1 |
'n Psalm van Dawid, toe hy hom kranksinnig gehou het voor Abim,leg en die hom weggejaag het, sodat hy heengegaan het. |
2 |
*** |
3 |
Bet. My siel sal hom beroem in die HERE; die ootmoediges sal dit hoor en bly wees. |
4 |
Gimel. Maak die HERE saam met my groot, en laat ons saam sy Naam verhef! |
5 |
Dalet. Ek het die HERE gesoek, en Hy het my geantwoord en my uit al my vrees gered. |
6 |
He. Hulle het Hom aangesien en gestraal van vreugde, en hulle aangesig hoef nie rooi van skaamte te word nie. |
7 |
Sajin. Hierdie ellendige het geroep, en die HERE het gehoor, en Hy het hom uit al sy benoudhede verlos. |
8 |
Get. Die Engel van die HERE trek 'n laer rondom die wat Hom vrees, en red hulle uit. |
9 |
Tet. Smaak en sien dat die HERE goed is; welgeluksalig is die man wat by Hom skuil! |
10 |
Jod. Vrees die HERE, o sy heiliges, want die wat Hom vrees, het geen gebrek nie. |
11 |
Kaf. Die jong leeus ly armoede en het honger; maar die wat die HERE soek, het geen gebrek aan enigiets nie. |
12 |
Lamed. Kom, kinders, luister na my; ek wil julle die vrees van die HERE leer. |
13 |
Mem. Wie is die man wat lus het in die lewe, wat dae liefhet om die goeie te sien? |
14 |
Noen. Bewaar jou tong vir wat verkeerd is, en jou lippe dat hulle nie bedrog spreek nie. |
15 |
Samek. Wyk af van wat verkeerd is, en doen wat goed is; soek die vrede en jaag dit na. |
16 |
Ajin. Die oë van die HERE is op die regverdiges, en sy ore tot hulle hulpgeroep. |
17 |
Pe. Die aangesig van die HERE is teen die kwaaddoeners, om hulle gedagtenis van die aarde af uit te roei. |
18 |
Sade. Hulle roep, en die HERE hoor, en Hy red hulle uit al hul benoudhede. |
19 |
Kof. Die HERE is naby die wat gebroke is van hart, en Hy verlos die wat verslae is van gees. |
20 |
Resj. Menigvuldig is die teëspoede van die regverdige, maar uit die almal red die HERE hom. |
21 |
Sjin. Hy bewaar al sy bene: nie een daarvan word gebreek nie. |
22 |
Tau. Die onheil maak die goddelose dood; en die wat die regverdige haat, moet daarvoor boet. [ (Psalms 34:23) Die HERE verlos die siel van sy knegte; en almal wat by Hom skuil, hoef nie te boet nie. ]
|
Afrikaans Bible 1933/1953 |
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou |