1 |
Die hooglied van Salomo. |
2 |
Laat hy my kus met kusse van sy mond; want u liefde is kosteliker as wyn. |
3 |
U salf is aangenaam van geur, u naam is soos salf wat uitgegiet is; daarom het die jonkvroue u lief. |
4 |
Trek my agter u aan, laat ons gou maak! Die koning het my in sy binnekamers gebring. Ons wil juig en ons in u verheug, ons wil u liefde prys meer as wyn. Met reg het hulle u lief. |
5 |
Ek is bruin gebrand maar lieflik, o dogters van Jerusalem, soos die tente van Kedar, soos die gordyne van Salomo. |
6 |
Moenie na my kyk omdat ek so bruinerig is, omdat die son my verbrand het nie: die seuns van my moeder was toornig op my; hulle het my aangestel as oppasser van die wingerde; my eie wingerd het ek nie opgepas nie. |
7 |
Vertel my tog, my sielsbeminde, waar laat u wei, waar laat u smiddags die vee lê en rus? Want waarom sou ek wees soos een wat haar met 'n sluier toedraai by die kuddes van u metgeselle? |
8 |
As u dit self nie weet nie, mooiste onder die vroue, gaan dan uit op die spore van die skape en laat u bokkies wei by die hutte van die herders. |
9 |
Met die perde voor 'n wa van Farao vergelyk ek u, my vriendin! |
10 |
Lieflik is u wange tussen die kettinkies, u hals in die snoere. |
11 |
Ons sal vir u goue kettinkies maak met silwerknoppe. |
12 |
So lank as die koning aan sy tafel was, het my nardus sy geur gegee. |
13 |
My beminde is vir my 'n bossie mirre wat tussen my borste rus. |
14 |
My beminde is vir my 'n tros henna-blomme in die wingerde van Ângedi. |
15 |
Hoe mooi is u tog, my vriendin! Hoe mooi is u tog, u oë is soos duiwe! |
16 |
Hoe mooi is u tog, my beminde, ja lieflik; ook is ons bed in die groenigheid. |
17 |
Die balke van ons huise is seders, ons paneelwerk sipresse. |
Afrikaans Bible 1933/1953 |
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou |
Lied van Salomo 1:1 |
Lied van Salomo 1:2 |
Lied van Salomo 1:3 |
Lied van Salomo 1:4 |
Lied van Salomo 1:5 |
Lied van Salomo 1:6 |
Lied van Salomo 1:7 |
Lied van Salomo 1:8 |
Lied van Salomo 1:9 |
Lied van Salomo 1:10 |
Lied van Salomo 1:11 |
Lied van Salomo 1:12 |
Lied van Salomo 1:13 |
Lied van Salomo 1:14 |
Lied van Salomo 1:15 |
Lied van Salomo 1:16 |
Lied van Salomo 1:17 |
Lied van Salomo 1 / LiSa 1 |
Lied van Salomo 2 / LiSa 2 |
Lied van Salomo 3 / LiSa 3 |
Lied van Salomo 4 / LiSa 4 |
Lied van Salomo 5 / LiSa 5 |
Lied van Salomo 6 / LiSa 6 |
Lied van Salomo 7 / LiSa 7 |
Lied van Salomo 8 / LiSa 8 |
|
|
|
|
|