1 |
Die wyn is 'n spotter, en sterk drank 'n lawaaimaker; en elkeen wat daardeur bedwelmd raak, is nie wys nie. |
2 |
Die dreiging van die koning is soos die gebrom van 'n jong leeu; wie hom vertoorn, verbeur sy lewe. |
3 |
Dit is 'n eer vir 'n man om van twis weg te bly, maar elke sot breek los. |
4 |
In die herfs ploeg die luiaard nie; en verlang hy iets in die oestyd, dan is daar niks nie. |
5 |
Die raad in die hart van 'n man mag diep waters wees, 'n man van verstand sal dit tog uitskep. |
6 |
Baie mense roem hulle eie welwillendheid, maar wie vind 'n betroubare man? |
7 |
Wie in sy regskapenheid wandel as 'n regverdige -- gelukkig is sy kinders nhom. |
8 |
'n Koning wat op die regterstoel sit, wan met sy oë alles uit wat sleg is. |
9 |
Wie kan sê: Ek het my hart suiwer gehou, ek is rein van my sonde? |
10 |
Twee soorte gewig, twee soorte maat -- hulle altwee is vir die HERE 'n gruwel. |
11 |
Die seun laat hom alreeds aan sy handelinge ken, of sy handelwyse suiwer en of dit reg is. |
12 |
'n Oor wat hoor, en 'n oog wat sien -- die HERE het hulle altwee gemaak. |
13 |
Moenie die slaap liefhê, sodat jy arm word nie; maak jou oë oop, dat jy jou met brood kan versadig. |
14 |
Sleg, sleg! sê die koper; maar as hy wegloop, beroem hy hom. |
15 |
Daar is goud en 'n menigte korale, maar 'n kosbare sieraad is die lippe van kennis. |
16 |
Neem sy kleed weg, want hy het vir 'n ander borg gestaan, en neem hom as pand vir die vreemdes. |
17 |
Soet is vir 'n mens die brood van bedrog, maar daarna word sy mond vol gruisklippertjies. |
18 |
Planne kom deur beraadslaging tot stand; voer dan oorlog met goeie oorleg. |
19 |
Wie met kwaadsprekery omgaan, maak 'n geheim openbaar; laat jou dus nie in met een wat sy lippe laat oopstaan nie. |
20 |
Wie sy vader of sy moeder vloek, sy lamp gaan in pikdonker dood. |
21 |
'n Besit wat by die begin haastig bymekaargeskraap is -- die einde daarvan sal tog nie geseënd wees nie. |
22 |
Moenie sê: Ek wil die kwaad vergelde nie! Wag op die HERE, dat Hy jou help. |
23 |
Twee soorte gewig is vir die HERE 'n gruwel, en 'n valse weegskaal is nie goed nie. |
24 |
Die voetstappe van 'n man hang van die HERE af: hoe sou 'n mens dan sy weg verstaan? |
25 |
Dit is vir die mens 'n strik dat hy onbedagsaam sê: Heilig! om dan eers ndie geloftes te oorweeg. |
26 |
'n Wyse koning wan die goddelose uit en laat die dorswiel oor hulle draai. |
27 |
Die gees van die mens is 'n lamp van die HERE, dit deursoek al die kamers van die binneste. |
28 |
Liefde en trou behoed die koning, en deur liefde stut hy sy troon. |
29 |
Die sieraad van die jongmanne is hulle krag, en die versiersel van grysaards is grys hare. |
30 |
Bloedige wonde suiwer die kwaad uit en slae die kamers van die binneste. |
Afrikaans Bible 1933/1953 |
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou |
Spreuke 20:1 |
Spreuke 20:2 |
Spreuke 20:3 |
Spreuke 20:4 |
Spreuke 20:5 |
Spreuke 20:6 |
Spreuke 20:7 |
Spreuke 20:8 |
Spreuke 20:9 |
Spreuke 20:10 |
Spreuke 20:11 |
Spreuke 20:12 |
Spreuke 20:13 |
Spreuke 20:14 |
Spreuke 20:15 |
Spreuke 20:16 |
Spreuke 20:17 |
Spreuke 20:18 |
Spreuke 20:19 |
Spreuke 20:20 |
Spreuke 20:21 |
Spreuke 20:22 |
Spreuke 20:23 |
Spreuke 20:24 |
Spreuke 20:25 |
Spreuke 20:26 |
Spreuke 20:27 |
Spreuke 20:28 |
Spreuke 20:29 |
Spreuke 20:30 |
Spreuke 1 / Spr 1 |
Spreuke 2 / Spr 2 |
Spreuke 3 / Spr 3 |
Spreuke 4 / Spr 4 |
Spreuke 5 / Spr 5 |
Spreuke 6 / Spr 6 |
Spreuke 7 / Spr 7 |
Spreuke 8 / Spr 8 |
Spreuke 9 / Spr 9 |
Spreuke 10 / Spr 10 |
Spreuke 11 / Spr 11 |
Spreuke 12 / Spr 12 |
Spreuke 13 / Spr 13 |
Spreuke 14 / Spr 14 |
Spreuke 15 / Spr 15 |
Spreuke 16 / Spr 16 |
Spreuke 17 / Spr 17 |
Spreuke 18 / Spr 18 |
Spreuke 19 / Spr 19 |
Spreuke 20 / Spr 20 |
Spreuke 21 / Spr 21 |
Spreuke 22 / Spr 22 |
Spreuke 23 / Spr 23 |
Spreuke 24 / Spr 24 |
Spreuke 25 / Spr 25 |
Spreuke 26 / Spr 26 |
Spreuke 27 / Spr 27 |
Spreuke 28 / Spr 28 |
Spreuke 29 / Spr 29 |
Spreuke 30 / Spr 30 |
Spreuke 31 / Spr 31 |
|
|
|
|
|