1 |
'n Valse weegskaal is vir die HERE 'n gruwel, maar in 'n volle gewig het Hy behae. |
2 |
Kom die vermetelheid, dan kom die skande, maar by die beskeidenes is wysheid. |
3 |
Die regskapenheid van die opregtes is vir hulle 'n leier, maar die valsheid van die ontroues vernietig hulle. |
4 |
Goed bring geen voordeel op die dag van die grimmigheid nie, maar geregtigheid red van die dood. |
5 |
Die geregtigheid van die regskapene maak sy weg gelyk, maar die goddelose val deur sy goddeloosheid. |
6 |
Die geregtigheid van die opregtes red hulle, maar deur hulle eie begeerlikheid word die ontroues gevang. |
7 |
By die dood van 'n goddelose mens gaan sy hoop tot niet, en die verwagting van die roekelose het vergaan. |
8 |
Word die regverdige uit die benoudheid gered, dan kom die goddelose in sy plek. |
9 |
Deur die mond stort die roekelose sy naaste in die verderf, maar deur kennis word die regverdiges gered. |
10 |
Oor die voorspoed van die regverdiges jubel 'n stad, en as die goddelose omkom, is daar gejubel. |
11 |
Deur die seën van die opregtes kom 'n stad op, maar deur die mond van die goddelose word dit afgebreek. |
12 |
Die verstandelose verag sy naaste, maar 'n verstandige man bly stil. |
13 |
Die wat met kwaadsprekery omgaan, maak 'n geheim openbaar, maar hy wat betroubaar is van gees, bedek 'n saak. |
14 |
As daar nie goeie oorleg is nie, val 'n volk; maar in die veelheid van raadgewers is redding. |
15 |
Baie sleg word iemand behandel as hy vir 'n ander borg gestaan het; maar hy wat haat wie die handslag gee, is veilig. |
16 |
'n Aanvallige vrou verkry eer, en die geweldenaars verkry rykdom. |
17 |
'n Man wat 'n weldaad bewys, doen goed aan sy eie siel, maar 'n wreedaard pynig sy eie vlees. |
18 |
Die goddelose behaal oneerlike wins, maar hy wat geregtigheid saai, 'n betroubare loon. |
19 |
Ware geregtigheid lei tot die lewe, maar hy wat die kwaad najaag, jaag na sy dood. |
20 |
Die wat verkeerd van hart is, is vir die HERE 'n gruwel; maar Hy het behae in die wat regskape van wandel is. |
21 |
Sekerlik, die slegte bly nie ongestraf nie; maar die geslag van regverdiges raak vry. |
22 |
'n Goue ring in 'n vark se snuit, so is 'n vrou wat mooi is maar sonder beleid. |
23 |
Die begeerte van die regverdiges is net ten goede, maar die hoop van die goddelose is 'n strafgerig van toorn. |
24 |
Daar is een wat ruim uitdeel en nog meer kry, en een wat terughou meer as wat reg is, maar tot sy gebrek. |
25 |
Die siel wat seën, word versadig; en hy wat laaf, word self ook gelaaf. |
26 |
Hy wat koring terughou, hom vloek die mense; maar seëning kom op die hoof van hom wat koring verkoop. |
27 |
Wie die goeie nastreef, soek wat welgevallig is; maar hy wat die kwaad soek, oor hom sal dit kom. |
28 |
Wie op sy rykdom vertrou, die sal val; maar die regverdiges sal soos blare uitspruit. |
29 |
Wie sy huis in beroering bring, sal wind erwe, en 'n dwaas word 'n slaaf van hom wat wys van hart is. |
30 |
Die vrug van die regverdige is 'n boom van die lewe, en hy wat siele win, is wys. |
31 |
As die regverdige op aarde vergelding ontvang, hoeveel te meer die goddelose en die sondaar! |
Afrikaans Bible 1933/1953 |
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou |
Spreuke 11:1 |
Spreuke 11:2 |
Spreuke 11:3 |
Spreuke 11:4 |
Spreuke 11:5 |
Spreuke 11:6 |
Spreuke 11:7 |
Spreuke 11:8 |
Spreuke 11:9 |
Spreuke 11:10 |
Spreuke 11:11 |
Spreuke 11:12 |
Spreuke 11:13 |
Spreuke 11:14 |
Spreuke 11:15 |
Spreuke 11:16 |
Spreuke 11:17 |
Spreuke 11:18 |
Spreuke 11:19 |
Spreuke 11:20 |
Spreuke 11:21 |
Spreuke 11:22 |
Spreuke 11:23 |
Spreuke 11:24 |
Spreuke 11:25 |
Spreuke 11:26 |
Spreuke 11:27 |
Spreuke 11:28 |
Spreuke 11:29 |
Spreuke 11:30 |
Spreuke 11:31 |
Spreuke 1 / Spr 1 |
Spreuke 2 / Spr 2 |
Spreuke 3 / Spr 3 |
Spreuke 4 / Spr 4 |
Spreuke 5 / Spr 5 |
Spreuke 6 / Spr 6 |
Spreuke 7 / Spr 7 |
Spreuke 8 / Spr 8 |
Spreuke 9 / Spr 9 |
Spreuke 10 / Spr 10 |
Spreuke 11 / Spr 11 |
Spreuke 12 / Spr 12 |
Spreuke 13 / Spr 13 |
Spreuke 14 / Spr 14 |
Spreuke 15 / Spr 15 |
Spreuke 16 / Spr 16 |
Spreuke 17 / Spr 17 |
Spreuke 18 / Spr 18 |
Spreuke 19 / Spr 19 |
Spreuke 20 / Spr 20 |
Spreuke 21 / Spr 21 |
Spreuke 22 / Spr 22 |
Spreuke 23 / Spr 23 |
Spreuke 24 / Spr 24 |
Spreuke 25 / Spr 25 |
Spreuke 26 / Spr 26 |
Spreuke 27 / Spr 27 |
Spreuke 28 / Spr 28 |
Spreuke 29 / Spr 29 |
Spreuke 30 / Spr 30 |
Spreuke 31 / Spr 31 |
|
|
|
|
|