|
|
|
|
|
|
|
|
|
Afrikaanse Bybel 1933/1953
|
Spreuke 2
|
1 |
My seun, as jy my woorde aanneem en my gebooie by jou bewaar, |
2 |
sodat jy jou oor laat luister na wysheid, jou hart neig tot verstand; |
3 |
ja, as jy na die insig roep, na die verstand jou stem verhef, |
4 |
as jy daarna soek soos na silwer en dit naspeur soos verborge skatte, |
5 |
dan sal jy die vrees van die HERE verstaan en die kennis van God vind |
6 |
*** |
7 |
en Hy bewaar hulp vir die opregtes, Hy is 'n skild vir die wat regskape wandel |
8 |
deurdat Hy die paaie van die reg bewaak en die weg van sy gunsgenote bewaar; |
9 |
dan sal jy geregtigheid en reg verstaan en regverdigheid -- elke goeie pad. |
10 |
Want wysheid sal in jou hart kom, en kennis vir jou siel lieflik wees; |
11 |
oorleg sal oor jou wag hou, verstand sal jou bewaak, |
12 |
om jou te red van die weg van die slegte, van die mens wat valse dinge spreek; |
13 |
van die wat die paaie van opregtheid verlaat om op weë van duisternis te wandel; |
14 |
die wat hulle verheug in kwaaddoen, wat juig oor die valse streke van die slegte, |
15 |
van wie die paaie verkeerd is, en wat afwyk in hulle spore; |
16 |
om jou te red van die vreemde vrou, van die ontugtige wat met haar woorde vlei |
17 |
*** |
18 |
want haar huis sink weg na die dood en haar paaie na die skimme; |
19 |
almal wat by haar ingaan, kom nie terug nie en bereik die paaie van die lewe nie |
20 |
sodat jy kan wandel op die weg van die goeies en die paaie van die regverdiges kan hou; |
21 |
want die opregtes sal die land bewoon, en die regskapenes daarin oorbly, |
22 |
maar die goddelose sal uit die land uitgeroei, en die ontroues sal daaruit weggeruk word. |
Afrikaans Bible 1933/1953 |
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou |
Spreuke 2:1 |
Spreuke 2:2 |
Spreuke 2:3 |
Spreuke 2:4 |
Spreuke 2:5 |
Spreuke 2:6 |
Spreuke 2:7 |
Spreuke 2:8 |
Spreuke 2:9 |
Spreuke 2:10 |
Spreuke 2:11 |
Spreuke 2:12 |
Spreuke 2:13 |
Spreuke 2:14 |
Spreuke 2:15 |
Spreuke 2:16 |
Spreuke 2:17 |
Spreuke 2:18 |
Spreuke 2:19 |
Spreuke 2:20 |
Spreuke 2:21 |
Spreuke 2:22 |
Spreuke 1 / Spr 1 |
Spreuke 2 / Spr 2 |
Spreuke 3 / Spr 3 |
Spreuke 4 / Spr 4 |
Spreuke 5 / Spr 5 |
Spreuke 6 / Spr 6 |
Spreuke 7 / Spr 7 |
Spreuke 8 / Spr 8 |
Spreuke 9 / Spr 9 |
Spreuke 10 / Spr 10 |
Spreuke 11 / Spr 11 |
Spreuke 12 / Spr 12 |
Spreuke 13 / Spr 13 |
Spreuke 14 / Spr 14 |
Spreuke 15 / Spr 15 |
Spreuke 16 / Spr 16 |
Spreuke 17 / Spr 17 |
Spreuke 18 / Spr 18 |
Spreuke 19 / Spr 19 |
Spreuke 20 / Spr 20 |
Spreuke 21 / Spr 21 |
Spreuke 22 / Spr 22 |
Spreuke 23 / Spr 23 |
Spreuke 24 / Spr 24 |
Spreuke 25 / Spr 25 |
Spreuke 26 / Spr 26 |
Spreuke 27 / Spr 27 |
Spreuke 28 / Spr 28 |
Spreuke 29 / Spr 29 |
Spreuke 30 / Spr 30 |
Spreuke 31 / Spr 31 |
|
|
|
|
|