1 |
Dit is ook spreuke van Salomo, wat die manne van Hisk¡a, die koning van Juda, versamel het. |
2 |
Dit is die eer van God om 'n saak te verberg, maar die eer van konings om 'n saak na te speur. |
3 |
Die hoogte van die hemele en die diepte van die aarde en die hart van die konings is ondeurgrondelik. |
4 |
Verwyder jy die skuim uit die silwer, dan sal daar vir die silwersmid 'n voorwerp uitkom; |
5 |
verwyder die goddelose voor die koning weg, dan sal sy troon deur geregtigheid bevestig word. |
6 |
Pronk nie voor die koning nie, en staan nie op die plek van die grotes nie. |
7 |
Want dit is beter dat vir jou gesê word: Kom op hierheen! -- as dat jy verneder word voor 'n edele wat jou oë gesien het. |
8 |
Gaan nie haastig uit om te twis nie; anders, wat sal jy ten slotte doen as jou naaste jou in die skande steek? |
9 |
Verdedig jou saak teen jou naaste, maar openbaar 'n ander se geheim nie, |
10 |
sodat een wat dit hoor, jou nie beskimp en jou slegte gerug nie ophou nie. |
11 |
Goue appels op versierde silwerborde, so is 'n woord op sy tyd gespreek. |
12 |
'n Wyse bestraffer by 'n oor wat luister, is 'n goue ring en 'n goue sieraad. |
13 |
Soos die verkoeling van sneeu op 'n oesdag, is 'n betroubare boodskapper vir sy senders; want hy verkwik die siel van sy heer. |
14 |
'n Man wat hom beroem op 'n geskenk wat hy tog nie gee nie, is soos dampe en wind waar geen reënbui by is nie. |
15 |
Deur lankmoedigheid word 'n vors oorgehaal, en 'n sagte tong verbreek die gebeente. |
16 |
Het jy heuning gevind, eet tot jy genoeg het, sodat jy daar nie sat van word en dit uitspuug nie. |
17 |
Sit jou voet selde in jou naaste se huis, sodat hy nie van jou genoeg kry en jou haat nie. |
18 |
'n Knopkierie en 'n swaard en 'n skerp pyl, so is 'n man wat teen sy naaste as valse getuie optree. |
19 |
'n Slegte tand en 'n voet wat swik, so is die vertroue op 'n ontroue in die dag van benoudheid. |
20 |
Soos een wat 'n kleed uittrek op 'n koue dag, soos asyn op loog, so is een wat 'n bedroefde hart met liedere verwelkom. |
21 |
As jou vyand honger het, gee hom brood om te eet; en as hy dors het, gee hom water om te drink. |
22 |
Want jy hoop gloeiende kole op sy hoof, en die HERE sal jou dit vergelde. |
23 |
Die noordewind bring 'n reënbui voort, en die tong wat agteraf praat -- kwaai gesigte. |
24 |
Om te woon op die hoek van 'n dak, is beter as by 'n twisgierige vrou en 'n gemeenskaplike huis. |
25 |
Koue water op 'n vermoeide siel, so is 'n goeie tyding uit 'n ver land. |
26 |
'n Troebel fontein en 'n vuile bron, so is die regverdige wat wankel voor die goddelose. |
27 |
Om baie heuning te eet, is nie goed nie, maar om swaar sake na te speur, is 'n eer. |
28 |
'n Afgebreekte stad sonder muur, so is 'n man wat sy gees nie kan inhou nie. |
Afrikaans Bible 1933/1953 |
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou |
Spreuke 25:1 |
Spreuke 25:2 |
Spreuke 25:3 |
Spreuke 25:4 |
Spreuke 25:5 |
Spreuke 25:6 |
Spreuke 25:7 |
Spreuke 25:8 |
Spreuke 25:9 |
Spreuke 25:10 |
Spreuke 25:11 |
Spreuke 25:12 |
Spreuke 25:13 |
Spreuke 25:14 |
Spreuke 25:15 |
Spreuke 25:16 |
Spreuke 25:17 |
Spreuke 25:18 |
Spreuke 25:19 |
Spreuke 25:20 |
Spreuke 25:21 |
Spreuke 25:22 |
Spreuke 25:23 |
Spreuke 25:24 |
Spreuke 25:25 |
Spreuke 25:26 |
Spreuke 25:27 |
Spreuke 25:28 |
Spreuke 1 / Spr 1 |
Spreuke 2 / Spr 2 |
Spreuke 3 / Spr 3 |
Spreuke 4 / Spr 4 |
Spreuke 5 / Spr 5 |
Spreuke 6 / Spr 6 |
Spreuke 7 / Spr 7 |
Spreuke 8 / Spr 8 |
Spreuke 9 / Spr 9 |
Spreuke 10 / Spr 10 |
Spreuke 11 / Spr 11 |
Spreuke 12 / Spr 12 |
Spreuke 13 / Spr 13 |
Spreuke 14 / Spr 14 |
Spreuke 15 / Spr 15 |
Spreuke 16 / Spr 16 |
Spreuke 17 / Spr 17 |
Spreuke 18 / Spr 18 |
Spreuke 19 / Spr 19 |
Spreuke 20 / Spr 20 |
Spreuke 21 / Spr 21 |
Spreuke 22 / Spr 22 |
Spreuke 23 / Spr 23 |
Spreuke 24 / Spr 24 |
Spreuke 25 / Spr 25 |
Spreuke 26 / Spr 26 |
Spreuke 27 / Spr 27 |
Spreuke 28 / Spr 28 |
Spreuke 29 / Spr 29 |
Spreuke 30 / Spr 30 |
Spreuke 31 / Spr 31 |
|
|
|
|
|