1 |
'n Naam is verkiesliker as groot rykdom, guns beter as silwer en as goud. |
2 |
Rykes en armes ontmoet mekaar, die HERE het hulle almal gemaak. |
3 |
'n Skrander mens sien die onheil en verberg hom, maar die eenvoudiges gaan verder en word gestraf. |
4 |
Die loon van nederigheid is die vrees van die HERE, is rykdom en eer en die lewe. |
5 |
Dorings, vangnette lê op die pad van die verkeerde; hy wat sy siel wil bewaar, bly ver weg daarvandaan. |
6 |
Oefen die seun volgens die eis van sy weg; dan sal hy, ook as hy oud word, daar nie van afwyk nie. |
7 |
Die ryke heers oor die armes, en hy wat leen, is 'n slaaf van die man wat uitleen. |
8 |
Wie onreg saai, sal onheil maai; en die stok van sy grimmigheid sal verdwyn. |
9 |
Wie vriendelik is, hy word geseën, omdat hy van sy brood aan die arme gee. |
10 |
Dryf die spotter weg, dan gaan die twis weg; en die stryery en die geskimp hou op. |
11 |
Hy wat reinheid van hart liefhet, wie se lippe aangenaam is -- die koning is sy vriend. |
12 |
Die oë van die HERE bewaar kennis; daarom verydel Hy die woorde van die ontroue. |
13 |
Die luiaard sê: Daar is 'n leeu buitekant; ek kan in die middel van die strate gedood word! |
14 |
Die mond van die vreemde vroue is 'n diep kuil; hy op wie die HERE vertoornd is, sal daarin val. |
15 |
As die sotheid vassit in die hart van die seun, die tugroede sal dit daaruit verwyder. |
16 |
Wie die arme verdruk, bevoordeel hom; hy wat aan die ryke gee, verarm hom net. |
17 |
Gee gehoor en luister na die woorde van die wyse manne, en let op my kennis. |
18 |
Want dit is lieflik as jy dit in jou binneste bewaar; mag hulle tesame gereed lê op jou lippe. |
19 |
Dat jou vertroue op die HERE mag wees, daarom onderwys ek jou vandag, ja, vir jou. |
20 |
Het ek jou nie kernagtige spreuke voorgeskrywe met raadgewinge en kennis, |
21 |
om jou bekend te maak waarheid, betroubare woorde, sodat jy woorde van waarheid kan antwoord aan die wat jou stuur nie? |
22 |
Beroof die arme nie, omdat hy arm is, en verbrysel die ellendige nie in die poort nie. |
23 |
Want die HERE sal hulle saak verdedig en hulle berowers van die lewe berowe. |
24 |
Verkeer nie met 'n driftige man nie, en met 'n opvlieënde man moet jy nie omgaan nie, |
25 |
sodat jy nie gewend raak aan sy paaie en 'n strik vir jouself span nie. |
26 |
Wees nie onder die wat 'n handslag gee, onder die wat vir skulde borg staan nie. |
27 |
As jy nie het om te betaal nie, waarom sal hulle jou bed onder jou uit neem? |
28 |
Die ou grenslyne wat jou vaders gemaak het, moet jy nie verlê nie. |
29 |
Sien jy 'n man wat vaardig is in sy werk -- hy kan voor konings staan, hy hoef nie voor geringes te staan nie. |
Afrikaans Bible 1933/1953 |
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou |
Spreuke 22:1 |
Spreuke 22:2 |
Spreuke 22:3 |
Spreuke 22:4 |
Spreuke 22:5 |
Spreuke 22:6 |
Spreuke 22:7 |
Spreuke 22:8 |
Spreuke 22:9 |
Spreuke 22:10 |
Spreuke 22:11 |
Spreuke 22:12 |
Spreuke 22:13 |
Spreuke 22:14 |
Spreuke 22:15 |
Spreuke 22:16 |
Spreuke 22:17 |
Spreuke 22:18 |
Spreuke 22:19 |
Spreuke 22:20 |
Spreuke 22:21 |
Spreuke 22:22 |
Spreuke 22:23 |
Spreuke 22:24 |
Spreuke 22:25 |
Spreuke 22:26 |
Spreuke 22:27 |
Spreuke 22:28 |
Spreuke 22:29 |
Spreuke 1 / Spr 1 |
Spreuke 2 / Spr 2 |
Spreuke 3 / Spr 3 |
Spreuke 4 / Spr 4 |
Spreuke 5 / Spr 5 |
Spreuke 6 / Spr 6 |
Spreuke 7 / Spr 7 |
Spreuke 8 / Spr 8 |
Spreuke 9 / Spr 9 |
Spreuke 10 / Spr 10 |
Spreuke 11 / Spr 11 |
Spreuke 12 / Spr 12 |
Spreuke 13 / Spr 13 |
Spreuke 14 / Spr 14 |
Spreuke 15 / Spr 15 |
Spreuke 16 / Spr 16 |
Spreuke 17 / Spr 17 |
Spreuke 18 / Spr 18 |
Spreuke 19 / Spr 19 |
Spreuke 20 / Spr 20 |
Spreuke 21 / Spr 21 |
Spreuke 22 / Spr 22 |
Spreuke 23 / Spr 23 |
Spreuke 24 / Spr 24 |
Spreuke 25 / Spr 25 |
Spreuke 26 / Spr 26 |
Spreuke 27 / Spr 27 |
Spreuke 28 / Spr 28 |
Spreuke 29 / Spr 29 |
Spreuke 30 / Spr 30 |
Spreuke 31 / Spr 31 |
|
|
|
|
|