1 |
'n Sagte antwoord keer die grimmigheid af, maar 'n krenkende woord laat die toorn opkom. |
2 |
Die tong van die wyse getuig van grondige kennis, maar die mond van die dwase laat sotheid uitborrel. |
3 |
Op elke plek is die oë van die HERE, en hulle beskou opmerksaam die slegtes en die goeies. |
4 |
Sagtheid van tong is 'n lewensboom, maar valsheid daarin is verbreking in die gees. |
5 |
Die sot verag die tug van sy vader, maar hy wat op die teregwysing ag gee, word wys. |
6 |
In die huis van die regverdige is 'n groot skat, maar in die inkomste van die goddelose is verwarring. |
7 |
Die lippe van die wyse strooi kennis uit, maar die hart van die dwase is nie reg nie. |
8 |
Die offer van die goddelose is vir die HERE 'n gruwel, maar die gebed van die opregtes is Hom welgevallig. |
9 |
Die wandel van die goddelose is vir die HERE 'n gruwel, maar hom wat geregtigheid najaag, het Hy lief. |
10 |
'n Strenge tugtiging is daar vir hom wat die pad verlaat; hy wat die teregwysing haat, sal sterwe. |
11 |
Die doderyk en die plek van vertering lê oop voor die HERE, hoeveel te meer die harte van die mensekinders! |
12 |
Die spotter hou nie daarvan dat 'n mens hom bestraf nie, hy gaan nie na die wyse toe nie. |
13 |
'n Vrolike hart maak die aangesig bly, maar by verdriet van die hart is die gees neerslagtig. |
14 |
Die hart van die verstandige soek na kennis, maar die mond van die dwase gaan met sotheid om. |
15 |
Al die dae van die bedrukte is sleg, maar die vrolike van hart het gedurigdeur fees. |
16 |
Liewer 'n bietjie in die vrees van die HERE, as 'n groot skat en onrus daarby. |
17 |
Liewer 'n porsie groente waar liefde by is, as 'n vetgevoerde bees en haat daarby. |
18 |
'n Driftige man verwek twis, maar die lankmoedige laat die geskil bedaar. |
19 |
Die weg van die luiaard is soos 'n heining van dorings, maar die pad van die opregtes is reggemaak. |
20 |
'n Wyse seun verbly sy vader, maar 'n dwase mens verag sy moeder. |
21 |
Sotheid is 'n vreugde vir die verstandelose, maar 'n man van verstand wandel reguit. |
22 |
Planne misluk sonder beraadslaging, maar deur die veelheid van raadgewers kom dit tot stand. |
23 |
'n Man het blydskap in die regte antwoord van sy mond, en hoe goed is 'n woord op sy tyd! |
24 |
Die pad van die lewe gaan vir die verstandige na bowe, sodat hy die doderyk daaronder ontwyk. |
25 |
Die HERE ruk die huis van die trotsaards om, maar die grenslyn van die weduwee stel Hy vas. |
26 |
Die planne van die slegte is vir die HERE 'n gruwel, maar vriendelike woorde is rein. |
27 |
Wie onregverdige wins maak, bring sy huis in beroering; maar hy wat geskenke haat, sal lewe. |
28 |
Die hart van die regverdige dink nom te antwoord, maar die mond van die goddelose laat slegte dinge uitborrel. |
29 |
Die HERE is ver van die goddelose, maar die gebed van die regverdiges hoor Hy. |
30 |
Stralende oë verbly die hart; 'n goeie tyding maak die gebeente vet. |
31 |
Die oor wat na die teregwysing tot die lewe luister, sal onder die wyse vertoef. |
32 |
Hy wat die tug verwerp, ag sy eie lewe gering; maar hy wat na die teregwysing luister, verkry verstand. |
33 |
Die vrees van die HERE is die tug van die wysheid, en nederigheid gaan aan die eer vooraf. |
Afrikaans Bible 1933/1953 |
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou |
Spreuke 15:1 |
Spreuke 15:2 |
Spreuke 15:3 |
Spreuke 15:4 |
Spreuke 15:5 |
Spreuke 15:6 |
Spreuke 15:7 |
Spreuke 15:8 |
Spreuke 15:9 |
Spreuke 15:10 |
Spreuke 15:11 |
Spreuke 15:12 |
Spreuke 15:13 |
Spreuke 15:14 |
Spreuke 15:15 |
Spreuke 15:16 |
Spreuke 15:17 |
Spreuke 15:18 |
Spreuke 15:19 |
Spreuke 15:20 |
Spreuke 15:21 |
Spreuke 15:22 |
Spreuke 15:23 |
Spreuke 15:24 |
Spreuke 15:25 |
Spreuke 15:26 |
Spreuke 15:27 |
Spreuke 15:28 |
Spreuke 15:29 |
Spreuke 15:30 |
Spreuke 15:31 |
Spreuke 15:32 |
Spreuke 15:33 |
Spreuke 1 / Spr 1 |
Spreuke 2 / Spr 2 |
Spreuke 3 / Spr 3 |
Spreuke 4 / Spr 4 |
Spreuke 5 / Spr 5 |
Spreuke 6 / Spr 6 |
Spreuke 7 / Spr 7 |
Spreuke 8 / Spr 8 |
Spreuke 9 / Spr 9 |
Spreuke 10 / Spr 10 |
Spreuke 11 / Spr 11 |
Spreuke 12 / Spr 12 |
Spreuke 13 / Spr 13 |
Spreuke 14 / Spr 14 |
Spreuke 15 / Spr 15 |
Spreuke 16 / Spr 16 |
Spreuke 17 / Spr 17 |
Spreuke 18 / Spr 18 |
Spreuke 19 / Spr 19 |
Spreuke 20 / Spr 20 |
Spreuke 21 / Spr 21 |
Spreuke 22 / Spr 22 |
Spreuke 23 / Spr 23 |
Spreuke 24 / Spr 24 |
Spreuke 25 / Spr 25 |
Spreuke 26 / Spr 26 |
Spreuke 27 / Spr 27 |
Spreuke 28 / Spr 28 |
Spreuke 29 / Spr 29 |
Spreuke 30 / Spr 30 |
Spreuke 31 / Spr 31 |
|
|
|
|
|