1 |
Die goddelose vlug sonder dat daar 'n vervolger is, maar die regverdiges voel hulle veilig soos 'n jong leeu. |
2 |
Deur die oortreding van 'n land word sy vorste baie, maar deur 'n verstandige mens met kennis is die reg duursaam. |
3 |
'n Man wat arm is en die armes verdruk, is soos 'n reën wat wegspoel en geen brood bring nie. |
4 |
Die wat die wet verlaat, hulle prys die goddelose; maar die wat die wet onderhou, word vererg oor hulle. |
5 |
Slegte mense verstaan die reg nie, maar die wat die HERE soek, verstaan alles. |
6 |
Die arme wat in sy regskapenheid wandel, is beter as die verkeerde wat twee paaie wil loop en daarby ryk is. |
7 |
Wie die wet bewaar, is 'n verstandige seun; maar hy wat met deurbringers omgaan, steek sy vader in die skande. |
8 |
Wie sy goed vermeerder deur rente en deur woeker, maak bymekaar vir een wat hom oor die armes sal ontferm. |
9 |
Wie sy oor wegdraai om nie na die wet te luister nie, selfs sy gebed is 'n gruwel. |
10 |
Wie die opregtes laat verdwaal op 'n verkeerde weg, sal self in sy eie kuil val; maar die regskapenes sal die goeie beërwe. |
11 |
'n Ryk man is wys in sy eie oë; maar 'n arme wat verstandig is, ondersoek hom terdeë. |
12 |
As die regverdiges juig, is die heerlikheid groot; maar as die goddelose opkom, moet die mense gesoek word. |
13 |
Hy wat sy oortredinge bedek, sal nie voorspoedig wees nie; maar hy wat dit bely en laat staan, sal barmhartigheid vind. |
14 |
Gelukkig is die mens wat gedurigdeur vrees; maar hy wat sy hart verhard, sal in die onheil val. |
15 |
'n Leeu wat brom, en 'n beer wat hongerig is, so is 'n goddelose wat oor 'n arm volk heers. |
16 |
'n Vors wat gebrek aan verstand het, is wel ryk aan afpersinge, maar die wat onregverdige wins haat, sal die dae verleng. |
17 |
'n Mens wat gedruk word deur die bloed van 'n mens, sal vlug tot by die graf; laat niemand hom vashou nie. |
18 |
Wie opreg wandel, sal gehelp word; maar hy wat verward is, wat die twee paaie betref, sal meteens val. |
19 |
Wie sy land bewerk, het volop brood; maar hy wat nietighede najaag, het armoede volop. |
20 |
'n Betroubare man is ryk aan seëninge; maar hy wat haastig is om ryk te word, sal nie ongestraf bly nie. |
21 |
Om partydig te wees, is nie goed nie, want ook vir 'n stuk brood kan 'n man 'n oortreding begaan. |
22 |
'n Afgunstige man oorhaas hom om ryk te word, en hy weet nie dat gebrek oor hom sal kom nie. |
23 |
Hy wat 'n mens teregwys, sal agterna meer guns vind as hy wat vlei. |
24 |
Wie sy vader of sy moeder berowe, en sê: Dit is geen oortreding nie! -- hy is 'n bondgenoot van 'n man wat verderflik handel. |
25 |
Die hebsugtige verwek twis; maar hy wat op die HERE vertrou, word verkwik. |
26 |
Wie op sy eie hart vertrou, hy is 'n dwaas; maar hy wat in wysheid wandel, word gered. |
27 |
Wie aan die arme gee, sal nie gebrek ly nie; maar hy wat sy oë toemaak, word swaar vervloek. |
28 |
As die goddelose opkom, verberg die mens homself; maar as hulle omkom, word die regverdiges baie. |
Afrikaans Bible 1933/1953 |
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou |
Spreuke 28:1 |
Spreuke 28:2 |
Spreuke 28:3 |
Spreuke 28:4 |
Spreuke 28:5 |
Spreuke 28:6 |
Spreuke 28:7 |
Spreuke 28:8 |
Spreuke 28:9 |
Spreuke 28:10 |
Spreuke 28:11 |
Spreuke 28:12 |
Spreuke 28:13 |
Spreuke 28:14 |
Spreuke 28:15 |
Spreuke 28:16 |
Spreuke 28:17 |
Spreuke 28:18 |
Spreuke 28:19 |
Spreuke 28:20 |
Spreuke 28:21 |
Spreuke 28:22 |
Spreuke 28:23 |
Spreuke 28:24 |
Spreuke 28:25 |
Spreuke 28:26 |
Spreuke 28:27 |
Spreuke 28:28 |
Spreuke 1 / Spr 1 |
Spreuke 2 / Spr 2 |
Spreuke 3 / Spr 3 |
Spreuke 4 / Spr 4 |
Spreuke 5 / Spr 5 |
Spreuke 6 / Spr 6 |
Spreuke 7 / Spr 7 |
Spreuke 8 / Spr 8 |
Spreuke 9 / Spr 9 |
Spreuke 10 / Spr 10 |
Spreuke 11 / Spr 11 |
Spreuke 12 / Spr 12 |
Spreuke 13 / Spr 13 |
Spreuke 14 / Spr 14 |
Spreuke 15 / Spr 15 |
Spreuke 16 / Spr 16 |
Spreuke 17 / Spr 17 |
Spreuke 18 / Spr 18 |
Spreuke 19 / Spr 19 |
Spreuke 20 / Spr 20 |
Spreuke 21 / Spr 21 |
Spreuke 22 / Spr 22 |
Spreuke 23 / Spr 23 |
Spreuke 24 / Spr 24 |
Spreuke 25 / Spr 25 |
Spreuke 26 / Spr 26 |
Spreuke 27 / Spr 27 |
Spreuke 28 / Spr 28 |
Spreuke 29 / Spr 29 |
Spreuke 30 / Spr 30 |
Spreuke 31 / Spr 31 |
|
|
|
|
|