1 |
Hoe mooi is u skrede in die skoene, o edele dogter! Die golwende lyne van u heupe is soos halssierade, 'n werk van kunstenaarshande. |
2 |
U nawel is 'n ronde kom -- laat die gemengde wyn nie ontbreek nie. U liggaam is 'n hoop koring, omring deur lelies. |
3 |
U twee borste is soos twee lammers, tweelinge van 'n gemsbok. |
4 |
U hals is soos 'n ivoortoring, u oë vywers in Hesbon by die poort Bat-Rabbim; u neus soos die toring van die L¡banon wat na Damaskus toe uitkyk. |
5 |
U hoof op u is soos die Karmel, en die golwende hare van u hoof soos purper -- 'n koning gevang in haarlokke! |
6 |
Hoe mooi en hoe lieflik is u, o liefde, onder al die genietinge! |
7 |
U hoë gestalte daar lyk soos 'n dadelpalm, en u borste soos vrugtetrosse. |
8 |
Ek het gedink: Laat ek op die dadelpalm klim, laat ek sy trosse gryp; en laat u borste tog wees soos trosse van die wingerdstok, en die geur van u asem soos die van appels, |
9 |
en u verhemelte soos die beste wyn wat vir my beminde saggies na binne gly, en oor die lippe vloei van die wat inslaap. |
10 |
Ek is my beminde s'n, en sy begeerte is na my. |
11 |
Kom, my beminde, laat ons uitgaan in die veld, laat ons in die dorpe vernag. |
12 |
Laat ons vroeg na die wingerde gaan, laat ons sien of die wingerdstok uitloop, die druiwebloeisel oopgaan, die granate blom. Daar sal ek u my liefde gee. |
13 |
Die liefdesappels gee geur, en by ons deure is allerhande kostelike vrugte, vars en oud; o my beminde, dit het ek vir u weggebêre. |
Afrikaans Bible 1933/1953 |
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou |
Lied van Salomo 7:1 |
Lied van Salomo 7:2 |
Lied van Salomo 7:3 |
Lied van Salomo 7:4 |
Lied van Salomo 7:5 |
Lied van Salomo 7:6 |
Lied van Salomo 7:7 |
Lied van Salomo 7:8 |
Lied van Salomo 7:9 |
Lied van Salomo 7:10 |
Lied van Salomo 7:11 |
Lied van Salomo 7:12 |
Lied van Salomo 7:13 |
Lied van Salomo 1 / LiSa 1 |
Lied van Salomo 2 / LiSa 2 |
Lied van Salomo 3 / LiSa 3 |
Lied van Salomo 4 / LiSa 4 |
Lied van Salomo 5 / LiSa 5 |
Lied van Salomo 6 / LiSa 6 |
Lied van Salomo 7 / LiSa 7 |
Lied van Salomo 8 / LiSa 8 |
|
|
|
|
|