1 |
Die spreuke van Salomo, die seun van Dawid, die koning van Israel, |
2 |
om wysheid en tug te ken, om woorde van insig te verstaan, |
3 |
om aan te neem tug wat verstandig maak, geregtigheid en reg en regverdigheid; |
4 |
om aan die eenvoudiges skranderheid te gee, aan die jongeling kennis en oorleg; |
5 |
laat die wyse luister, dan sal hy insig vermeerder, en die verstandige sal verstandige gedagtes verkry, |
6 |
om 'n spreuk en beeldspraak te verstaan, die woorde van die wyse manne en hulle raaisels. |
7 |
Die vrees van die HERE is die beginsel van die kennis; sotte verag wysheid en tug. |
8 |
My seun, luister na die tug van jou vader, en verwerp die onderwysing van jou moeder nie; |
9 |
want dit is 'n lieflike krans vir jou hoof en sierlike kettings vir jou hals. |
10 |
My seun, as die sondaars jou wil verlei, moet jy nie inwillig nie; |
11 |
as hulle sê: Gaan saam met ons, laat ons loer op bloed, laat ons die onskuldige voorlê sonder oorsaak, |
12 |
laat ons hulle lewendig verslind soos die doderyk en die gesondes soos die wat in die kuil neerdaal; |
13 |
allerhande kosbare goed sal ons vind, ons huise sal ons vol maak met buit; |
14 |
jy sal jou lot onder ons werp, ons sal almal een beurs hê -- |
15 |
my seun, gaan nie met hulle saam op die weg nie, hou jou voet terug van hulle pad; |
16 |
want hulle voete hardloop na die kwaad en haas hulle om bloed te vergiet; |
17 |
want die net word tevergeefs uitgesprei voor die oë van allerhande voëls: |
18 |
so loer hulle op hul eie bloed, hulle lê hulleself voor. |
19 |
So gaan dit met almal wat onregverdige wins maak: dit ontneem sy besitter die lewe. |
20 |
Die Wysheid roep hardop daarbuite, sy verhef haar stem op die pleine, |
21 |
op die hoek van die rumoerige strate roep sy, by die ingange van die poorte, in die stad, spreek sy haar woorde: |
22 |
Hoe lank sal julle, eenvoudiges, die eenvoudigheid liefhê en die spotters lus hê om te spot en die dwase kennis haat? |
23 |
Wend julle tot my teregwysing, dan laat ek my gees vir julle uitstroom, wil ek my woorde aan julle bekend maak. |
24 |
Omdat ek geroep en julle geweier het, ek my hand uitgestrek en niemand geluister het nie, |
25 |
en julle al my raad nie opgevolg en van my teregwysing nie wou geweet het nie, |
26 |
daarom sal ek ook lag by julle ondergang, ek sal spot as julle verskrikking kom; |
27 |
as julle verskrikking kom soos 'n onweer, en julle ondergang soos 'n stormwind aankom, as benoudheid en angs julle oorval. |
28 |
Dan sal hulle na my roep, maar ek sal nie antwoord nie; hulle sal my soek, maar my nie vind nie. |
29 |
Omdat hulle die kennis gehaat en die vrees van die HERE nie verkies het nie, |
30 |
van my raad nie wou weet nie, al my teregwysinge verag het, |
31 |
daarom sal hulle eet van die vrug van hulle wandel en versadig word van hulle planne. |
32 |
Want hulle eie afkerigheid maak die eenvoudiges dood, en hulle eie sorgeloosheid rig die dwase te gronde; |
33 |
maar die wat na my luister, sal veilig woon en gerus wees teen die skrik vir die onheil. |
Afrikaans Bible 1933/1953 |
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou |
Spreuke 1:1 |
Spreuke 1:2 |
Spreuke 1:3 |
Spreuke 1:4 |
Spreuke 1:5 |
Spreuke 1:6 |
Spreuke 1:7 |
Spreuke 1:8 |
Spreuke 1:9 |
Spreuke 1:10 |
Spreuke 1:11 |
Spreuke 1:12 |
Spreuke 1:13 |
Spreuke 1:14 |
Spreuke 1:15 |
Spreuke 1:16 |
Spreuke 1:17 |
Spreuke 1:18 |
Spreuke 1:19 |
Spreuke 1:20 |
Spreuke 1:21 |
Spreuke 1:22 |
Spreuke 1:23 |
Spreuke 1:24 |
Spreuke 1:25 |
Spreuke 1:26 |
Spreuke 1:27 |
Spreuke 1:28 |
Spreuke 1:29 |
Spreuke 1:30 |
Spreuke 1:31 |
Spreuke 1:32 |
Spreuke 1:33 |
Spreuke 1 / Spr 1 |
Spreuke 2 / Spr 2 |
Spreuke 3 / Spr 3 |
Spreuke 4 / Spr 4 |
Spreuke 5 / Spr 5 |
Spreuke 6 / Spr 6 |
Spreuke 7 / Spr 7 |
Spreuke 8 / Spr 8 |
Spreuke 9 / Spr 9 |
Spreuke 10 / Spr 10 |
Spreuke 11 / Spr 11 |
Spreuke 12 / Spr 12 |
Spreuke 13 / Spr 13 |
Spreuke 14 / Spr 14 |
Spreuke 15 / Spr 15 |
Spreuke 16 / Spr 16 |
Spreuke 17 / Spr 17 |
Spreuke 18 / Spr 18 |
Spreuke 19 / Spr 19 |
Spreuke 20 / Spr 20 |
Spreuke 21 / Spr 21 |
Spreuke 22 / Spr 22 |
Spreuke 23 / Spr 23 |
Spreuke 24 / Spr 24 |
Spreuke 25 / Spr 25 |
Spreuke 26 / Spr 26 |
Spreuke 27 / Spr 27 |
Spreuke 28 / Spr 28 |
Spreuke 29 / Spr 29 |
Spreuke 30 / Spr 30 |
Spreuke 31 / Spr 31 |
|
|
|
|
|