1 |
My seun, vergeet my onderwysing nie, en laat jou hart my gebooie bewaar; |
2 |
want dit sal lengte van dae en jare van lewe en vrede vir jou vermeerder. |
3 |
Laat liefde en trou jou nie verlaat nie; bind dit om jou hals, skryf dit op die tafel van jou hart, |
4 |
dan sal jy genade vind en 'n goeie insig in die oë van God en die mense. |
5 |
Vertrou op die HERE met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie. |
6 |
Ken Hom in al jou weë, dan sal Hy jou paaie gelykmaak. |
7 |
Wees nie wys in jou eie oë nie; vrees die HERE, en wyk af van die kwaad; |
8 |
dit sal genesing wees vir jou liggaam en verkwikking vir jou gebeente. |
9 |
Vereer die HERE uit jou goed en uit die eerstelinge van al jou inkomste; |
10 |
dan sal jou skure vol word van oorvloed en jou parskuipe oorloop van mos. |
11 |
My seun, verag die tug van die HERE nie, en laat sy kastyding nie jou weersin wek nie, |
12 |
want die HERE tugtig hom wat Hy liefhet, ja, soos 'n vader die seun in wie hy behae het. |
13 |
Gelukkig die mens wat wysheid gevind het, en die mens wat verstand verkry; |
14 |
want die verkryging daarvan is beter as die van silwer, en die verwerwing daarvan beter as van goud; |
15 |
dit is kosteliker as korale, en al jou kleinode kan daar nie mee vergelyk word nie. |
16 |
In sy regterhand is lengte van dae, in sy linkerhand rykdom en eer; |
17 |
sy weë is lieflike weë, en al sy paaie is vrede. |
18 |
Dit is 'n lewensboom vir die wat dit aangryp, en elkeen wat dit vashou, is gelukkig. |
19 |
Die HERE het deur wysheid die aarde gegrond, deur verstand die hemele vasgestel; |
20 |
deur sy kennis het die watervloede oopgebreek en het die wolke dou gedrup. |
21 |
My seun, laat dit nie uit jou oë wyk nie, bewaar beleid en oorleg, |
22 |
dan sal dit die lewe wees vir jou siel en 'n versiersel vir jou hals; |
23 |
dan sal jy veilig jou weg bewandel en jou voet nie stamp nie; |
24 |
as jy gaan lê, sal jy nie skrik nie, en lê jy, dan sal jou slaap soet wees. |
25 |
Jy hoef nie bang te wees vir 'n skielike skrik of vir die ondergang van die goddelose as dit kom nie; |
26 |
want die HERE sal jou vertroue wees, en Hy sal jou voet bewaar vir die strik. |
27 |
Hou 'n weldaad nie terug van hom aan wie dit toekom as dit in jou mag is om dit te doen nie. |
28 |
Sê nie vir jou naaste nie: Gaan en kom terug, dan sal ek môre gee -- terwyl jy dit het. |
29 |
Bewerk geen onheil teen jou naaste terwyl hy vol vertroue by jou woon nie. |
30 |
Twis nie sonder oorsaak met 'n mens as hy jou geen kwaad gedoen het nie. |
31 |
Wees nie afgunstig op 'n man van geweld en verkies geeneen van sy weë nie. |
32 |
Want die verkeerde is vir die HERE 'n gruwel, maar sy verborgenheid is met die opregtes. |
33 |
Die vloek van die HERE is in die huis van die goddelose, maar Hy seën die woning van die regverdiges. |
34 |
As dit spotters betref, spot Hy, maar aan die ootmoediges gee Hy genade. |
35 |
Die wyse sal eer beërwe, maar die dwase behaal skande. |
Afrikaans Bible 1933/1953 |
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou |
Spreuke 3:1 |
Spreuke 3:2 |
Spreuke 3:3 |
Spreuke 3:4 |
Spreuke 3:5 |
Spreuke 3:6 |
Spreuke 3:7 |
Spreuke 3:8 |
Spreuke 3:9 |
Spreuke 3:10 |
Spreuke 3:11 |
Spreuke 3:12 |
Spreuke 3:13 |
Spreuke 3:14 |
Spreuke 3:15 |
Spreuke 3:16 |
Spreuke 3:17 |
Spreuke 3:18 |
Spreuke 3:19 |
Spreuke 3:20 |
Spreuke 3:21 |
Spreuke 3:22 |
Spreuke 3:23 |
Spreuke 3:24 |
Spreuke 3:25 |
Spreuke 3:26 |
Spreuke 3:27 |
Spreuke 3:28 |
Spreuke 3:29 |
Spreuke 3:30 |
Spreuke 3:31 |
Spreuke 3:32 |
Spreuke 3:33 |
Spreuke 3:34 |
Spreuke 3:35 |
Spreuke 1 / Spr 1 |
Spreuke 2 / Spr 2 |
Spreuke 3 / Spr 3 |
Spreuke 4 / Spr 4 |
Spreuke 5 / Spr 5 |
Spreuke 6 / Spr 6 |
Spreuke 7 / Spr 7 |
Spreuke 8 / Spr 8 |
Spreuke 9 / Spr 9 |
Spreuke 10 / Spr 10 |
Spreuke 11 / Spr 11 |
Spreuke 12 / Spr 12 |
Spreuke 13 / Spr 13 |
Spreuke 14 / Spr 14 |
Spreuke 15 / Spr 15 |
Spreuke 16 / Spr 16 |
Spreuke 17 / Spr 17 |
Spreuke 18 / Spr 18 |
Spreuke 19 / Spr 19 |
Spreuke 20 / Spr 20 |
Spreuke 21 / Spr 21 |
Spreuke 22 / Spr 22 |
Spreuke 23 / Spr 23 |
Spreuke 24 / Spr 24 |
Spreuke 25 / Spr 25 |
Spreuke 26 / Spr 26 |
Spreuke 27 / Spr 27 |
Spreuke 28 / Spr 28 |
Spreuke 29 / Spr 29 |
Spreuke 30 / Spr 30 |
Spreuke 31 / Spr 31 |
|
|
|
|
|