1 |
Hoe mooi is u tog, my vriendin, hoe mooi is u tog, u oë is soos duiwe deur u sluier heen; u hare is soos 'n kudde bokke wat van die gebergte van G¡lead afgolf. |
2 |
U tande is soos 'n kudde pas geskeerde skape wat van die drinkplek opkom, wat almal tweelinge het, en geeneen onder hulle is sonder lam nie. |
3 |
U lippe is soos 'n skarlaken band, en u mond is lieflik. U slape is soos 'n granaatskyf deur u sluier heen. |
4 |
U hals is soos die Dawidstoring, gebou met muurkranse waar die duisend skilde in hang, almal skilde van helde. |
5 |
U twee borste is soos twee lammers, tweelinge van 'n gemsbok, wat onder die lelies wei. |
6 |
Totdat die aandwind waai en die skaduwees vlug, sal ek gaan na die mirreberg en na die wierookheuwel. |
7 |
Alles is mooi aan u, my vriendin, en daar is geen gebrek aan u nie. |
8 |
Saam met my van die L¡banon af, bruid, saam met my van die L¡banon af, o kom! Trek af van die top van Am na, van die top van Senir en van Hermon, van die lêplekke van die leeus, van die berge van die luiperds. |
9 |
U het my hart gesteel, my susterbruid, u het my hart gesteel met een straal van u oë, met een kettinkie van u halssieraad. |
10 |
Hoe skoon is u liefde, my susterbruid, hoeveel beter is u liefde as wyn en die geur van u salf as al die speserye! |
11 |
Heuningstroop drup van u lippe af, bruid, heuning en melk is onder u tong, en die geur van u klere is soos die geur van die L¡banon. |
12 |
My susterbruid is 'n geslote tuin, 'n geslote bron, 'n verseëlde fontein. |
13 |
U spruite is 'n park van granate met kostelike vrugte, henna-blomme met nardus, |
14 |
nardus en saffraan, kalmoes en kaneel, met allerhande wierookstruike, mirre en alewee, met allerhande kostelike speserye. |
15 |
U is 'n fontein van die tuine, 'n put met lewende water wat van die L¡banon afvloei. |
16 |
Word wakker, noordewind, en kom, suidewind, deurwaai my tuin, laat sy balsemgeure uitvloei! Laat my beminde in sy tuin kom en van sy kostelike vrugte eet. |
Afrikaans Bible 1933/1953 |
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou |
Lied van Salomo 4:1 |
Lied van Salomo 4:2 |
Lied van Salomo 4:3 |
Lied van Salomo 4:4 |
Lied van Salomo 4:5 |
Lied van Salomo 4:6 |
Lied van Salomo 4:7 |
Lied van Salomo 4:8 |
Lied van Salomo 4:9 |
Lied van Salomo 4:10 |
Lied van Salomo 4:11 |
Lied van Salomo 4:12 |
Lied van Salomo 4:13 |
Lied van Salomo 4:14 |
Lied van Salomo 4:15 |
Lied van Salomo 4:16 |
Lied van Salomo 1 / LiSa 1 |
Lied van Salomo 2 / LiSa 2 |
Lied van Salomo 3 / LiSa 3 |
Lied van Salomo 4 / LiSa 4 |
Lied van Salomo 5 / LiSa 5 |
Lied van Salomo 6 / LiSa 6 |
Lied van Salomo 7 / LiSa 7 |
Lied van Salomo 8 / LiSa 8 |
|
|
|
|
|