1 |
Roep die Wysheid nie, en verhef die Verstandigheid nie haar stem nie? |
2 |
Op die top van die hoogtes langs die weg, op die kruispunt van die paaie staan sy, |
3 |
aan die kant van die poorte by die uitgang van die stad, by die ingang van die deure roep sy hardop: |
4 |
Ek roep na julle, manne, en my stem is tot die mensekinders. |
5 |
Leer tog skranderheid verstaan, eenvoudiges, en dwase, leer verstandigheid verstaan. |
6 |
Hoor, want ek sal voortreflike dinge spreek, en my lippe gaan oop vir wat reg is. |
7 |
Want my verhemelte spreek waarheid, en goddeloosheid is vir my lippe 'n gruwel. |
8 |
Al die woorde van my mond is reg, daarin is niks wat slinks of vals is nie, |
9 |
hulle is almal duidelik vir die verstandige en reg vir die wat kennis gevind het. |
10 |
Neem my tug aan, en nie silwer nie, en kennis liewer as uitgesoekte goud. |
11 |
Want wysheid is beter as korale, en al die kleinode kan daar nie mee vergelyk word nie. |
12 |
Ek, Wysheid, is vertroud met die skranderheid, en ek vind kennis van regte oorleg. |
13 |
Die vrees van die HERE is om te haat wat sleg is; hoogmoed en trotsheid en 'n slegte wandel en 'n huigelagtige mond haat ek. |
14 |
Raad en beleid is myne, ek is die insig, sterkte is myne. |
15 |
Deur my regeer die konings en stel die maghebbers vas wat reg is; |
16 |
deur my heers die vorste en die edeles, al die regters van die aarde. |
17 |
Âk het lief die wat my liefhet, en die wat my soek, sal my vind. |
18 |
Rykdom en eer is by my, duursame goed en geregtigheid. |
19 |
My vrug is beter as goud en as fyn goud, en my opbrings as uitgesoekte silwer. |
20 |
Ek wandel op die weg van geregtigheid, in die middel van die paaie van reg, |
21 |
om die wat my liefhet, 'n besitting te laat erwe, en hulle skatkamers maak ek vol. |
22 |
Die HERE het my berei as eersteling van sy weg, voor sy werke, van ouds af. |
23 |
Van ewigheid af is ek geformeer, van die begin af, van die voortyd van die aarde af. |
24 |
Toe daar nog geen wêreldvloede was nie, is ek gebore; toe fonteine, swaar van water, nog nie daar was nie; |
25 |
voordat die berge ingesink het, voor die heuwels is ek gebore; |
26 |
toe Hy die aarde en die velde en al die stoffies van die wêreld nog nie gemaak het nie. |
27 |
Toe Hy die hemele berei het, was ek daar; toe Hy 'n kring afgetrek het op die oppervlakte van die wêreldvloed; |
28 |
toe Hy die wolke daarbo bevestig het, toe die bronne van die wêreldvloed sterk geword het; |
29 |
toe Hy vir die see sy grens gestel het, dat die waters sy bevel nie sou oortree nie; toe Hy die fondamente van die aarde vasgelê het -- |
30 |
toe was ek 'n kunstenaar naas Hom, en ek was dag vir dag vol verlustiging en het gespeel voor sy aangesig altyd, |
31 |
en het gespeel op sy wêreldrond, en my verlustiginge was met die mensekinders. |
32 |
Luister dan nou na my, seuns; want gelukkig is hulle wat my weë bewaar. |
33 |
Luister na tug en word wys, en verwerp dit nie. |
34 |
Gelukkig is die mens wat na my luister, om dag vir dag te waak aan my deure, by die syposte van my poorte die wag te hou. |
35 |
Want hy wat my vind, het die lewe gevind en verkry 'n welbehae van die HERE. |
36 |
Maar hy wat my mis, benadeel sy eie lewe; almal wat my haat, het die dood lief. |
Afrikaans Bible 1933/1953 |
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou |
Spreuke 8:1 |
Spreuke 8:2 |
Spreuke 8:3 |
Spreuke 8:4 |
Spreuke 8:5 |
Spreuke 8:6 |
Spreuke 8:7 |
Spreuke 8:8 |
Spreuke 8:9 |
Spreuke 8:10 |
Spreuke 8:11 |
Spreuke 8:12 |
Spreuke 8:13 |
Spreuke 8:14 |
Spreuke 8:15 |
Spreuke 8:16 |
Spreuke 8:17 |
Spreuke 8:18 |
Spreuke 8:19 |
Spreuke 8:20 |
Spreuke 8:21 |
Spreuke 8:22 |
Spreuke 8:23 |
Spreuke 8:24 |
Spreuke 8:25 |
Spreuke 8:26 |
Spreuke 8:27 |
Spreuke 8:28 |
Spreuke 8:29 |
Spreuke 8:30 |
Spreuke 8:31 |
Spreuke 8:32 |
Spreuke 8:33 |
Spreuke 8:34 |
Spreuke 8:35 |
Spreuke 8:36 |
Spreuke 1 / Spr 1 |
Spreuke 2 / Spr 2 |
Spreuke 3 / Spr 3 |
Spreuke 4 / Spr 4 |
Spreuke 5 / Spr 5 |
Spreuke 6 / Spr 6 |
Spreuke 7 / Spr 7 |
Spreuke 8 / Spr 8 |
Spreuke 9 / Spr 9 |
Spreuke 10 / Spr 10 |
Spreuke 11 / Spr 11 |
Spreuke 12 / Spr 12 |
Spreuke 13 / Spr 13 |
Spreuke 14 / Spr 14 |
Spreuke 15 / Spr 15 |
Spreuke 16 / Spr 16 |
Spreuke 17 / Spr 17 |
Spreuke 18 / Spr 18 |
Spreuke 19 / Spr 19 |
Spreuke 20 / Spr 20 |
Spreuke 21 / Spr 21 |
Spreuke 22 / Spr 22 |
Spreuke 23 / Spr 23 |
Spreuke 24 / Spr 24 |
Spreuke 25 / Spr 25 |
Spreuke 26 / Spr 26 |
Spreuke 27 / Spr 27 |
Spreuke 28 / Spr 28 |
Spreuke 29 / Spr 29 |
Spreuke 30 / Spr 30 |
Spreuke 31 / Spr 31 |
|
|
|
|
|