1 |
Roep maar -- is daar iemand wat jou antwoord gee? En na wie van die heiliges sal jy gaan? |
2 |
Want verbitterdheid vermoor die dwaas, en naywer maak die domme dood. |
3 |
Ek self het gesien hoe 'n dwaas wortel skiet; maar skielik het ek sy woning vervloek. |
4 |
Ver is sy kinders van geluk; en hulle word verbrysel in die poort sonder dat iemand red. |
5 |
Wat hy geoes het, eet die hongerige op, en die haal dit selfs uit die doringheining uit; en die ondergang hyg na hulle rykdom. |
6 |
Want onheil kom nie voort uit die stof, en moeite spruit nie uit die grond nie. |
7 |
Maar die mens word vir moeite gebore soos die vonke boontoe vlieg. |
8 |
Maar wat my aangaan, ek sou na God vra en my saak aan die Godheid voorlê, |
9 |
aan Hom wat groot dinge doen en ondeurgrondelike, wonders sonder getal; |
10 |
wat reën gee oor die aarde en waters uitstuur oor die velde; |
11 |
om nederiges op 'n hoogte te stel daarbo; en die wat in die rou is, verkry die hoogste geluk. |
12 |
Hy wat die planne van listige mense verydel, sodat hulle hande niks kan uitrig wat standhou nie; |
13 |
wat die wyse manne vang in hulle listigheid, en die raad van die slinkse mense misluk van haastigheid. |
14 |
Oordag stuit hulle op duisternis, en soos in die nag tas hulle rond op die middag. |
15 |
So verlos Hy dan van die swaard wat kom uit hulle mond, en die behoeftige uit die hand van die sterk man. |
16 |
So is daar dan verwagting vir die arme; en ongeregtigheid hou die mond toe. |
17 |
Kyk, gelukkig is die man wat God kasty; verwerp daarom die tugtiging van die Almagtige nie. |
18 |
Want Hy doen smart aan, maar verbind ook; Hy verbrysel, maar sy hande maak gesond. |
19 |
In ses benoudhede sal Hy jou red, ja, in sewe sal geen onheil jou tref nie. |
20 |
In hongersnood verlos Hy jou van die dood en in die oorlog uit die mag van die swaard. |
21 |
As die tong g,sel, word jy weggesteek; en jy hoef nie te vrees vir verwoesting as dit kom nie. |
22 |
Oor verwoesting en broodsgebrek sal jy lag, en vir die wilde diere van die aarde hoef jy nie te vrees nie. |
23 |
Want met die klippe van die veld is jou verbond, en die wilde diere van die veld is met jou bevriend. |
24 |
En jy sal uitvind dat jou tent in vrede is; en as jy op jou woonplek rondkyk, sal jy niks vermis nie. |
25 |
Ook sal jy uitvind dat jou kroos talryk is en jou nakomelinge soos die plante van die aarde. |
26 |
Op rype leeftyd sal jy na die graf gaan, soos 'n koringgerf ingebring word op sy tyd. |
27 |
Kyk, dit het ons nagespeur, so is dit; hoor dit, en neem jy dit ter harte. |
Afrikaans Bible 1933/1953 |
© Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1933, 1953. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou |
Job 5:1 |
Job 5:2 |
Job 5:3 |
Job 5:4 |
Job 5:5 |
Job 5:6 |
Job 5:7 |
Job 5:8 |
Job 5:9 |
Job 5:10 |
Job 5:11 |
Job 5:12 |
Job 5:13 |
Job 5:14 |
Job 5:15 |
Job 5:16 |
Job 5:17 |
Job 5:18 |
Job 5:19 |
Job 5:20 |
Job 5:21 |
Job 5:22 |
Job 5:23 |
Job 5:24 |
Job 5:25 |
Job 5:26 |
Job 5:27 |
Job 1 / Job 1 |
Job 2 / Job 2 |
Job 3 / Job 3 |
Job 4 / Job 4 |
Job 5 / Job 5 |
Job 6 / Job 6 |
Job 7 / Job 7 |
Job 8 / Job 8 |
Job 9 / Job 9 |
Job 10 / Job 10 |
Job 11 / Job 11 |
Job 12 / Job 12 |
Job 13 / Job 13 |
Job 14 / Job 14 |
Job 15 / Job 15 |
Job 16 / Job 16 |
Job 17 / Job 17 |
Job 18 / Job 18 |
Job 19 / Job 19 |
Job 20 / Job 20 |
Job 21 / Job 21 |
Job 22 / Job 22 |
Job 23 / Job 23 |
Job 24 / Job 24 |
Job 25 / Job 25 |
Job 26 / Job 26 |
Job 27 / Job 27 |
Job 28 / Job 28 |
Job 29 / Job 29 |
Job 30 / Job 30 |
Job 31 / Job 31 |
Job 32 / Job 32 |
Job 33 / Job 33 |
Job 34 / Job 34 |
Job 35 / Job 35 |
Job 36 / Job 36 |
Job 37 / Job 37 |
Job 38 / Job 38 |
Job 39 / Job 39 |
Job 40 / Job 40 |
Job 41 / Job 41 |
Job 42 / Job 42 |
|
|
|
|
|