A A A A A
Afrikaanse Bybel 1933/1953

Psalms 133



1
'n Bedevaartslied. Van Dawid. Kyk, hoe goed en hoe lieflik is dit dat broers ook saamwoon!
2
Dit is soos die kosbare olie op die hoof, wat afloop op die baard, die baard van A„ron, wat afloop op die soom van sy klere.
3
Dit is soos die dou van Hermon wat neerdaal op die berge van Sion; want daar gebied die HERE die seën, die lewe tot in ewigheid!