|
|
|
|
Ou Testament
|
|
Nuwe Testament
|
|
|
|
Afrikaanse Bybel 1933/1953
|
|
|
|
1 |
Ek het lief, want die HERE hoor my stem, my smekinge, |
2 |
want Hy het sy oor tot my geneig; daarom sal ek Hom in my dae aanroep. |
3 |
Bande van die dood het my omring, en angste van die doderyk het my getref; ek het benoudheid en kommer gevind. |
4 |
Maar ek het die Naam van die HERE aangeroep: Ag, HERE, red my siel. |
5 |
Die HERE is genadig en regverdig, en onse God is 'n ontfermer. |
6 |
Die HERE bewaar die eenvoudiges; ek het swak geword, maar Hy het my gehelp. |
7 |
My siel, keer terug tot jou rus; want die HERE het goed aan jou gedoen. |
8 |
Want U het my siel gered van die dood, my oog van trane, my voet van struikeling. |
9 |
Ek sal wandel voor die aangesig van die HERE in die lande van die lewendes. |
10 |
Ek het geglo toe ek gespreek het: Ek is diep neergebuig. |
11 |
Âk het in my angs gesê: Alle mense is leuenaars. |
12 |
Wat sal ek die HERE vergeld vir al sy weldade aan my? |
13 |
Ek sal die beker van verlossinge opneem en die Naam van die HERE aanroep. |
14 |
My geloftes sal ek aan die HERE betaal in die teenwoordigheid van sy ganse volk. |
15 |
Kosbaar is in die oë van die HERE die dood van sy gunsgenote. |
16 |
Ag, HERE, sekerlik, ek is u kneg, ek is u kneg, die seun van u diensmaagd; U het my bande losgemaak. |
17 |
Ek sal U 'n offer van danksegging bring en die Naam van die HERE aanroep. |
18 |
Ek sal my geloftes aan die HERE betaal in die teenwoordigheid van sy ganse volk, |
19 |
in die voorhowe van die huis van die HERE, binne-in jou, o Jerusalem! Halleluja! |
Afrikaans Bible 1933/1953 |
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou |