1 |
Waar het u beminde heengegaan, o skoonste onder die vroue? Waarheen het u beminde hom gewend, dat ons hom saam met u kan soek? |
2 |
My beminde het afgeloop na sy tuin, na die balsembeddings om hom te vermaak in die tuine en om lelies te versamel. |
3 |
Ek is my beminde s'n, en my beminde is myne -- hy wat herder is onder die lelies. |
4 |
Mooi is u, my vriendin, soos Tirsa, lieflik soos Jerusalem, verskriklik soos slagordes met vaandels. |
5 |
Draai u oë van my af weg, want hulle verskrik my; u hare is soos 'n kudde bokke wat van G¡lead afgolf. |
6 |
U tande is soos 'n kudde skaapooie wat van die drinkplek af opkom, wat almal tweelinge het, en geeneen onder hulle is sonder lam nie. |
7 |
U slape is soos 'n granaatskyf deur u sluier heen. |
8 |
Daar is sestig koninginne en tagtig byvroue en jonkvroue sonder getal. |
9 |
Een, die is my duif, my volmaakte, die enigste vir haar moeder; sy is die uitverkorene vir die een wat haar gebaar het. Die dogters het haar gesien en haar gelukkig geprys, die koninginne en die byvroue, en haar geroem: |
10 |
Wie is dit wat daar opkom soos die dageraad, mooi soos die maan, rein soos die son, verskriklik soos slagordes met vaandels? |
11 |
Ek het afgeloop na die neutetuin om te kyk na die uitspruitsels in die dal, om te kyk of die wingerdstok uitloop, die granate blom. |
12 |
Voordat ek dit geweet het, het my verlange my verplaas op die waens van my edele volk. |
13 |
Kom terug, kom terug, Sulammitiese, kom terug, kom terug, dat ons u kan aansien. Wat sien julle aan die Sulammitiese? Iets soos die koordans van Mahan im. |
Afrikaans Bible 1933/1953 |
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou |
Lied van Salomo 6:1 |
Lied van Salomo 6:2 |
Lied van Salomo 6:3 |
Lied van Salomo 6:4 |
Lied van Salomo 6:5 |
Lied van Salomo 6:6 |
Lied van Salomo 6:7 |
Lied van Salomo 6:8 |
Lied van Salomo 6:9 |
Lied van Salomo 6:10 |
Lied van Salomo 6:11 |
Lied van Salomo 6:12 |
Lied van Salomo 6:13 |
Lied van Salomo 1 / LiSa 1 |
Lied van Salomo 2 / LiSa 2 |
Lied van Salomo 3 / LiSa 3 |
Lied van Salomo 4 / LiSa 4 |
Lied van Salomo 5 / LiSa 5 |
Lied van Salomo 6 / LiSa 6 |
Lied van Salomo 7 / LiSa 7 |
Lied van Salomo 8 / LiSa 8 |
|
|
|
|
|