1 |
Daarop het die hele vergadering van die kinders van Israel, volgens die bevel van die HERE, van plek tot plek uit die woestyn Sin getrek en laer opgeslaan in R fidim. En daar was geen water vir die volk om te drink nie. |
2 |
Toe twis die volk met Moses en sê: Gee julle vir ons water om te drink. Maar Moses antwoord hulle: Wat twis julle met my? Waarom versoek julle die HERE? |
3 |
Maar die volk het daar gesmag na water, en die volk het teen Moses gemurmureer en gesê: Waarom het u ons dan uit Egipte laat optrek om my en my kinders en my vee van dors te laat omkom? |
4 |
Toe het Moses die HERE aangeroep en gesê: Wat moet ek met hierdie volk doen? Dit skeel maar min of hulle stenig my. |
5 |
En die HERE het Moses geantwoord: Trek voor die volk uit, en neem van die oudstes van Israel met jou saam; en neem jou staf waarmee jy die Nyl geslaan het, in jou hand en gaan weg. |
6 |
Kyk, Ek sal daar voor jou by die rots op Horeb staan; dan moet jy die rots slaan, en daar sal water uit kom, dat die volk kan drink. En Moses het so gedoen voor die oë van die oudstes van Israel |
7 |
en die plek Massa en M,riba genoem vanweë die twis van die kinders van Israel en omdat hulle die HERE versoek het deur te sê: Is die HERE in ons midde of nie? |
8 |
Daarop het Amalek gekom om teen Israel by R fidim te veg. |
9 |
En Moses het aan Josua gesê: Kies vir ons manne en trek uit, veg teen Amalek. M“re sal ek op die top van die heuwel staan met die staf van God in my hand. |
10 |
En Josua het gedoen soos Moses aan hom gesê het, om te veg teen Amalek. Maar Moses, A„ron en Hur het op die top van die heuwel geklim. |
11 |
En telkens as Moses sy hand ophou, was Israel die sterkste; maar as hy sy hand laat sak, was Amalek die sterkste. |
12 |
Maar die hande van Moses het swaar geword; daarom het hulle 'n klip geneem en dit onder hom neergelê, dat hy daarop kon sit. En A„ron en Hur het sy hande ondersteun, die een duskant en die ander anderkant. So het sy hande dan vas gebly tot sononder. |
13 |
En Josua het Amalek en sy volk met die skerpte van die swaard 'n neerlaag toegebring. |
14 |
Toe sê die HERE vir Moses: Skrywe dit as 'n aandenking in 'n boek en prent dit Josua in, dat Ek die gedagtenis van Amalek onder die hemel heeltemal sal uitdelg. |
15 |
En Moses het 'n altaar gebou en dit genoem: Die HERE is my banier. |
16 |
En hy het gesê: Waarlik, die hand op die troon van die HERE! Oorlog het die HERE teen Amalek van geslag tot geslag.
|
Afrikaans Bible 1933/1953 |
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Eksodus 17:1 |
Eksodus 17:2 |
Eksodus 17:3 |
Eksodus 17:4 |
Eksodus 17:5 |
Eksodus 17:6 |
Eksodus 17:7 |
Eksodus 17:8 |
Eksodus 17:9 |
Eksodus 17:10 |
Eksodus 17:11 |
Eksodus 17:12 |
Eksodus 17:13 |
Eksodus 17:14 |
Eksodus 17:15 |
Eksodus 17:16 |
|
|
|
|
|
|
Eksodus 1 / Eks 1 |
Eksodus 2 / Eks 2 |
Eksodus 3 / Eks 3 |
Eksodus 4 / Eks 4 |
Eksodus 5 / Eks 5 |
Eksodus 6 / Eks 6 |
Eksodus 7 / Eks 7 |
Eksodus 8 / Eks 8 |
Eksodus 9 / Eks 9 |
Eksodus 10 / Eks 10 |
Eksodus 11 / Eks 11 |
Eksodus 12 / Eks 12 |
Eksodus 13 / Eks 13 |
Eksodus 14 / Eks 14 |
Eksodus 15 / Eks 15 |
Eksodus 16 / Eks 16 |
Eksodus 17 / Eks 17 |
Eksodus 18 / Eks 18 |
Eksodus 19 / Eks 19 |
Eksodus 20 / Eks 20 |
Eksodus 21 / Eks 21 |
Eksodus 22 / Eks 22 |
Eksodus 23 / Eks 23 |
Eksodus 24 / Eks 24 |
Eksodus 25 / Eks 25 |
Eksodus 26 / Eks 26 |
Eksodus 27 / Eks 27 |
Eksodus 28 / Eks 28 |
Eksodus 29 / Eks 29 |
Eksodus 30 / Eks 30 |
Eksodus 31 / Eks 31 |
Eksodus 32 / Eks 32 |
Eksodus 33 / Eks 33 |
Eksodus 34 / Eks 34 |
Eksodus 35 / Eks 35 |
Eksodus 36 / Eks 36 |
Eksodus 37 / Eks 37 |
Eksodus 38 / Eks 38 |
Eksodus 39 / Eks 39 |
Eksodus 40 / Eks 40 |