by die gat van 'n adder, en die gespeende kind steek sy hand uit na die kuil van 'n basilisk. |
9 |
Hulle sal geen kwaad doen of verderf aanrig op my hele heilige berg nie; want die aarde sal vol wees van die kennis van die HERE soos die waters die seebodem oordek. |
10 |
En in die dag sal die nasies vra na die wortel van Isai, wat daar staan as 'n banier van die volke, en sy rusplek sal heerlik wees. |
11 |
En in die dag sal die Here weer vir die tweede keer sy hand uitstrek, om die oorblyfsel van sy volk los te koop wat sal oorbly uit Assirië en Egipte en Patros en Kus en Elam en S¡near en Hamat en uit die kuslande van die see; |
12 |
en Hy sal 'n banier ophef vir die nasies en bymekaar laat kom die seuns van Israel wat verdryf is, en versamel die dogters van Juda wat verstrooi is, uit die vier hoeke van die aarde. |
13 |
Dan sal die naywer van Efraim verdwyn, en die teëstanders van Juda sal uitgeroei word; Efraim sal Juda nie beny nie, en Juda sal Efraim nie benoud maak nie. |
14 |
Maar hulle sal die Filistyne op die skouer vlieg teen die weste en saam die kinders van die Ooste plunder; Edom en Moab is die buit van hulle hand, en die kinders van Ammon is hulle onderdanig. |
15 |
En die HERE sal die seetong van Egipte met die banvloek tref en deur sy gloeiende wind sy hand oor die Eufraat swaai en dit uitmekaar slaan in sewe strome, sodat 'n mens met skoene daardeur kan loop. |
16 |
En daar sal 'n grootpad wees vir die oorblyfsel van sy volk wat oorbly uit Assur, soos daar een gewees het vir Israel op die dag toe hulle uit Egipteland opgetrek het. |
Afrikaans Bible 1933/1953 |
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou |
Jesaja 11:1 |
Jesaja 11:2 |
Jesaja 11:3 |
Jesaja 11:4 |
Jesaja 11:5 |
Jesaja 11:6 |
Jesaja 11:7 |
Jesaja 11:8 |
Jesaja 11:9 |
Jesaja 11:10 |
Jesaja 11:11 |
Jesaja 11:12 |
Jesaja 11:13 |
Jesaja 11:14 |
Jesaja 11:15 |
Jesaja 11:16 |
Jesaja 1 / Jes 1 |
Jesaja 2 / Jes 2 |
Jesaja 3 / Jes 3 |
Jesaja 4 / Jes 4 |
Jesaja 5 / Jes 5 |
Jesaja 6 / Jes 6 |
Jesaja 7 / Jes 7 |
Jesaja 8 / Jes 8 |
Jesaja 9 / Jes 9 |
Jesaja 10 / Jes 10 |
Jesaja 11 / Jes 11 |
Jesaja 12 / Jes 12 |
Jesaja 13 / Jes 13 |
Jesaja 14 / Jes 14 |
Jesaja 15 / Jes 15 |
Jesaja 16 / Jes 16 |
Jesaja 17 / Jes 17 |
Jesaja 18 / Jes 18 |
Jesaja 19 / Jes 19 |
Jesaja 20 / Jes 20 |
Jesaja 21 / Jes 21 |
Jesaja 22 / Jes 22 |
Jesaja 23 / Jes 23 |
Jesaja 24 / Jes 24 |
Jesaja 25 / Jes 25 |
Jesaja 26 / Jes 26 |
Jesaja 27 / Jes 27 |
Jesaja 28 / Jes 28 |
Jesaja 29 / Jes 29 |
Jesaja 30 / Jes 30 |
Jesaja 31 / Jes 31 |
Jesaja 32 / Jes 32 |
Jesaja 33 / Jes 33 |
Jesaja 34 / Jes 34 |
Jesaja 35 / Jes 35 |
Jesaja 36 / Jes 36 |
Jesaja 37 / Jes 37 |
Jesaja 38 / Jes 38 |
Jesaja 39 / Jes 39 |
Jesaja 40 / Jes 40 |
Jesaja 41 / Jes 41 |
Jesaja 42 / Jes 42 |
Jesaja 43 / Jes 43 |
Jesaja 44 / Jes 44 |
Jesaja 45 / Jes 45 |
Jesaja 46 / Jes 46 |
Jesaja 47 / Jes 47 |
Jesaja 48 / Jes 48 |
Jesaja 49 / Jes 49 |
Jesaja 50 / Jes 50 |
Jesaja 51 / Jes 51 |
Jesaja 52 / Jes 52 |
Jesaja 53 / Jes 53 |
Jesaja 54 / Jes 54 |
Jesaja 55 / Jes 55 |
Jesaja 56 / Jes 56 |
Jesaja 57 / Jes 57 |
Jesaja 58 / Jes 58 |
Jesaja 59 / Jes 59 |
Jesaja 60 / Jes 60 |
Jesaja 61 / Jes 61 |
Jesaja 62 / Jes 62 |
Jesaja 63 / Jes 63 |
Jesaja 64 / Jes 64 |
Jesaja 65 / Jes 65 |
Jesaja 66 / Jes 66 |
|
|
|
|
|