|
|
|
|
Ou Testament
|
|
Nuwe Testament
|
|
|
|
Afrikaanse Bybel 1933/1953
|
|
|
|
1 |
Vir die musiekleier; op die wysie van: "Lelies". 'n Getuienis. Van Asaf. 'n Psalm. |
2 |
o Herder van Israel, hoor tog; U wat Josef soos skape lei, wat bo-oor die g,rubs troon, verskyn in ligglans! |
3 |
Wek u mag op voor Efraim en Benjamin en Manasse, en kom ons te hulp! |
4 |
o God, herstel ons, en laat u aangesig skyn, sodat ons verlos kan word! |
5 |
o HERE, God van die leërskare, hoe lank nog rook u toorn by die gebed van u volk? |
6 |
U het hulle tranebrood laat eet, hulle oorvloedig trane laat drink. |
7 |
U het ons 'n voorwerp van stryd gemaak vir ons bure, en ons vyande drywe die spot. |
8 |
o God van die leërskare, herstel ons, en laat u aangesig skyn, sodat ons verlos kan word! |
9 |
'n Wingerdstok het U uitgetrek uit Egipte; U het die nasies uitgedrywe en hom geplant. |
10 |
U het voor hom plek gemaak, en hy het wortels geskiet en die land vervul. |
11 |
Die berge was oordek met sy skaduwee, en met sy ranke die seders van God. |
12 |
Hy het sy ranke uitgebrei tot by die see en sy lote na die Rivier toe. |
13 |
Waarom het U sy mure stukkend gebreek, sodat almal wat met die pad verbygaan, hom kaalpluk? |
14 |
Die wildevark uit die bos eet hom op, en wat roer op die veld, wei hom af. |
15 |
o God van die leërskare, kom tog terug; aanskou uit die hemel en kyk, en gee ag op hierdie wingerdstok; |
16 |
en wees 'n beskerming vir wat u regterhand geplant het, en oor die seun wat U vir Uself grootgemaak het. |
17 |
Hy is met vuur verbrand, hy is afgekap; vanweë die dreiging van u aangesig kom hulle om. |
18 |
Laat u hand wees oor die man van u regterhand, oor die menseseun wat U vir Uself grootgemaak het. |
19 |
Dan sal ons nie van U afwyk nie; hou ons in die lewe, dan sal ons u Naam aanroep. [ (Psalms 80:20) o HERE, God van die leërskare, herstel ons; laat u aangesig skyn, sodat ons verlos kan word! ] |
Afrikaans Bible 1933/1953 |
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou |