1 |
'n Bedevaartslied. Van Dawid. Ek was bly toe hulle vir my gesê het: Laat ons na die huis van die HERE gaan! |
2 |
Ons voete staan in jou poorte, o Jerusalem! |
3 |
Jerusalem wat gebou is soos 'n stad wat goed saamgevoeg is, |
4 |
waarheen die stamme optrek, die stamme van die HERE -- 'n voorskrif vir Israel! -- om die Naam van die HERE te loof. |
5 |
Want daar staan die stoele vir die gereg, die stoele van die huis van Dawid. |
6 |
Bid om die vrede van Jerusalem; mag hulle wat jou liefhet, rustig lewe! |
7 |
Mag daar vrede wees in jou skanse, rus in jou paleise! |
8 |
Ter wille van my broers en my vriende wil ek spreek: Vrede in jou! |
9 |
Ter wille van die huis van die HERE onse God wil ek die goeie vir jou soek.
|
Afrikaans Bible 1933/1953 |
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou |