1 |
'n Arme wat in sy regskapenheid wandel, is beter as 'n verkeerde van lippe en daarby 'n dwaas. |
2 |
Selfs ywer is sonder kennis nie goed nie; en hy wat haastig is met die voete, trap mis. |
3 |
'n Mens se sotheid bederwe sy weg, maar sy hart is vertoorn op die HERE. |
4 |
Goed bring baie vriende aan, maar die arme word deur sy vriend verlaat. |
5 |
'n Valse getuie bly nie ongestraf nie, en hy wat leuens uitstrooi, sal nie vrykom nie. |
6 |
Baie soek die guns van die edele, en die man van geskenke het 'n hoop vriende. |
7 |
Al die broers van die arme haat hom; hoeveel te meer hou sy vriende hulle ver van hom af! Hy jaag agter hulle aan met woorde -- weg is hulle! |
8 |
Wie verstand verkry, het sy lewe lief; hy wat insig bewaar, sal die goeie vind. |
9 |
'n Valse getuie bly nie ongestraf nie, en hy wat leuens uitstrooi, kom om. |
10 |
Weelde pas nie vir 'n dwaas nie, hoeveel minder vir 'n kneg om oor vorste te heers! |
11 |
Die verstand van 'n mens maak hom lankmoedig, en dit is vir hom 'n eer om die oortreding te vergewe. |
12 |
Die grimmigheid van 'n koning is soos die gebrom van 'n jong leeu, maar sy welgevalle is soos dou op die plante. |
13 |
'n Dwase seun is 'n ramp vir sy vader, en die gekyf van 'n vrou is 'n aanhoudende gedrup. |
14 |
Huis en goed is 'n erfenis van die vaders, maar 'n verstandige vrou is van die HERE. |
15 |
Luiheid laat in 'n diep slaap val, en een wat traag is, moet honger ly. |
16 |
Wie die gebod hou, bewaar sy lewe; hy wat sy weë nie ag nie, sal sterwe. |
17 |
Wie hom ontferm oor die arme, leen aan die HERE; en Hy sal hom sy weldaad vergelde. |
18 |
Tugtig jou seun, want daar is hoop; maar laat dit nie in jou opkom om hom dood te maak nie. |
19 |
Hy wat groot van woede is, sal die straf dra; want as jy wil red, dan maak jy dit nog erger. |
20 |
Luister na raad en neem tug aan, sodat jy in die vervolg wys kan wees. |
21 |
Baie planne is in 'n man se hart, maar die raad van die HERE, die sal bestaan. |
22 |
Die kostelike besit van 'n mens is sy weldadigheid; en liewer 'n arme as 'n leuenagtige man. |
23 |
Die vrees van die HERE is tot die lewe; en versadig bring 'n mens die nag deur, sonder om deur 'n onheil besoek te word. |
24 |
Steek die luiaard sy hand in die skottel, dan bring hy dit nie eens na sy mond terug nie. |
25 |
Slaan jy die spotter, dan word die eenvoudige bedagsaam; maar bestraf jy die verstandige, dan sal hy kennis verkry. |
26 |
Hy wat sy vader geweld aandoen en sy moeder wegjaag, is 'n seun wat skande maak en skandelik handel. |
27 |
Hou op, my seun, om na tug te luister, terwyl jy tog afdwaal van die woorde van kennis. |
28 |
'n Deugniet wat getuienis gee, spot met die reg, en die mond van die goddelose verslind onreg. |
29 |
Vir die spotters staan strafgerigte klaar en slae vir die rug van die dwase. |
Afrikaans Bible 1933/1953 |
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou |
Spreuke 19:1 |
Spreuke 19:2 |
Spreuke 19:3 |
Spreuke 19:4 |
Spreuke 19:5 |
Spreuke 19:6 |
Spreuke 19:7 |
Spreuke 19:8 |
Spreuke 19:9 |
Spreuke 19:10 |
Spreuke 19:11 |
Spreuke 19:12 |
Spreuke 19:13 |
Spreuke 19:14 |
Spreuke 19:15 |
Spreuke 19:16 |
Spreuke 19:17 |
Spreuke 19:18 |
Spreuke 19:19 |
Spreuke 19:20 |
Spreuke 19:21 |
Spreuke 19:22 |
Spreuke 19:23 |
Spreuke 19:24 |
Spreuke 19:25 |
Spreuke 19:26 |
Spreuke 19:27 |
Spreuke 19:28 |
Spreuke 19:29 |
Spreuke 1 / Spr 1 |
Spreuke 2 / Spr 2 |
Spreuke 3 / Spr 3 |
Spreuke 4 / Spr 4 |
Spreuke 5 / Spr 5 |
Spreuke 6 / Spr 6 |
Spreuke 7 / Spr 7 |
Spreuke 8 / Spr 8 |
Spreuke 9 / Spr 9 |
Spreuke 10 / Spr 10 |
Spreuke 11 / Spr 11 |
Spreuke 12 / Spr 12 |
Spreuke 13 / Spr 13 |
Spreuke 14 / Spr 14 |
Spreuke 15 / Spr 15 |
Spreuke 16 / Spr 16 |
Spreuke 17 / Spr 17 |
Spreuke 18 / Spr 18 |
Spreuke 19 / Spr 19 |
Spreuke 20 / Spr 20 |
Spreuke 21 / Spr 21 |
Spreuke 22 / Spr 22 |
Spreuke 23 / Spr 23 |
Spreuke 24 / Spr 24 |
Spreuke 25 / Spr 25 |
Spreuke 26 / Spr 26 |
Spreuke 27 / Spr 27 |
Spreuke 28 / Spr 28 |
Spreuke 29 / Spr 29 |
Spreuke 30 / Spr 30 |
Spreuke 31 / Spr 31 |
|
|
|
|
|