1 |
Hoor, julle seuns, na die tug van die vader, en luister om insig te leer ken; |
2 |
want ek gee aan julle goeie lering, verlaat my onderwysing nie. |
3 |
Want toe ek 'n seun was by my vader, teer en 'n enigste voor my moeder, |
4 |
het hy my geleer en vir my gesê: Laat jou hart my woorde vashou; onderhou my gebooie, dan sal jy lewe. |
5 |
Verkry wysheid, verkry insig; vergeet nie en wyk nie af van die woorde van my mond nie: |
6 |
verlaat dit nie, dan sal dit jou bewaar; kry dit lief, dan sal dit jou bewaak. |
7 |
Die beginsel van die wysheid is: Verwerf wysheid en verwerf insig deur al wat jy besit. |
8 |
Hou dit hoog, dan sal dit jou verhoog; dit sal jou eer as jy dit omhels. |
9 |
Dit sal 'n lieflike krans gee vir jou hoof, dit sal jou 'n sierlike kroon verskaf. |
10 |
Hoor, my seun, en neem my woorde aan; dan sal die lewensjare vir jou vermeerder word. |
11 |
In die weg van die wysheid onderrig ek jou, ek laat jou die spore van opregtheid betree; |
12 |
as jy loop, sal jou treë nie belemmer word nie, en as jy hardloop, sal jy nie struikel nie. |
13 |
Hou vas aan die tug, laat dit nie los nie; bewaar dit, want dit is jou lewe. |
14 |
Kom nie op die pad van die goddelose en betree die weg van die slegtes nie. |
15 |
Vermy dit, gaan nie daarop nie, wyk daarvan af en gaan verby; |
16 |
want hulle kan nie slaap as hulle geen kwaad doen nie; en hulle slaap is weg as hulle nie tot 'n val bring nie. |
17 |
Want hulle eet brood van goddeloosheid en drink wyn van gewelddadigheid. |
18 |
Terwyl die pad van die regverdiges is soos die lig van die môre glans, wat al helderder word tot die volle dag toe, |
19 |
is die weg van die goddelose soos duisternis: hulle weet nie waaroor hulle sal struikel nie. |
20 |
My seun, luister na wat ek sê, neig jou oor tot my woorde, |
21 |
laat hulle nie wyk uit jou oë nie, bewaar hulle binne-in jou hart. |
22 |
Want hulle is die lewe vir die wat hulle vind, en 'n genesing vir hulle hele liggaam. |
23 |
Bewaak jou hart meer as alles wat bewaar moet word, want daaruit is die oorspronge van die lewe. |
24 |
Verwyder van jou die valsheid van mond, en hou ver van jou af die verkeerdheid van lippe. |
25 |
Laat jou oë reguit kyk en jou ooglede hulle reg voor jou uit hou. |
26 |
Maak die pad van jou voet gelyk, en laat al jou weë vas wees, |
27 |
wyk nie regs of links af nie, hou jou voet ver van boosheid. |
Afrikaans Bible 1933/1953 |
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou |
Spreuke 4:1 |
Spreuke 4:2 |
Spreuke 4:3 |
Spreuke 4:4 |
Spreuke 4:5 |
Spreuke 4:6 |
Spreuke 4:7 |
Spreuke 4:8 |
Spreuke 4:9 |
Spreuke 4:10 |
Spreuke 4:11 |
Spreuke 4:12 |
Spreuke 4:13 |
Spreuke 4:14 |
Spreuke 4:15 |
Spreuke 4:16 |
Spreuke 4:17 |
Spreuke 4:18 |
Spreuke 4:19 |
Spreuke 4:20 |
Spreuke 4:21 |
Spreuke 4:22 |
Spreuke 4:23 |
Spreuke 4:24 |
Spreuke 4:25 |
Spreuke 4:26 |
Spreuke 4:27 |
Spreuke 1 / Spr 1 |
Spreuke 2 / Spr 2 |
Spreuke 3 / Spr 3 |
Spreuke 4 / Spr 4 |
Spreuke 5 / Spr 5 |
Spreuke 6 / Spr 6 |
Spreuke 7 / Spr 7 |
Spreuke 8 / Spr 8 |
Spreuke 9 / Spr 9 |
Spreuke 10 / Spr 10 |
Spreuke 11 / Spr 11 |
Spreuke 12 / Spr 12 |
Spreuke 13 / Spr 13 |
Spreuke 14 / Spr 14 |
Spreuke 15 / Spr 15 |
Spreuke 16 / Spr 16 |
Spreuke 17 / Spr 17 |
Spreuke 18 / Spr 18 |
Spreuke 19 / Spr 19 |
Spreuke 20 / Spr 20 |
Spreuke 21 / Spr 21 |
Spreuke 22 / Spr 22 |
Spreuke 23 / Spr 23 |
Spreuke 24 / Spr 24 |
Spreuke 25 / Spr 25 |
Spreuke 26 / Spr 26 |
Spreuke 27 / Spr 27 |
Spreuke 28 / Spr 28 |
Spreuke 29 / Spr 29 |
Spreuke 30 / Spr 30 |
Spreuke 31 / Spr 31 |
|
|
|
|
|